file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #205731 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar julle

Stella, sjoe genugtig my, ek sal nie lekker weet hoe om so 'n spul kinders te hanteer nie!! :dry:

Sterkte met dit! Genade maar julle is vrek besig daar met werk en dinge!!

Hasie ag ek is bly jy kon 'n besluit neem, ek glo ook dis die beste besluit vir jou! Ek admireer jou vir dit, want ek sal heeltemal te bang wees om so 'n besluit te maak....ek is altyd iemand wat die veiliger besluite neem :pinch: of geen beluit for that matter! :cheer:

Gaan goed met Riley sy is aan die gang by die skool! Hulle sit en eet by die tafeltjie, en blykbaar kry hulle elke dag kos in haar lyf, nie latyd baie nie, maar hulle doen! So dit is monkey see monkey do!

So more begin die wereld beker!! Yippeee, ek like rugby! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205724 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar, en baai daar!

Ek is oppad swemles toe! Ja nee, Kwaaitjie, dis baie stil hier...

Dag 17 is soppas verby, nog 16 werksdae oor vir my!!!! :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205716 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

Ek hoop nie die oktober mammies is besig om 'n stil dood te sterf nie! Mensig dis ongelooflik stil op moomie! Darem nie net by ons nie.

Hoop dit gaan goed met almal en dat julle nie te hard werk nie!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205520 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Spoedpos asseblief! Bly dit gaan goed met jou niggie! Min dae vir jou, ne! Jy gaan dit soooo geniet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205458 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, met liefde! Hulle se mos liefde is die enigste ding wat jy kan uitdeel en dan word die liefde van die deler meer ipv minder. So kan ek vir jou pos???

Ek het nou met my niggie gesels, dit gaan goed met haar.

18 werksdae oor, dit sluit vandag in!!! EEN salaris tjek oor, oops...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205450 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo

Hasie stuur asseblief bietjie van jou energie en positiwiteit vir my! Ek en die sinus het mekaar alweer beet en ek is moedeloos en sommer gatvol ook! Ek is nou al 2 maande aanmekaar siek en het regtig nou genoeg gehad! Gaan 'n homeopaat sien, dalk kan hy my help! My hele gestel het sommer in duie gestort! :cry:

Okay genoeg klagtes!

Stella al wat ek kan se is SJOE!!! Drie ekstra kits kids is nie 'n grap nie! Ek is baie bly dat jy 'n dokter gekry het wat jou kon help en dat dit nou beter gaan! Dit alles deur die jagseisoen en dan begin julle weer gym ook! Definitief mal verby! Maar sterkte! Gelukkig kom die einde van die drie weke ook nader, dan sal dit darem beter gaan. Sterkte hoor! :P

Hasie bly jy het gemoedsrus oor jou besluit gekry! Jy sal sien alles sal net in plek val en reg uitwerk! Jy gaan dit so geniet om by jou kids te wees en jou speelgroepie idee klink puik! So 3 of4 maatjies gaan lekker werk! Groete vir jou niggie wanneer jy met haar praat! :laugh:

Bollie ek stem saam met Hsaie dat dit die twee tande is wat sy sny wat haar eetlus beduiwel! Daai mondjie is seer en tien teen een proe alles nog snaaks ook. Word haar groente warm gemaak? Dalk verkies sy die koue kosse omdat dit haar tandvleise lekker laat voel. :huh:

Lekker dag julle! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #205442 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more, goeie more! Wat 'n heerlike dag!!

Stella great om weer van jou te hoor!! Eks bly jy het darem by 'n dokter uitgekom wat die probleem korrek kon identifiseer. Dis jammer dat mens partykeer so moet sukkel. En hoe gaan die met Xander? Sterkte vir die baie kids, kan dink dis net super mammas soos HV wat dit in haar stride kan vat. Ek dink ook dit maak 'n verskil as hulle jou eie is en jy het van kleins af gewoond geraak and 'n skedule wat elke dag bietjie voller word. Om sommer so in die diepkant gegooi te word is woes.

Bollie, daar het jy jou antwoord! Sy eet pap en yoghurt maar nie groente nie, maar sy sny tande mamma!! Tande sny en smaak grille loop hand aan hand. Claudia sal byvoorbeeld 'n bak oats pap verslind terwyl sy tande sny maar moenie ander kos naby bring nie. Sy sal daar oor kom en kan sonder dit lewe. Eks bly dit gaan goed in die groot kind klassie, sy geniet dit seker vreeslik.

Kwaaitjie, ek dink net so baie aan my niggie, en kom nie daarby uit om haar te bel nie. Ek sal nou nou 'n plannetjie maak. Hulle het al geconfirm dat dit 'n dogtertjie is en sy is baie opgewonde. Verder weet ek nie op die oomblik hoe dit met haar gaan nie.

Julle ek het my mind opgemaak. Ek gaan nie vlg kwartaal deeltyds by die skool werk nie. Ek gaan by my kids bly en UIF claim. Dan gaan ek begin om my Hypnobirthing en doula besigheid van die grond af te kry. Dit was mos nou eintlik die oorspronklike plan, maar toe begin ek mos panick en toe probeer ek krisis beheer plannetjies maak. Nou is ek rustig, ek het baie gebid en is seker dat dit die regte opsie is.

So Stefan gaan ook nie meer kleuterskool toe nie, ek sal hom self stimuleer en ek oorweeg om 'n paar ander mammas by ons kerk op te kommandeer om 'n speelgroepie te stig. My idee is dat mens 'n saam speel roetine stig met 3 maatjies. Dan speel hulle bv een dag by my, en een dag by elkeen van die ander maatjies. So dan het ek een dag 'n week met 3 kleuters en doen 'n nice aktiwiteit met hulle en dan het ek 2 dae af...

Lekker daggie verder, sal nou nou weer inloer.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account