file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #203962 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
oe julle, Ruben eet vreeslik sleg. hy moan die hele pad, knyp sy mond toe, spoeg kos uit. ai ek sien ons gaan eendag vreeslik met hom sukkel met kossies. hy wil ook NET fyn purity eet, dis dit. dan is hy happy. nou wat ek doen ek meng die purity met my kookkos dan eet hy nogal, maar ai dis 'n stryd hoor.

Dalk moet jy dit try bollie, meng bietjie purity met growwer kossies.

Kwaatjie, is M beter. shame man dit moet nie lekker wees om so klein so siek te wees nie. :(

Dragonfly, dink aan jou pappa, sterkte vir julle.

Skies bollie, sien nou eers jou laaste post :) ! Hoop sy eet bietjie beter die naweek.

wie se babas slaap nou net 1 keer 'n dag? ek sien ruben sukkel met sy laat middag slapies en hy bly regop gaan en wil dan nie slaap nie. dan is hy in die aande so moeilik dis onmoontlik om met hom huis te hou. hoop die stadium gaan vinnig oor.

oja, ek staan toe vanoggend op met 'n dik seer keel, toe ore, seer nek, presies hoe ek gevoel het laas week grrrrrrr. ek raak so de hel in. lyk ek sal dalk maar die operasie vroeer moet doen as wat ek gedink het. ai nou moet ek weer heel naweek dokter.

gaan vanaand bietjie lasagne maak, is lus vir olierige vet kaas kos :)

lekker nawekie almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203935 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

Ek moet ook amper nou waai, Riley is vandag by my mahulle se bediense want Doza Deo het kerkkonferensie so die kleuterskool is gesluit vandag.

DF, ek sal bid dat jou pa goed gehelp word en gou beter word! Ek verstaan heeltemal met die staatshospitale! ons moes al baie gaan kuier vir mense in die staatshospitale en dis maar moeilik. Die ellende is groot :(

Ons het gisteraand vir haar purity carrots en ander growwe groente gegee, maar haar bietjie geflous deur die 2 so sklempies te meng. Sy het nou en dan bietjie die growwigheid agtergekom, maar het darem meeste geet. So ons gaan maar bietjie kyk wat die beste werk. Sal ook ertjies gaan koop die naweek en dit vir haar gee om self te eet en sommer ander goete ook.

Julle moet 'n baie lekker naweek he! Gaan probeer om more vir Riley oorbelle in te skiet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203933 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Lekker naweek vir almal!! Ons het nou 'n meeting en dan is dit huis toe gaan tyd...

Dragonfly, sterkte vir jou en jou familie! Hoop nie jou pa is heel naweek in die hospitaal nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203928 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
My pa is 66, ek sal laat weet, dankie vir die gebede, sal dit baie waardeur!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203926 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
My pa is 66, ek sal laat weet, dankie vir die gebede, sal dit baie waardeur!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203909 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Dragonfly, jammer om van jou pa te hoor. Ek hoop hy word gou beter. Dis darem maar aaklig in ons staatshospitale deesdae. Laat weet ons wat se die dokters. Ek bid vir hom.

Kwaaitjie, ja jippeeeee vir Vrydag!!!

Ek sal bietjie dink aan 'n kussing vir Stefan, miskien sal ons vlg week begin. Check bietjie die thread uit wat ek geskryf het oor Stefan en bare bottom potty training gister. Ons het 'n hectic poef dag agter die rug...

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203901 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

YAY dis VRYDAG!!!!!!!!!!!!! :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Dragonfly jammer om te hoor van jou pa! Hoop hy kry goeie behandeling en word gou beter! Ons sal vir hom bid. Hoe oud is jou pa? Dis so jammer hulle het nie medies nie! Kan hulle nie maar 'n hospitaal-plan uitneem nie? Hoop die krag is nie heel dag af nie!

Bollie het jy toe growwer kos vir Riley probeer? Het sy ge-eet, of is sy steeds nie lus vir die groente nie?

Lekker dag! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account