Hi daar
Grenaat het gevra dat ek post:
My hele post is weg nadat ek seker ‘n halfuur getik het . ffffffffffffflip. Anyways, ja ek is vandag weer internet loos, bummer. Hulle kom trek so een keer ‘n dag ons emails af, dis dit LOL
Wel vanoggend toe ek in my grot instap en weer ‘n semi paniek anval kry

besluit ek basta dit en bel my buurman. Hy het ‘n legal admin besigheid en sy kantore het nou onlangs na sy huis geskuif (hy is daai tipe buurman wat se huis so hoog bo die mure uitsteek en jou huis in die skaduwee los, baja geldjies). Wel ek vra toe vir hom soek hy nie dalk ‘n dame nie en hy se ja hy soek iemand vir sy online afdeling en hy kry nie tyd om iemand aan te stel nie so die afdeling staan nou eers (dis amper soos sars efiling). Ek het my cv vir hom gestuur en sien hom gou vanaand. Hy het gese hy weet nie of hy my sal kan bekostig nie, ek kon nie my salaris oor die foon vir hom se nie toe het ek dit gemail, sal nou vanaand hoor wat dink hy. Ek gaan dan dalk van die huis af werk of by sy kantoor – reg langs my huis Julle asb hou duime vas dat dinge uitwerk soos dit moet (as dit vir my is).
En rubentjie het gisteraand van die voordeur se trap afgeval met die walker ai man ek het sommer so getjank. Hy het reg vooroor geneuk op sy neus en die walker het sommer bo-oor hom geval dat sy bene in die lig is. Hy het ‘n eier op sy kop en sy neusie het baie gebloei maar hy is oraait vanoggend.
Nee die klein kakkies kruip nog nie, hy staan hande viervoet maar weier om te beweeg, gaan sit net weer. En hy is nog baie onstabiel op sy voete, hy is maar ‘n late bloomer!
Ag wat, hy sal wel loop eendag, dalk net later as ander !