yes yes
ag ek geniet die net nou sooo baie, tot more wat ek weer terug is in my grot/tronk/sieldoder van 'n kantoor
Bollie, dankie vir die fotos, sy lyk soooo cute!!! bling-daling! Ag ek dink ons groep het net die mooiste kids, dink julle nie
Ja almal se altyd (en ek self het ook al baie) as hulle nie wil eet nie, los hulle maar dis baie makliker gese as gedaan. mens wil graag he hulle moet eet.
Rubies geniet die self eet baie maar jis dis 'n gemors. ek het gisteraand vir hom 'n bakkie spagetti net so gegee dan sit hy dit in sy mond en trek dit so uit en gooi dit die hele wereld vol, tot op sy kop, ons het so gelag, hy het seker 'n driekwart uur so gesit en toe ons die slangetjie eventually van sy kop wil afhaal toe is hy al droog LOL daar het so lekker tamatiesous streep oor sy wit koppie gesit.
oja, het ek julle gese ek het sy hare afgesny? ag hy lyk sommer cute!
Kwaatjie, skies ek is bietjie agter, wat gaan aan met M'sters se skool?
Dragonfly, hoe gaan dit met klein K'tjie? ag sy is net so pragtige ou groot oog!