file Oktober mammies 2010

15 years 2 weeks ago #205141 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello julle,

My pa is by die huis...jippeee! Die dr se sy hart het baie seer gekry en hy is op baie tablette maar ek glo als sal nou goed gaan.

Dit gaan goed met Kayla, sy loop al mooi-seker at least 20 of so tree op n slag, draai selfs om ens...

My gunsteling is as ons haar vra om die hondjies te roep dan maak sy sulke soentjie geluitjies met haar mond- I love it!

Eitsa Bollie, Riley is voorwaar n knapse enetjie, sy sal goed doen saam met die groter kinders.

Geluk met die kruip Kwaaitjie.

Jammer vir die buit Hasie, glo als sal uitwerk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205103 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Dankie Kwaaitjie, nee wat sy is 'n ou tawwe tienie :laugh:

Julle, ekke moet amper ry, julle moet 'n lekker aandjie he :)

Jong, ek wonder ook oor Stella, sy praat nog op FB, maar sy kom nie meer hier uit nie al vir baie baie lank??? :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205097 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie dankie ek voel beter. Dis meer 'n gestoei as hardloop op die stadium. Om hom aan te trek vat nou 'n halfuur elke oggend. Na elke mou of broekspyp wat ek aanhet, val hy plat en kom weer regop. So ek is sopnat gesweet van al die spartel teen die tyd dat ons klaar is. En dan smile hy en mamma se hart vermurwe sommer weer. (Al het ek sopas lus gehad om daai kaal boudjies 'n slag te wiks!) ;)

Shame ek hoop Paulina en die kids is okay! Gee vir haar die no. 11 tissue salt vir die naar. Dit het my baie gehelp. En se sy moet al die vetterige kos uitskakel. Dit sal ook help. Sterkte vir julle!

Dankie Bollie! Sjoe maar Riley vorder dan mos baie goed by haar skool! Baie geluk! Sy sal survive! Die wat sy nie met haar twee groot blou om haar pinkie draai nie, sal sy wel op een of ander manier roer. Sy gaan beslis nie met haar laat mors nie! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #205062 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Kwaaitjie baie geluk met Mare se kruip, dis great!! B)

Hasie, sterkte met Paulina wat swanger is, hopelik raak sy nie te siek nie!

Riley is vandag na die groter Bambi klassie geskuif, so ons sal sien hoe gaan dit! Hulle plak en verf en doen allerhande dinge en speel buite elke dag, so ek glo dit sal goed gaan! Sy is kleiner as die res, maar sy moet maar survive die klein ou ding ;) :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #204971 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

En dis alweer Maandag... Paulina het erg erg erg morning sickness of is siek, maar sy laat weet my nie, sy kom werk toe en ek is al oppad by die deur uit toe sy daar opdaag en se sy is siek. Nou sit ek by die werk en hoop alles is ok by die huis.

Kwaaitjie, is jy nou beter? Hoop so!! Baie geluk met die kruipery, en lekker hardloop!!!!!

Hoe gaan dit met al die kiddies?

Lekker daggie almal.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 weeks ago #204947 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Ek was plat in die bed met sekondere sinus-ontsteking. Aaklig!

Mare het Saterdag begin kruip! dis so oulik en nou raak hy kwaad as mens hom wil optel. Klein klits! Tand nommer ses is ook so te se deur! Maar mensig hy is knorrig deesdae! Super gefrustreerd! Arme ou seuntjie! :blink:

Hasie jammer om van jul petalje te hoor! Ek hoop ook jy en Paulina kan dinge uitwerk en dat ook haar swangerskap goed sal verloop. Siestog ek dink sy het so sleg gevoel oor die kids en toe is sy nou nog swanger ook, so haar hart is sekerlik baie deurmekaar. En soos Bollie se ons wil almal graag self ons kinders grootmaak, maar die lewe werk net eenvoudig nie so nie. Baie sterkte en drukkies vir jou! Hoop hulle staan jou versoek toe. :kiss:

Ai Grenaat, dat ou Rubies nou so moes duik! Ek bid vir jou vir die werk by buurman! Dit sal darem wonderlik wees, dan kan jy middagete saam met die kids spandeer! En dink net geen verkeer meer nie! :woohoo:

Bollie klink of dit goed gaan daar by jou! Net doller as kopaf! En Riley Rabbedoe hou mamma lekker besig ne! Geniet dit! Sy maak seker almal sien hoe wild sy is met daardie wonde wat sy opdoen! ;)

Dragonfly baie bly dat alles goed afgeloop het met jou pa! Vandag gaan hy huistoe en dan sal alles sommer beter gaan! Hoe gaan dit met Kayla? :P

Het julle al weer enige iets van Stella gehoor? Sy is nou darem baie stil. :huh:

Lekker dag! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 weeks ago #204871 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Dankie Bollie! Ek kry my ou dogtertjie baie jammer vir die erge blou byte, maar sy sal seker daar oor kom.

Dragonfly, eks so bly dit gaan goed met jou pa!!

Geniet die naweek almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account