file Oktober mammies 2010

15 years 1 week ago #206085 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!!

Bollie, klink na 'n droom baba! Bly julle het die partytjie geniet.

Ons was die naweek by Voetjies se verjaarsdag partytjie. Dit was heerlik, behalwe dat ek toe lekker verkoue is. Nou is ek lekker dik koppie en seer keel.

Lekker daggie vandag, my week het nie so great begin nie, hopelik word dit net beter.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206076 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!!

Dit was darem 'n lekker naweek!

Ons het Vry aand gebraai vir my mans verjaarsdag en dit was regtig baie lekker!! Hy het bottels en bottels rooiwyn gekry! Wat ek sal opdrink :P

Saterdag het ons my vriendin van Richardsbaai se 4 maande oue baba seuntjie, Giovanni, gebabysit. Julle, hy was so stroopsoet, het my baie aan Riley laat dink, net melk gedrink, gele en niks geraas gemaak nie! Hy het deur die nag geslaap sonder om wakker te word en het so 5 uur Sondagoggend gekwe vir nog melk, so dit was 'n baie maklike job gewees!! Sal dit weer doen!

Gister het ons die rugby gekyk en toe was ons net rustig by die huis.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206052 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
En toe wen die bokke darem met 1 puntjie!

Hoop dit gaan goed met almal!!

Dit gaan goed hier, ek het Vrydag bietjie hard gewerk, kom daarvan as mens ander dae net hier op moomie rondle en niks werk doen nie...

My rekenaar is reg!! Nou moet ek net weer alles laai wat ek wil ophe, so dit sal seker nog 'n rukkie vat todat dit alles weer normaal is.

Lekker week vir almal!!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205953 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Yippee, en daar begin die wereldbeker!! :rock:

My man verjaar Sondag, op 9/11, maar ons braai vanaand vir sy bday. So dis weer doenig wees om na werk gou alles reg te kry voor die mense kom en by ons is ons naaste pelle en familie 30 mense! :blink:

Riley het nounet recover van haar grassburn op haar gesig, toe hardloop sy gisteraand straight vas in die hoek van die tafel en daar het sy 'n klein snytjie bo die oog. Vanoggend is dit bietjie blou en opgeswel :(

Aai, die kind van my!! Dis omdat sy nie kyk waar sy gaan nie, dis nou 'n nuwe ding om vir mens weg te hardloop en terug te kyk, en vergeet van om te kyk waar jy gaan! :P


Julle moet almal 'n baie lekker naweek he!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205916 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Jipppiiiiieeeeeee dis eindelik Vrydag! :woohoo:

Hoop dit gaan goed met al die mammas en babas!

Al die fans moet die rugby geniet! Kyk maar namens my ook asseblief! :rock:

Lekker naweek! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205773 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie tog! :pinch: Ek het net begin bekommerd raak! Hoop nie die low curve hou te lank aan nie!

Okay Hasie ek is jaloers! Sommer baie! Ek is egter nes Bollie iemand wat of die veiliger besluit neem of geen besluit nie! :blink:

Vrek Stella en murphy's law sou maak dat jy met al die kids sonder diesel gaan staan! Dit sou 'n penarie wees! :silly:

Sien Bolllie, sy eet! Al is dit net bietjie, dit maak nie saak nie. Yay vir Riley!

Okay ek het laas ernstig rugby gekyk met 1995 se wereldbeker. :blush: Ken vandag bitter min van die spelers en is gewoonlik so doenig met ander goed, dat ek in elk geval nie kans kry om daarna te kyk nie. :huh: So geniet julle dit hoor!

Die dag is eindelik amper verby! Lekker aand! :)

En vanaand stuur ek soene vir al die babas en kids! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205735 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

Ek hardloop soos n afkop hoender vandag - en ek het nou amper amper sonder diesel gaan staan !!! Net net garage gemaak

Nee wat kwaatjie ons sal nie uitsterf nie - ons vang net n low curve !!!!

En ja bollie ek LUV oog rugby - is spuer excited oor die wereldbeker

Praat weer
h

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account