file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #52571 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ah Ralmarie, jou lucky ding! wens ek kon al so ver gevorderd gewees het met beddegoed!!! Kan nie wag om die uitproduk te sien nie.

Dankie vir die raad oor bond choice!

Hi Anina - so bly jy join ons ook hier. kyk so een bladsy terug dan sal jy al die dames se naampies sien op ons lysie met die datums ens.

Jis ek sien vandag is daar klomp BFP's op die site, dis so wonderlik!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52566 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Sjoe, dit klink fantasties! Normale geboorte is onglukkig uit vanwee my ouderdom en omdat my eerste swangerskap is. Ek is reeds 38, word kort na baba se geboorte 39. Risiko is blykbaar te groot. Gelukkig verkies ek in elk geval 'n keisersnee so dit pas my uitstekend!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52542 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Christa, hypnobirthing is 'n metode waarvolgens jy jouself ontspan tot op die vlak waar dit as self hipnose beskou kan word. Dan laat dit jou toe om heeltemal te konsentreer op die geboorte proses (sommige mense se hulle kan tot 'n mate die baba deur die geboorte kanaal voel beweeg) en alle ander invloede uit te skakel.
Deur dit te doen skakel jy alle vrees uit en so kry jy dit reg om nie adrenalien af te skei nie. Adrenalien veroorsaak dat jou spiere styf trek en dis waar die pyn wat met geboorte gepaard gaan vandaan kom. So nou laat jy eerder jou liggaam toe om totaal te ontspan en die natuurlike endorfiene af te skei sodat jy normaal en sonder pyn kan kraam.

Ons was laas naweek op die kursus en dit was regtig vreeslik insiggewend! Veral die deel oor hoe jou baarmoeder gebou is en hoe die spiere werk. Dit is regtig amazing hoe goed God ons aanmekaar gesit het!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52503 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Anina en welkom hier! Die klomp is bietjie stil vandag, maar jy kan gerus hier inval! Wat presies is hypnobirthing?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52492 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Ralmarie, ek kna nie wag om daai duvetjie te sien nie! Dit gaan so mooi lyk! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52486 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello julle, ek is eintlik deel van die November mammas groepie. Maar my due date kom al hoe nader aan Oktober en siende dat my seuntjie op 38 weke gebore is, het ek gewonder of ek dalk bietjie hier by julle kan inval. Ek sien darem Gerne, Petro en Ashleigh is ook hier...

Ek is nou 19 weke swanger, amptelike due date vlg laaste menstruasie siklus is 7 Nov. Ek beplan om 'n normale geboorte te he en gaan Hypnobirthing doen om dit bietjie makliker te maak.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #52474 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne die maklikste is om bondchoice te bel. Hul skakel jou terug en se wat jy alles nodig het. Dan kyk hul vir jou watter bank die beste rentekoers gee en doen al die werk vir jou. :)

Christa ja dit kan mens nogals lekker kwaad maak. Veral as die hormone ook nog saamwerk. ;)

Ek het nou my hele duvetjie geborduur, maar moet nou die blokke en stroke vaswerk. Sal eers weer my masjien moet afstof. :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account