file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #203524 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar,

Ai Grenaat, ons mis jou ook!! Hoe ver is julle kantore al uitgesort? Wanneer is julle weer aanlyn?

Een van die dae kruip daai boetie. Ek het al baie vreemde kruip style gesien, so jou kids is dalk nie so strange nie.

Ek het nooit gedink baba shoots is maklik nie, maar jy sal vinnig die hang kry daarvan. Kan nie wag om jou fotos te sien nie.

Lekker daggie vir die res, ek loer nou nou weer in.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203514 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo maatjies

Ai maar ek mis julle chats :(

Hoe gaan dit? Ek probeer die posts lees maar dis moeilik op die foon.

Wie loop nou al? Bollie loop R regtig?! Wow ne so vroeg voor haar bday!

Ek het die week sommer amper getjank. Bydi huis gekom toe het R henko se winters pj's van laas jaar aan toe lyk hy so anders, so groot seun :( ek is nie reg daarvoor nie,hy moet my baba bly (sniff sniff)

Hy raak tog te oulik, begin hom nou optrek in sy kot en loop orals met die loopring. Ek lag so vir die kruip situasie want dit lyk my hy wil ook soos henko kruip,boude in die lug en plat voete. Henko het glad nie op sy kniee gekruip nie (wat nice is want die klere bly skoon :)) weet iemand hkm party so kruip? Dalk is my kids net spesiaal :)

So nou sit ek hom op sy maag en dan maak hy sy arms reguit maar ek kry nie n hel daai bene gebuig bnie,hulle bly reguit

Die shoot was okay,glad nie so maklik soos ek gedink het nbie. Sy het heeltyd gehuil en wou net dummy suig. Ek het regtig nie veel mooi fotos gekry nie. Maar sal wys as ek klaar is.

Ek is besig om ontrekkingssimptome te kry van niks internet nie ;)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203459 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello,

Welkom voetjies, Mia is te pragtig en al daai woortjies moet mamma seker baie trots maak. Kayla praat nog glad nie, sy se we'll mama mamma, maar eks nie seker of dit baba taal is of n woord-lol. Sy kominikeur op haar eie manier though, deur te wys na als om haar. Sy volg ook simpel instruksies wat ons van haar vra so ek dink die praat is stadig omdat sy tweetalig groot gemaak word, maar eks nie regtig te seker nie.

Hasie, ek sal laat weet sodra ek weer swanger is,my vriendin in Australia het my vandag laat weet sy verwag hul 2de baba en is due in Maart,maar ek dink dis bietjie ver vir jou"Lol

Hoop julle voel gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203374 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie julle, is bly ek't uiteindelik hier kom aansluit!
ja bollie, dink dis die laaste keer wat ons mekaar gesien het. ek wil so graag daai poppie van jou sien, sy lyk se cute op die foto's. Ha-ha, ja bollie, daai foto is stok oud!
hasie darem sien ek jou poppie redelik gereeld! :)
ek't reply op hasie se post, maar sien nou dat dit nie geload het nie. :(
ek het mia gevat na brooklyn mall, dink die plek se naam was ATOMIC, baie nice swart dame wat ons gehelp het, sy's baie kalm, vriendelik en het dit goed gedoen. sy vra r60.00 vir die oorbelletjies, daars n verskeidenheid om van te kies, en dis al.
ek't emla vir mia aangesmeer, maar dink nie dit het veel gehelp nie...die xperience was omtrent dieselfde as met inentings, bietjie histerie huil en dan is dit gou-gou weer verby.
mia se oortjies het nie gesweer nie, en sy karring glad nie daaraan nie.
ek is baie bly ek't dit gedoen!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203360 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Welkom Voetjies! Maar gelukkig ken ek jou al jare!! Ek moet tog vir almal ons netbal foto opsit, ek dink ons was soos Standerd 1 of iets??? :laugh:

Mia is darem te pragtig!! Ek dink ek het haar laas by Lara se pa se begrafnis gesien? Sy is darem regtig 'n mooi dogtertjie!

Ek wou ook vir Riley oorbelle laat inskiet, en my vriendin het toe gese Placecol is baie goed want hulle skiet albei ore gelyk in, maar hulle doen dit eers van 1 jaar af. Maar as jy 'n ander plek het waarheen ek en Hasie kan gaan, laat weet ASB!! By Placecol betaal jy niks vir die inskiet nie, maar jy betaal dan vir die oorbelle wat range van R100-R180 se kant.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203336 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Halloooooooooo Voetjies!!!!

Lekker om jou hier te he!! Ou Mia'tjie is te cute op daai hoed foto!! Waar het jy die oorbelletjies gedoen? En wat het dit gekos? Ek wil kyk of ek die naweek vir Claudia kan laat inskiet. Sal maar silver moet skiet aangesien ek mos so allergies is vir goud, nou nou het ek die lelike allergie ook aan haar oorgedra...

Dit herrinner my nou, ek moet nog vir Claudia vir haar 9 maande spuit vat. Sal probeer om Donderdag te gaan, dan kan ek ook weer bietjie uitvind hoeveel sy weeg.

Bollie, ek hoop jou hooikoors maak nou nie weer jou sinusse vol stories nie. Hoe gaan dit deesdae met die sinus? Ek het seer keel en loop neus, seker ook maar 'n simptoom van die seisoen verandering.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203328 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010

Goeie dag julle. Hier is ek nou. M.A.R.S.A, ek is jammer om te erken ek was ’n “roof-kyker”...ek is ingeteken op julle topic, maar net nog nie so vêr gekom om myself te kom “voorstel” nie. Ek kom nie so gereeld op moomie om te chat nie, maar sal van nou af probeer. Ek’t meer by julle topic aangesluit omdat julle kleingoed bietjie ouer is as myne en het gedink dit sal nice wees om te lees wat kom vir Mia as sy by julle kleingoed se “ouderdomme” kom!
My vinnige background is – ek is mamma van Mia. Gebore op 5 Nov. 2010, d.m.v. keiser, 2.67kg met geboorte. Sy het al 4 tandjies, eet baie goed, het verlede week uiteindelik begin kruip, is mal daaroor om te staan en te stap as jy haar handjies vashou. Sy gesels baie in baba taal en sê dan ook al 6 woorde, mamma, pappa, ouma, oupa, baba, af (as sy wil afklim of die honde moet van die banke af) en dan “gog” wat vir “gogga” is, wat my skoonma my skoonpa noem! Sy glimlag so te se altyd! Slaap al van 4 maande af deur, alhoewel sy tog 2uur rond in die bed by ons klim en tussen mamma en pappa verder slapies. Ek't ook so 4 weke terug vir haar oorbelle ingeskiet. Sy is ons eerste baba. Ons is so te sê reg vir nommer 2, maar tog bang vir die finansiële impak wat dit op mens het, maar die Liewe Vader sal besluit wanneer die tyd reg is...ek is bv. nie op enige voorbehoeding nou nie, so wanneer dit gebeur, gebeur dit. Ons het baie lank “gesukkel” om swanger te raak, ek was 1 ½ jaar nie op voorbehoed nie, maar ek dink ook te gretig om swanger te raak en die dag toe ek besluit ek tel nie meer dae nie en gee moed op, is ek basies 3 weke later swanger gewees! Mia sou nadat ek terug gekom het werk toe, net vir so 2 maande by my skoonma gebly het en dan sou ek ’n stay at home mommy geword het, maar dit was toe nou nie vir ons so beskore nie (het ons verlede week finaal gehoor), so sy bly by ouma tot einde van die jaar en volgende jaar sal ons haar in ’n skooltjie sit...tensy ’n miracle maak dat ek ’n stay at home kan word!
Sy was gister vir haar 9maande inspuitings en weeg nou 9.66kg.
Dis die kort van ons 2tjies...ons gesin word voltooi deur pappa l.o.u.r.e.n.s!
Ek sien uit om nog lekker met julle te gesels!
...op die foto eet sy bietjie paella en die ander ene speel sy met my broer se hoed.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account