file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #90056 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina, ja dis ook vir 1/2 uur privaat les. 1 maal per week. Ons gaan in die oggend so dan sien ek hy ry so bietjie langer, so dit pas my.
Hy ry nou maar 'n jaar so is nog heel beginner.
Ons leer maar nou eers van alles. Ek het nog net op plase perd gery so weet net van bo bly en klou. LOL.
Hy leer nou maar die regte manier. Hy doen wel dressage en showing ook sammet spring ens. Sal eendag as ons koop oorweeg bietjie vir jou kom kuier dan vertel jy my mooi.
Op die stadium is 'n perd nog 'n perd. Begin darem onderskei tussen goed geteelde perde. Mens kan darem die verskil sien, maar die fynerre puntjies nog nie.
Ek glo hy sal aanhou. Hy is 'n diere kind.

Bly jul op 'n plot of iets, of waar gee jy les?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90045 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek sien ons dokters is nie op die lys nie. Dis jammer. En die jaarlikse hospitaal limiet is eintlik min as mens in 'n ongeluk sou wees.R750000 vir 7 mense gaan nie veel daggies hou nie. Maar ek wil tog die 2 bietjie opweeg en print om mooi te kan vergelyk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90043 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, dis maar normale pryse. Ek vra R135 vir 'n halfuur les op jou eie perd. Dan is dit darem 'n privaat les. Sterkte met die R 80 000 vir die ponie, dit is bietjie styf!! Meeste van my kiddies ry op ponies wat onder R 50 000 gekos het baie onder R 30 000 (nog steeds te veel vir my!!!) maar hulle doen nie groot show jumping nie. Vir 'n CA ponie moet mens groot uithaal, Blue Storm is laas verkoop vir R350000. So dit hang maar af wat mens doen, maar ek neem aan jou seuntjie doen nie showing of dressage nie (dis mos vir dogtertjies...) so sterkte!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90007 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne ons het ook eers R70 betaal. Nou is dit R635 / maand. Nogals baie, maar lyk my Ludwig het talent. Bev is ook een van die top gekwalifiseerde afrigters in die land, Sanef en FEI, so dis seker logies sy sal meer vra. Sy praat van 'n perd lease en later koop. R80000-00 (jip tagtigduisend). Ek dink nie so nie, tensy 'n wonderwerk gebeur. Ons kan dit net nie bekostig nou nie.
Ons het sommer net 2 perde wat perde is. Nie opgelei in al die fyn kunsies nie. Sal hulle later verkoop en 'n jong perdjie koop wat ons kan laat oplei. Ek dink dit sal goedkoper uitwerk.

Ek gaan bietjie gaan loer na die dokters. Weet my ouma is by Medihelp en sy is baie tevrede.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89992 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
LOL nog 'n perd lover hier :) Ons het as kind perde gehad toe ons nog op die platteland gebly het en my oupa het geteel. Ons het ook skou gery en ek was mal daaroor maar deesdae, ja, ons moet R70 betaal vir 'n uur om te ry.

Hi Annalize hoop dit gaan goed met jou

Ralmarie, ek is by medihelp en ek betaal nie in by die hospitaal nie.

O okay, ja ek het vergeet hy is by die nanny sorry. ag darem is dit 'n korter week ne!

Anina, jy klink baie bedrywig :woohoo: :laugh:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89987 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Annalise, ek sal nou na die pm gaan kyk.

Gerne, Stefan bly gewoonlik by die nanny by my huis. Maar nanny se pa is oorlede en die begrafnis en ander reelings vat nou langer as gewoonlik. Hy was laas week saam met my skool toe, maar die week het ek hom nou by ouma gelos want ek sien nie weer kans vir 'n week soos laas week nie!!! Dit was rof. Nou verlang ek myself dood, maar ons sal oorleef...

Christa, ek ry perd, moutain bike, stap (baie lief vir stap!!), rock climbing, en dan doen ons rallies ook (dis nou rally karre soos wat die WRC op DsTV is...) So ja, ons is baie oor aktief, maar ek kan niks van hierdie stuff doen terwyl ek swanger is nie. So ek kry erg adrenalien junkie ontrekking simptome... Ek het my man laat belowe ons sal na Claudia gebore is vir 2 jaar geen swangerskap he nie (hy soek 5 kids...) sodat ek net weer bietjie kans kan he om bietjie weer sport te doen vir 'n rukkie. Ek gaan lekker perdry vlg jaar en hopelik weer so bietjie kompeteer.

Ralmarie, ons betaal niks in solank ons na Netcare hospitale toe gaan nie. Daar is ander hospitale ook op die lys maar ek is nie seker watses nie. Die GP dokters is okay, maar dis moeilik om in Jhb 'n afrikaanse dokter te kry wat op die lys is. In Pretoria is al die dokters op die lys omtrent afrikaans... Nie dat die taal vir my so belangrik is nie, maar ek is maar bietjie skepties as dit kom by volksvreemde name. Kyk bietjie na die lys van dokters op die primecure website dan kyk jy of jou dokter nie dalk toevallig ook daarop is nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89973 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
more more mammas, hoe gaan dit so na die vakansiedag? het almal darem lekker gerus?

ek werk vreeslik lekker en kom nie hier uit om hallo te se nie, maar julle is altyd in my gedagtes en lees ek darem alles wat almal skryf.

wel het net vinnig ingeloer om vir anina 'n pm te stuur en praat sodra ek oomblik het.

:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account