file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #203897 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal,

My dag het glad nie goed begin nie.

My pa is hospitaal toe vir pyne op sy bors- hulle het nie medies nie so hy is by Natalspruit. Ek was daar vir n rukkie maar konnie langer daar bly met Kayla nie. Dis regtig nie ordentlik nie!

Nou wag ek maar by die huis om verder te hoor en om als te kroon het ons nie krag nie.

Hoop julle dag is goed!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203811 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek sal ook die growwer groente probeer. Het jy al probeer om haar kos met kruie te geur? Ek gooi soms bietjie pietersielie, tiemie en knoffel in Mare se groente. Hy is mal daaroor. Ek wil ook nou begin vingerkos gee dat hy self kan begin eet. Sal net eers een van daardie vassuig bakkies moet kry, want die oomblik wat ons 'n bakkie by hom neersit, keer hy dit om.

Hasie Mare eet ook veel eerder uit ons borde as sy eie kos. Veral uit pappa se bord. Moet se manlief het 'n gawe om Mare enige iets te laat eet of drink. Seker omdat hy hom van kleins af aan alles laat proe het.

Hasie Stefan is seker nog te kort vir 'n gewone stoel by die tafel. Dalk moet jy vir hom 'n spesiale kussing oortrek en op 'n stoel sit sodat hy kan bykom. Jou ma sal jou mos daarmee kan help. Dan kan jy hom sy "spesiale stoel" laat kry en vir Claudia die eetstoeltjie. So voel hy ook nie dat hy net uitgeskuif word vir sussie nie. Koop 'n lekker dik spons en vra jou ma om te help met die oortrek. En later kan Claudia dit weer gebruik wanneer nommer 3 daar is. Net met 'n nuwe oortreksel. ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203767 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, ja nee Rilet praat ook haar eie babaschapsnees taal, sy voer yslike gesprekke, tot in haar slaap, maar net sy weet wat sy se. Ek glo dis baie belangrik :laugh:

Hasie, ek sal bietjie probeer met die groter stukkies en sien wat sy aanvang!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203755 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Bollie, dis nou snaaks dat sy sommer net opgehou het om groente te eet. Wat daarvan as jy dit vir haar in groot stukke gee? Soos vingers butternut of saggekookte julienne style wortels? Ertjies en en boontjies sommer net gaargemaak. Sodat sy dit self met haar vingers eet. Miskien sal sy meer daarin belangstel as sy dit self eet.

Stefan was so 10 maande oud toe ek opgegee het met babakos en vir hom gewone kos begin gee het. Ek het toe begin om net vir hom van ons kos in te skep, hom in sy stoel te sit en dan eet hy self. Claudia eet nog baie goed as ek haar voer, maar op die ouderdom was etenstyd 'n groot baklei tyd vir my en Stefan, toe gee ek op. Claudia moun vreeslik om by ons kos uit te kom, so sy eet deesdae eerste en dan eet sy weer uit ons borde uit as ons eet. Stefan eet nog in sy eetstoeltjie, ek wil haar eintlik daarin laat begin eet, maar weet nie wat gaan ek dan met Stefan maak nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203709 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more

Ag Kayla is net te pragtig!!! Het sy ook so rooi skynsel in die blonde hare?

Aaai, ek verstaan heeltemal, mens mis al die goete wat die kliengoed aanvang in die dag! :(

Help asb:

Madam Riley weier deesade om groente te eet. Die juffrou by die skool se sy sal dalk nog so klein bietjie eet as dit heeltemal fyn gemaak is, maar sodra dit net bietjie meer grof is, dan is dit 'n hele affere! Ek moet erken ek het meestal oor naweke Purity groente gegee, maar selfs dit stel sy nie meer belang in nie.

En ek weet sy moet nou vinnig begin growwe groente eet. Sy het glad nie probleem met vingerkossies nie, sy sal stukke goed in haar mond sit, maar not de hel groente wat gekook is en dan gemash is nie. Behlawe dalk as dit fyn soos Purity is?

Sy eet ook heeltemal al haar yoghurt en vrugte polish sy, maar groente, not de hel.

Wat kan ek maak om haar te leer growwer groente eet? Is dit dalk net 'n fase? Dis nou al so 3 weke, en die jufrrou raak bietjie bekommerd want sy kry nie groente in nie.

Sy drink snaaks genoeg die laaste ruk weer meer melk as gewoonlik. So bottel ekstra 'n dag.

Sy het bv. weer nou die dag die Purity Carrots verorber, ek dink dis omdat dit baie soet is??

Anyway, enige raad asb.

Verder speel sy nou buite in die dag saam die groter kinders, op die speelrame of altans onder hulle :laugh:

Sy speel so lekker dat die juffrou gras uit haar neus gehaal het!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203704 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Ek hoop ook dit gaan goed met almal!

Dragonfly daai juffroutjie is tog te pragtig en sy smile altyd!

Shame Hasie ek dink sy mis vir mamma te veel en wil dan net skoot sit! Dis so sleg as mens ietsie van hulle mis!

Mare se dankie vir die vet soene tannie Bollie! Hy begin hom ook nou teen alles optrek en kruip in reverse. Beland dan alewig onder iets en kan dan nie uitkom nie. :P En meneertjie dink hy kan klaar alleen staan en slaat dan elke keer reg agteroor. Het nog nie geleer om sy kniee te buig en op sy boude te val nie. :) En hy kan die vreeslikste sinne in babasjijapwanees praat! Net hy weet wat hy se. :laugh:

Lekker dag! Hoop ons sien julle later! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203699 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!!

Hoe gaan dit met almal?

Dragonfly, dis 'n pragtige foto! Daai skoene wat so groot lyk is te cute.

Paulina se Claudia het gister 6 keer self opgestaan en lank bly staan, maar die maddam wil niks weet van staan as ek by die huis is nie. Eks sommer hartseer omdat ek heeltemal uitmis op hierdie stadium. As ek by die huis is wil sy net bo op my klim, arme kind dink seker al ek verwerp haar want ek sit haar heeltyd op die grond neer sodat ek kan sien of sy wil staan en dan kruip sy net terug na my toe en klim weer op my skoot...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account