file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #52677 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Lily, ek hou baie van die naam!!! dis is so mooi.

Anina, jy klink vir my baie wys! dis 'n wonderlike idee.

Ashleigh, ek het vir jou 'n bdskp op Facebook gestuur maar sien jy is reeds deel van ons op Okt se groepie! LOL sorry

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52634 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Lily, ek verwag 'n dogtertjie! Haar naam is Claudia en sy gaan haar ou boet 'n goeie go gee, want sy skop my al van vroeg vanoggend af!!

Ek het self laas jaar baie gesukkel met die mediese fonds. Toe gaan ek op medihelp se neccesse plan op, dis hulle netwerk opsie, so jy kan net sekere dokters en hospitale gebruik. Nou spaar ek R1000 pm en ek sit dit in 'n aparte rekening sodat ek dit kan gebruik as die medies nie vir iets wil betaal nie. So ek het basies my eie mediese spaar rekening begin maar het nog steeds die volle dokters dekking en hospitaal cover vir as iets fout gaan. Die medies het nog nie een van my ginikoloog ondersoeke betaal vir hierdie swangerskap nie, al is hulle veronderstel om party daarvan te cover, maar ek het gelukkig die ekstra geld om dit mee te betaal...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52626 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:Oktober mammies 2010
Lily - dit is 'n mooi naam.

Ek en my man het ook al besluit - Ons dogtertjie gaan Hermione wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52609 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie vir die moeite met ons lysies Ralmarie en Christa! Aan my kant, wil graag normaal en borsvoed, het dogtertjie se naam gekies - Ilse. :)

Christa, jy lyk "proudly South-African" op nuwe profile foto. :laugh: Skuus, nog nie by jou fotos / mail uitgekom nie...

Jy's meer as welkom Anina, ons is nou eintlik al 'n kombinasie van Sept, Okt en Nov. mammas hier. Maar die rugbyspelertjies loop nog ver voor die cheerleaders, verwag jy seuntjie / dogtertjie?

Ook gesukkel met mediese fonds vanoggend - wil graag midwife assisted birth hê maar nou betaal hulle nie vir die ante-natal afsprake nie! :angry: Wonder wraggies partykeer waarvoor betaal mens oor 'n duisend rand elke maand as jy nog steeds soveel bybetalings het....

Carmen, jy moet dit gate uit geniet vir ons almal anders se part ook! :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52604 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Christa, elkeen het sy eie voorkeure, gelukkig het ons deesdae soveel wonderlike opsies!

Ashleigh, ek wil ook borsvoed, ek het vir Stefan gevoed tot op 6 maande, toe het dit net te erg geraak met werk en alles. Ek sal dit beslis weer 'n go gee die keer, hopelik werk alles weer mooi uit.

Gerne, dankie, ek sien die datums gaan sommer van September tot November, 'n lekker wye groep!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #52592 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ag dis so lekker om so baie girlies te wees! more babies
(behalwe dat Ash & Anina die dogtertjie syfer NOG MEER opskuif! LOL)
o ja, maar hier is mos meestal seuns, so julle dogtertjies is baie welkom :P :silly:

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52576 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek was maar lekker stil die laaste tyd. Ek is so besig om die oomblik.

Ek wil graag normaal/epidural. En ek wil borsvoed.

Anina ek het ook so feeling my kleinding gaan Oktober kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account