Hellooo!
Skies my dag was nogal besig vandag!
Grenaat, aai ek voel jou pyn met hierdie kos nonsens van ons 2 baba's!! Riley sal liters yoghurt eet en sal stukke kos mee speel in haar mond, maar my maat, moenie daai groente bring nie

Dan spoeg sy dit uit of huil laat die trane so loop!! Nevermind die purity groente, sy is nie lus vir enige groente nie

Die ding is, al het sy nie 'n probleem om stukkies kos in haar mond te sit nie, kan sy dit nie kou nie en suig dit en spoeg dit later uit, so dit gaan nie regtig in haar lyf nie
Ek hoop sy kom sommer gou oor haar simpelgeid!
Dragonfly, aai hoop dit gaan baie beter met jou pa??? Laat weet asb. hoe dit met hom gaan!
Ek stem vir gettogether, maar Sept en Okt is mal besig vir my!! Maar laat weet en probeer my bes om 'n plan te maak!!
Riley het toe gegaan vir die oorbelle, het haar toe gevat na die plek wat Voetjies gese het in Brooklyn Mall en dit was maar R60.00.
Sy lyk te pragtig vir woorde!!!!!!
Hier is paar foto's: