file Oktober mammies 2010

15 years 1 week ago #206341 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek gee glad nie om om Potch toe te ry nie, kuier ons dan by HV? Wat datums aanbetref is ek mos van Okt af by die huis... Die 1ste week gaan ons stap en dan het ek 'n kursus van 20 tot 24 Okt. Verder is ek oop :)

Ek gaan die witpoortjie dokter probeer, het 'n afspraak vir 13:45. Ek het op my GPS gekyk, dis so 21 km van ons af en ek ry anyway gewoonlik van ons af Cresta toe vir my dokter wat op die ou end dan omtrent 25 km is. Mens dink net dis verder omdat ons nooit Witpoortjie toe gaan nie, maar ons gaan gereeld Cresta toe omdat Johan daar naby werk. So lyk my dis eintlik nader... In Jhb is alles anyway ver!! Dis net die skool en die Spar wat binne 'n 5 km radius is. Vir enige iets anders ry ons ten minste 10 km.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206328 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Enige voorstelle vir 'n datum en plek vir ons vir 'n saamkuier? Pretoria? Johannesburg? Potchefstroom?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206326 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek dink nie jy moet stres nie. Dis darem heelwat warmer daar by julle as by ons. Julle het mos sub-tropiese klimaat. Sy sou jou in elk geval al laat weet het as sy koud kry. Of die skool sou iets gese het. Geniet die dag by Vodacom (is dit by Vodaworld?)

Ag nee Hasie! En dis aaklig om van dokter te verander! Ek voel ook soos jy en sal liewer bietjie verder ry. Gaan glad nie gemaklik voel as een van die ander my moet ondersoek nie! Hoop jy kom reg met 'n goeie ordentlike dokter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206285 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Ek en die kids het verkoue en Paulina het 'n rowwe blaasinfeksie. So ek het vir Paulina die dag afgegee en sit by die huis met die kiddies. Ek dink Stefan het 'n oor infeksie, hy het ons heelnag opgehou, ons het seker omtrent 2 ure se gebroke slaap in... Claudia se gestel is nogal sterk, sy het 'n effense hoesie en snot neusie maar verder is sy haar gewone maklike self. Nou soek ek 'n dokter, ek is mos om Medihelp se netwerk opsie en ons dokter het homself van die netwerk afgehaal. Nou moet ek iemand anders soek. En ek het geen idee wie om te kies nie, al die name in die area is maar vreemde name, en ek is seker rassisties maar ek wil graag by 'n wit dokter wees... Die naaste Afrikaanse naam op die lys is in Witpoortjie, dis nogal 'n entjie van ons af, maar ek dink ek sal dit maar try. Snaaks, in Pretoria is daar baie maar hier in Jhb amper niks.

Lekker daggie vir julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206282 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

O nee ek trek vir Riley heeltemal somer klere aan, sy het kort moue, kort broekies en rompies en oop skoene soos sandale! Ek hoop nie sy kry koud nie!!

besige dag vir my, gaan bietjie Vodacom toe, ons het 'n baie groot span developers wat daar werk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206281 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Kom net gou hallo se!

Hasie ons huis is ook maar koud, maar as ons iewers heen gaan trek ek lekker somersklere vir Mare aan. Hy geniet dit vreeslik en hy word nie so gebriek wanneer hy kruip nie.

Lekker dag! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206146 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek trek vir Claudia nog net dunner kleertjies aan, gewoonlik 'n lang broekie (t-hemp lap) en langmou t-hempie. Ons huis is heerlik koel en ek trek self 'n ligte trui aan as ek binne sit. Sy is ook heeltyd op die vloer en bly nie op die mat nie, so sy is op die koue teels. Ek dink dis nog bietjie vroeg vir kort moutjies in ons huis, maar as ons by my ma kuier trek ek haar kortmoue aan.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account