file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #89970 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
more girls. ja dis lekker koud buite vandag ne!

kom ons hou styf duime vas dat na die week is dit somer :) yay !

Elise, ek is bly jy het die ooievaar geniet. kom sit bietjie fotos op van hoe jy gelyk het! :)

Anina, verduidelik gou... gaan Stefan nie skool toe nie en elke dag saam jou skool toe? kyk jy daar na hom?

Carmen, hierdie kleinding van ons is ook mal oor sy musiek, ken al die tye wat ek in die kar ry en die major for minors klip hard sit! dan skop hy lekker wild. musiek is baie goed vir hulle en veral nou, hulle breintjies groei nou met die spoed van witlig. ek moet vir my die omega 3 kry, het nogsteeds nie.

Bly die partytjie was lekker!

Christa klink of jy baie produktief was die naweek! bly jy het so baie gedoen gekry. jy klink vir my sommer gesort :)

Shame Ralmarie, daai kiddies van jou se neusies is seker bloedrooi na 'n rit. ai so vroeg ne!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89965 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Shame Ralmarie die kinders se handjies kry seker so koud!!! Het Jeanette ook al begin perdry? Jy het laas gese sy wil ook graag perdry. Ek sal laat weet wanneer ek weer in Potch is, sal seker so teen einde van die maand wees. Dalk die 28ste.

Ek is net so perd mal! Kry net nie meer kans om te gaan ry nie! Anina klink my jy is ook 'n baie aktiewe mens! ek het daar by die November mammas 'n hele ruk terug al gelees dat jy rock-climbing of iets ook doen en jy het nou die dag vertel van staaproetes ook. En dan die perde ook! Wat doen jy nog alles? Ek is bly dit gaan minder met dol by die skool met die dat Stefan nie daar is nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89959 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, ek si by 'n privaat skool, so ons staak nie. Dankie tog, ek kan nie 'n dip in salaris bekostig nie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89957 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Anina ons ry by Harties Riding club. Bev Williamson is die afrigter. Dalk ken jy haar sy is nogals bekend.

Ek moet se ek het ook al oorweeg om oor te gaan na medihelp. Jy betaal blykbaar net vir die eerste 2 kinders, so ek sal nogals kan doen daarmee. LOL. Dink ek moet hul bietjie kontak na die swangerskap. Betaal jy in as jy hospitaal toe gaan?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89943 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek het Sarah se post gesien. Lyk of sy 'n slegte naweek gehad het. Hope you feel better now Sarah!!

Waar ry julle perd Ralmarie? Ek is effe perdjie bedinges... Ry al jare lank en rig af en beoordeel showjumping.

Dis so rustig by die skool sonder my mannetjie! Ek kry actually iets gedoen!

Ralmarie, ek het gaan kyk na daai mediese fonds waarop jy is, maar ek betaal dieselfde vir die netwerk opsie by medihelp. Dan kan ek net na Netcare hospitale toe gaan en net sekere dokters, maar ek dink dis maar op die ou end die moeite werd. Ek sit ekstra geld weg vir alles wat hulle nie betaal nie, dan werk dit my nogsteeds goedkoper uit per maand as om 'n volle medies te he.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89904 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Sjoe ons het mos van perdryskool verander en nou ry ons 8:30 in die oggend. Dis bitterkoud nog buite daai tyd. Wel ons leef darem nog en hoop die somer kom vinnig.

Christa laat weet my as jy weer Potch toe kom. Ek het iets wat ek jou wil gee. Dan kry ek jou sommer in die dorp.

Julle moet almal 'n lekker dag he.

Gaan lees bietjie Sarah se post. Iets van nag in hospitaal of nee ek kan nie onthou nie, maar dis op die voorblad.

Tot later.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89858 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More al die Mammas! klink of almal 'n heerlike besige naweek gehad het! Dis net partytjies! :P

Elise jou babatee was duidelik groot pret! Geniet al die geskenke! :woohoo:

Anina sterkte vir die week sonder Stefan! Ek mis hom sommer vir jou part! Maar ek dink ook dis beter vir hom by ouma as by die skool! Terloops, staak julle nie ook vandag nie? Of is jy by 'n privaatskool? :)

Ralmarie bly jule het Rachelle se verjaardag so geniet! Hoop nie daar was pyn op die magies van al die soetgoed nie! :silly:

Nelita goed om 'n slag weer van jou te hoor! Hoop dit gaan nog baie goed met mamma en baba! Kom vertel wat se dokter! :woohoo:

Petro, jy gaan seker die week probeer rus na die kinders se kuier! Geniet dit! Kon jy toe iets by die Maal kry? :huh:

Carmen gee asb 'n link vir FB fotos. Ek sal graag wil gaan kyk. Riley geniet duidelik die musiek! Dis baie goed vir hulle ontwikkeling. Mare kan net so te kere gaan as ek die musiek afsit en sodra dit weer begin raak hy sommer doodstil. :P

Gerne houtmeubels is darem pragtig, veral as mens dit 'n slag weer goed skoongemaak het en dan oor vernis of olie! Ek wil nog my babastoeltjie afskuur en olie. Gelukkig is daar nog tyd voor Mare dit sal gebruik. ;)

Janine ek hou van jou benaming vir die rekmerke! Dit maak dit eintlik spesiaal! Carmen troos jou daaraan, met tyd raak dit basies onsigbaar! Ek is gelukkig, het nog geen tekens van enige rekmerke op my lyf nie. Daar is nog so 6 weke oor waarin enige iets kan gebeur, maar dis dan daarnatoe. :)

Ek het die naweek heelwat gedoen gekry. Het die kot se matras oorgetrek, dit was nog 'n rou stuk spons. Baba-klere gewas en opgehang, 'n paar goedjies gaan koop, pajamas gaan soek (een stel by Miladys gekry), baba se kas weer uitgepak en oor sorteer. Moet nog die kot skoonskrop, duvetjie maak en 'n paar goedjies koop, dan is ek reg vir boetie. En ek het onthou om my oefeninge te doen! :woohoo:

Nipple cream is skaars hier by ons! Ek kry net Bennett's sin by Checkers. Sal maar by Dischem in Potch moet gaan kyk wat is daarso. Sal intussen klein buisie Lansinoh by geboorte-klasse koop. ;)

Lekker dag almal! Loer weer later in! :P

Waar is Annalize en Helene? Hulle is tjoepstil! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account