file Oktober mammies 2010

15 years 2 weeks ago #205358 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

ek is so jammer dat ek so stil is en dat ek julle so afskeep - maar ek skeep myself ook so af want hel - ek mis die gesels heen en weer

gou n recap van wat aangaan: ek was mos laas siek - gegaan vir sonar vir galstene - niks gekry. aand baie siek - terug ongevalle toe - bakteriee in my maagvliese en maag - eerste dokter nooit regte diagnose gemaak nie - kon al vroeer beter gewees het as hy net geweet het wat aaangaan.

intussen is my swaer hulle oorsee en sy 3 kinders bly by ons vir 3 weke. ek weet van julle het 3+ kids - maar ek se julle ek kan nie my gat draai met n voltydse werk en 4 kinders nie. hulle het soooooo baie sport na skool en partydae sommer tot 5:30. dan is dit nog toetsreeks - so ek help opsom en leer ens. so ek het nou kids van 12 , 9, 4 en dan Xander van 10 maande. ek kry skaars ryd om asem te haal

by die werk is ons hond besig - ons besigste tyd vir jag is mos maar junie - sept so ons hol vreeslik rond . ek ry oggend vroeg uit plaas toe vir werk en jaag dan terug om eerste kid 12 uur by skool te kry

deur die gejaag het en en my man besluit dis n goeie tyd om weer vrigin active te join - mal verby - ek weet nie waar ek die tyd gaan kry nie of die krag nie

ek chat hopelik more weer so bietjie saam

hoop dit gaan goed met elkeen van julle - sal more biejite comment op al julle dinge

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205311 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Stella het my nounet laat weet sy sal kom inloer! Sy kry al ons posts op haar BB, so sy weet wat aangaan, sy sal bietjie kom hallo se :silly:

Kwaaitjie, ja ek gaan nie stres nie, soos jy se, sy gaan sien wat die ander kinders eet en hopelik intereseer dit haar ook.

O ja, vergeet om te se, maar dit lyk of tand 3 en 4 besig is om uit te kom,lyk my sy kry 2 tande gelyk op 'n slag! Dis nou die boonste 2 wat besig is om te verskyn.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205307 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie jy het my darem nou lekker laat lag met daardie klein lyfie wat die visvinger in flenters slaan en dit dan vir die hond voer! :lol: Ek is seker jy stres verniet, dis net een of ander gril fase waardeur sy gaan. As jy jou oe uitvee is sy oor dit en verstom jy jou aan alles wat sy eet. Die kids werk ook maar baie met "monkey see, monkey do", so ek glo sy sal gou agterkom die ander kids eet die kos, dan eet sy dit ook.(Mare is ook mal oor peanutbutter broodjies!)

Hasie en Grenaat kan ons al vir die kids goed soos mayonaise gee? Byvoorbeeld aartappelslaai of tunaslaai of so iets? Of is dit nog bietjie wild vir hulle magies?

Hoor bietjie daar op fb hoe gaan dit met Stella asseblief. Laaste wat sy hier was, was dit met die vreeslike pyn wat sy gehad het. Sy sou toe dr toe om te hoor wat aangaan. En Helene? Sy is ook totaal missing! En Handjievol sal ek sommer mail. Ek kan nie eers meer almal onthou nie!

Hasie ek het laasnag aan jou niggie gedink. Hoe gaan dit met haar en die swangerskap? Kon hulle toe al bevestig of dit beslis 'n dogtertjie is? Ek dink vreeslik baie aan haar. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205265 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Grenaat, nee wat ek stem, Rubies is 100 persent!! :evil: :rock:

Hy is net rustig man! Chill dude :-)

DF, baie bly jou pa kan nou lekker rus by die huis!

Hasie, vertel ons bietjie van jou plannetjies!!

Riley se eerste dag het baie goed gegaan! Behalwe dat sy nie in groente belangstel nie, PUNT.

Kyk in die groter klassie eet hulle snackies ook soos stukke vrugte en broodjies (btw, sy sukkel nie om 'n stukkie penutbutter broodjie in haar mond te sit nie), so hopelik erens leer sy die goete eet. Sy is maar ook vol stront met ander goed, het gisteraand 'n visvinger opgesny en haar gelos, maar sy het dit in stukke met haar lepel geslaan en vir die hond gevoer! :whistle:

Sy sal doodmaak vir haar pap en yoghurt, maar sy stel regtig nie veel belang om enigiets anders te eet nie, maar ek het besluit ek gaan haar nie forseer nie. Ek glo en vertrou sy sal doen wat vir haar lyfie reg is.

Wat ek wel agterkom is sy wou baie graag gisteraand self haar yoghurt eet en sy het die lepel self beet gehad. Sy het die eet proses heel goed nagemaak met haar lepeltjie.

Ag julle ek gaan nou maar nie worry nie, sy moet maar eet wanneer sy lus het!

Sy doen in elk geval alles anders wanneer sy lus het :lol: Very independent little one! :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205242 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dragonfly ek is bly jou pa is tuis en dit gaan goed! Kayla lyk seker te oulik as sy die honde so roep! :woohoo:

Grenaat hou op stres oor Ruben. As jy hom ouderdomsgewys met M vergelyk is hy heeltemal on track. Onthou Andre is net 'n week jonger as M. Hy word die 29ste een. Dis amper 2 maande verskil. Wat se jou buurman toe? :)

Hasie sterkte met jou besluite, bid vir jou! Lol vir julle aantrek stories! Ek sing vir Mare al die kinder liedjies waaraan ek kan dink terwyl ek hom aantrek, dan gaan dit nogal goed. :lol:

Dis te oulik hoe Mare nou al agter pappa aan kruip! Hy is vreeslik pa-vas. Sal sommer huil as pappa iewers alleen uit die kar klim en ons moet wag.

Hoop almal het 'n lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205212 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Ek het vanoggend begin vol bekommernisse oor hoe op dees aarde ons alles gaan bekostig met die kleuterskool fooie ens ens ens. En toe gaan daar vir my 'n liggie aan. Ek het baie groot besluite om te neem, bid asb vir my. Sal later alles vertel...

Dragonfly, eks bly jou pa is by die huis, hoop dit gaan sommer baie beter met hom elke dag!!

Grenaat, ek dink nie jy hoef bekommerd te wees nie, hy sal daar kom. Kyk nou maar vir Mare, hy is amper 2 maande ouer as Ruben en kruip nou. Jy is besig om jou kind met kinders ouer as hy te vergelyk. As jy regtig bekommerd is, kan dit seker nie skade doen om bietjie by 'n physio of arbeids terapeut te gaan aanklop nie. Daar is 'n vrek oulike baba ontwikkellings kliniek by Nuwe Hoop skool op Vrydae oggende. Ek kan vir jou die details kry as jy wil en ek dink dit kos iets soos R50 per keer. Dan kuier jy vir 'n halfuur met al die physio's, spraak, en arbeidsterapeute en hulle help met oefeningtjies ens. Hulle het my sussie se dogtertjie leer loop in 'n halfuur. Let wel, sy was reeds 14 maande oud en reg om te loop, net nog nie heeltemal daar nie. Hulle sal jou vinnig gerus stel as jy niks het om oor te worry nie.

Bollie, sjoe maar daai girl vorder mooi. Eks seker die stimulasie by die ouer klassie gaan vir haar heerlik wees.

Kwaaitjie, ek wil amper se: kry vir jou! want ek en Bollie het al LANKAL daai aantrek probleempie. En daar is nie regtig 'n wenresep daarvoor nie. Jy moet maar deurdruk... Ek het 'n slag vir S gewiks toe hy so 10 maande oud was en dit het baie gehelp maar ook net vir 'n week of so. Met Claudia het ons nou 'n truuk gekry, ek byt iets nice in my mond vas, sommer 'n salf buisie of enige ding, dan trek dit haar aandag af en hou haar op haar rug terwyl ek doek ruil. Dan stoei ek die hemp aan, dan tel Johan haar op onder haar arms en ek trek die broek aan, dan gryp jy die broek aan sy rek en laat haar daarin sak. Dan is sy so semi beskaafd aangetrek. Dit help baie as mens 2 mense is.

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205177 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai ek sien my post van gister wys alweer nie grrrr

K: Baie geluk met die kruip! Lekker agter hom aan hardlloop :)

B: dis great dat sy nou al geskuif het,nou gaan sy nog vinniger leer! Hoop sy geniet al di nuwe aktoiwiteite

D: bly j pa is by die huis en veilig. Klink of K te cute is

H: jammer om te lees wat gebeur het :( dis baie sleg. Gaan paulina nou aanbly met haar swangerskap?

Julle ek begin bietjie paniek kap,sien op fb klein andre klim sommer al venster banke uit! Dink jul ek moet begin worry oor rubies?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account