file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #204129 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek stem vir die gettogether! Handjievol het laas aangebied dat ons daar by haar huis kan kuier. Of een van die kwekerye met 'n koffieshop in Potch. Of as julle nie kans sien om so ver te ry nie, maak ons dit weer daar by julle iewers. Hoe lyk dit by Tres Jolie? Ons ry altyd die agterpaaie om (Krugersdorp Randfontein) daar na die dome toe, dan ry ons reg voor dit verby. Of is daar 'n plek nader aan Pretoria?

Datum sal ons moet praat. Ek sal 'n weeksdag verkies, dan sit ek verlof in. Naweke is daar te veel goed wat by die huis gedoen moet word. Weet nie van julle mans nie, maar myne sal beslis ook nie saam gaan nie. Hy hou nie van kuier saam met "vreemde" mense nie. :laugh: Dis ook deel van my rede vir 'n weeksdag, naweke is familietyd en ons het maar min daarvan! :(

Enige voorstelle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #204118 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, dis vrek stil hier. Miskien moet ons weer 'n get together reel, dit het nogal die geneigtheid om mense te trek. Enige voorstelle vir waar en wanneer?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #204081 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat ek het skoon van die slaap vergeet. Mare slaap in die week as volg:
Oggend (op pad) 30 - 40 min
Deur die dag +- 1uur (Weet nie regtig by die dagsorg nie)
Laatmiddag (op pad) 30 - 40 min
Naweke:
Oggend 1 uur
Middag 2 - 3 ure

Ek vind hy moet genoeg slaap deur die dag, dan slaap hy beslis beter in die aand. Ek moet darem ook byse sy dag begin so 04:30 en gaan dan tot 19:30. Soms is hy baie moeg, dan slaap hy al 19:00. So ek klou ook nog bietjie vas aan die twee slapies.

Hasie siestog ek dink hulle weet nie wat om met hierdie seer in hul monde te doen nie en dan raak hulle gefrustreer met alles en almal. Intussen is hulle nog klein en soek ekstra troos en liefde! Arme kinders! Lol vir Claudia wat so honger is! :P

Waar is almal vandag? Moomie is darem bitter stil.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #204057 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Hoop dit gaan goed met almal!

Dragonfly, laat weet asb hoe gaan dit met jou pa. Ek hoop hy word gou gesond.

Ai Kwaaitjie, die tande kan hulle nogal erg omkrap. Stefan is juis nou besig om die eerste van die berugte "2-year molars" te sny. Hy is baie kwaai en baie needy... Ten minste as die een uit is, is daar nog net 3 tande oor op sy lysie. Claudia kort nog 18!!!

Ruben en Riley is lekker vol nonsens, Claudia eet nou weer soos 'n wolf deesdae, sy skree vir my as ek nie die happies vinnig genoeg in haar mond steek nie.

Grenaat, Claudia probeer ook hard om een slapie te drop deur die dag, maar ek is nog nie gereed daarvoor nie. So oor naweke laat ek dit nie toe nie, maar deur die week draai sy vir Paulina om haar pinkie. Dan weier sy partykeer om in die middag te slaap en dan is sy erg moeilik in die aande. En somtyds pass sy sommer uit so 6 uur en word dan weer so rondom 7 uur wakker vir aandete en dan kan jy vergeet van 7:30 slaap!!!!! Dan is sy goed op haar stukke tot ten minste 9 uur.

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #204045 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Dragonfly ek hoop jou pa is reeds oorgeplaas Baragwanath toe. Dit is 'n goeie hospitaal en as julle maak soos Hasie se om self sy beddegoed skoon te hou en so aan, sal dit goed gaan met hom daar. Julle kan selfs etes voorsien as hulle julle toelaat dan weet julle hy eet ook goed. Ek hoop regtig vir spoedige beterskap vir hom. Gee vir jou ma ekstra baie liefde, sy het dit nou nodig! Sterkte!

Bollie en Grenaat lyk my Ruben en Riley konkel iewers skelm saam! Nou wil altwee nie eet nie, maar is bereid om mamma se kos met purity gemeng te eet. ;) Hoop die twee kom gou oor hierdie kos nukke!

Bollie jy moet daai ore kom wys hoor! Ag dit gaan so cute lyk! Het sy lekker by ouma se bediende gebly?

Grenaat hy is sommer al weer gesond! Dis net die twee oogtande wat hom opkeil! Mensig hy is knorrig! Raak vreeslik kwaad vir "maba" (dis nou ek) oor alles. Net om daarna net by "maba" te wil sit. Siestog ek dink dis baie seer! Sterkte met die ou sinusse wat jou net nie wil los nie! Dalk moet jy maar die operasie laat doen en klaar kry.

Grenaat deel bietjie jou lasagne resep asseblief!

Hasie hoop julle het ook 'n lekker naweek gehad!

Het julle al enige iets van Stella gehoor? Ek wonder hoe gaan dit met haar pyn?

Wonder hoe het Handjievol se eerste skou afgeloop?

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #203991 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Dragonfly, ek bid vir julle. B is 'n baie goeie hospitaal met van die beste spesialiste. Julle kan vir jou pappie sy eie lakens en komberse ens vat en dit ruil soos dit nodig is. Sterkte, ek dink baie aan julle.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #203987 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello,

Shoe, wat n dag. Natalspruit was regtig erg, my ma het haar kop verloor en begin huil ens. Toe vat ons my ma daar uit en betaal vir hom om gesien te word by die Union hospital-hulle wou R100 000 deposito he om my pa vir 5 dae te hou en my ma was bereid om haar huis te verkoop om dit te doen,maar toe bel die dr baragwaneth se cardiac specialist en toe se hy hy sal help en aparently werk baie van union se dr daar ook. Anyway nou gAan hy getransfer word daarnatoe.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account