Hallo julle!
Voetjies welkom uiteindelik! Bly jy is ook nou saam met ons hier! Jou Mia is pragtig!
Hasie geluk met die doula kursus wat voltooi is! Nou moet jy net al jou prakties doen! Eish vir Johan se werk wat so laf was! Ek sou stuipe kry!
Bollie hoop nie die verkoue hooikoors trigger nou weer jou sinus nie! Riley lyk seker te oulik as sy so vol konsentrasie rondstap!
Ai Grenaat hulle word te vinnig groot! Ons mis jou gereelde geselsies! Jou kinders is definitief spesiaal! Party kids loop so handeviervoet en kruip dan later nadat hulle begin loop het. Ander loop net. Almal verskil maar. Ons wag vir die fotos!
Dragonfly Kayla het definitief nie 'n kommunikasie probleem nie! Ek wens M wil so met tekens kommunikeer! Of dalk kyk ek dit net mis!
Ek dink dis pragtig as die klein dogtertjies oorbelletjies in het. Dis vir hulle dieselfde seer as vir ons, so dis nie so erg nie. My sus het haar dogtertjie sin op drie maande al laat inskiet en geen probleme gehad nie.
M het faringitis! Hy wou gister niks eet of drink nie, het hom gisteraand 18:00 by die dokter gehad. Siestog hy het so gehuil! Dr het antibiotika en brufen gegee. Hy is vanmore sommer stukke beter! Lag en gesels weer! Het pap ge-eet en 'n bottie gedrink. Julle hy was Maandag al 11 maande! Die tyd gaan te vinnig vir my om!
Enige nuus van Stella? Ek hoop sy voel al beter!
Lekker dag!