file Oktober mammies 2010

15 years 1 week ago #206143 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol Bollie! Sy is 'n klein patroon! Dis te wonderlik om te sien hoe hulle alles ontdek! Eintlik is dit sommer vir ons ook weer 'n ontdekkingstog van alles om ons. Sy lyk te oulik met haar pienk somerspakkie!

Yay vir Claudia wat weer staan Hasie! Ag ek het gedink die dae sluit sommer die naweke ook in! Dan gaan dit mos nog gouer! Maar jy sal sien, dit sal net soos 12 voel.

Geniet julle dit ook om die kleingoed in somersklere aan te trek? Ek is soms bang ek is te haastig en Mare kry dalk nog koud, maar ek glo hy sal kla as hy koud kry. Ek bevoel maar gereeld sy hande en voete. Ag en ek is mal oor die ou kaal baba voetjies!

Sal kyk dan laai ek netnou 'n foto. Hasie jy chicken lekker uit met die fotos ne! En Grenaat en Stella moet ook weer bietjie kom fotos wys.

Hoekom kom loer Voetjies nie meer in nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206121 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag jitte Bollie! Sy is baie cute!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206119 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, kom sit bietjie weer fototjies op! Se ek... wat nooit fotos opsit nie...

Ek het vergeet om te se, Madam Claudia staan nou weer. Sy het vir so 2 weke geweier om alleen te staan maar skielik van die naweek af is dit weer vir haar baie cool.

Kwaaitjie, maak jy my nou opgewonde, maar dis eintlik nog 15 werks dae, nie 12 nie. Maar eks seker dit gaan so vinnig soos 12 verby gaan.

Bly dit gaan goed met HV, stuur maar vir haar ook groete.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206118 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek hou my pose:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206117 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Gimnas Riley :P
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206113 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Oo Riley wou net heeltyd met die baba speel. Sy vat nog eintlik te hard, so ons het maar bontgestaan dat sy hom nie dalk seer maak nie, maar sy was baie in haar skik met die klein baba wat daar was :laugh:

Julle het dalk die foto's gesien, maar sy probeer nou heeltyd bollemakiesie slaan, het so lekker gelag vir haar want Sat het sy heeltyd in die posisie gestaan! :lol:

Kwaaitjie, aai daai Mare klink darem so oulik, kom sit weer bietjie vir ons 'n fototjie op!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #206100 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Bollie bly die babysit vir Giovanni het so goed afgeloop! Wat het Riley met die baba maatjie gemaak? Geluk met jou man se verjaardag! Bly julle het die braai en kuier so geniet! Jy moet die rooiwyn geniet! Ek dink dis tyd date ek weer 'n slag vir my 'n goeie bottel rooiwyn koop! Ek is baie lief daarvoor, maar manlief drink dit nie. Hy sal wel semi-soet witwyn of dan 'n lekker port, sjerrie of muskadel drink.

Hasie bly julle het so lekker verjaardag saam met voetjies gehou! Net jammer van jou dikkop en seer keel! Hoop jou week is fantasties om op te maak vir die dag wat so sleg begin het! Troos jou daaraan, jy het saam met vandag net 12 daggies oor! Dan is jy jou eie baas en by jou kids!

Ons naweek was lekker rustig! Het Sondag so met een oog rugby gekyk terwyl ek gekook het. Het lekker vir Mare gelag! Hy kan nou net ordentlik kruip, nou dink hy hy kan sommer opstaan en los en dan loop ook! Hy trek hom nou teen alles op. As mens sy hande vashou stap hy te oulik met sulke hoogtrap tree!

Handjievol stuur baie groete! Sy het fotos vir my gestuur van Andre wat op die vensterbank klim en dan aan die diefwering vashou terwyl hy soos 'n vink daar hang. Te oulik!

Lekker dag vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account