Goeie more almal,
julle, ek is niks lus vir werk.....eks mooi gatvol vir werk-wens steeds ek kon net bedank
En dan voel dit in elkgeval of ek vanoggend net weer "fires fight"
Kayla het nou n loop neusie...sug - altyd ietsie
Syt gestraand 5:30 gaan slaap en eers 11:30 wakker geword so die arme mensie het nie eers aandete geeet nie....
Hasie, ek wens ek was weer swanger....nie dat ons in dieselfde area bly nie

maar dit sal awesome wees as n vriendin jou deur dit sien en help!
Sterkte-hoop jy kry sommer baie kliente....
Is die ekseem darm beter in die somer?
Christa, ek voel jou pyn met ou Mare wat 3 tande sny - Kayla se 8ste tand moet oppad wees, sy Drool woes maar ek sien niks -behalwe as ek dit net mooi mis kyk.
Sy staan nou mooi met rukke....maar nog net die ou 2 treetjies gegee daai een keur. sy is haastig - wil begin hardloop as ek haar neer sit en dan val sy vorentoe!
Granaat - ons wil graag daai fotos sien. hoe voel jy?
Julle ek oorweeg om n lingerie photo shoot te doen die einde van die maand,maar dink ek sal 2 glase wyn moet inhe, en ek drink nie eers nie....dis darm n vrou fotograaf maar ek is nou darm ook nie die model tipe nie....sal maar sien.
Bollie, hoe was die Birthday party?
Stelle, is Xander darm nou beter?
Aai julle, wanneer kom ons weer bymekaar.....ons moet plan maak voor die kinders skool begin.