file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #203103 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Ek stem saam, ek verkies my familie gebonde man, hy het nie tyd om my te verneuk nie, want hy's te betrokke by die kids.

Ek het my doula kursus klaargemaak die naweek!! Baie opgewonde om te begin geboortes doen. Ek gaan Oktober bietjie by Genisis begin werk so 2 dae 'n week om ervaring op te bou en dan moet ek verder my eie kliente soek, so as julle weet van iemand wat reeds swanger is en 'n goedkoop (R500) trainee doula soek, gee vir hulle my details asb! Ek wil soveel as moontlik verskillende geboortes doen so even keisers ens, is all fine...

Grenaat, kom wys fotos!!!

Dragonfly, lekker om van jou te hoor, hoop dit gaan goed met Kayla.

Kwaaitjie, arme seuntjie!!! 3 tande op een slag is nie grappies nie. Arme mamma ook, hoop nie hy slaap te sleg nie.

Claudia het nou 'n erge krisis in haar lewe. Sy sukkel om haar staan en loop mylpaal baas te raak, en sy het skeidings angs. So sy slaap baie sleg! Ek was gisteraand seker 8 keer op om haar te gaan stilmaak. Ek voel soos 'n zombie vandag.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203095 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Dragonfly ek se ook hiep hiep hoera vir onromantiese tv addicted mans eerder as 'n affair! Shame dis regtig hartseer! Hoop dinge werk vir hulle reg uit! Sterkte! As dit 'n onbewustelike keuse is, dink ek dis sommer great! Ek vermy russies en onderonsies soos pes. Ek is definitief 'n "lover", nie 'n "fighter" nie! En ek is mal oor vrede vir almal! Hoop dit gaan nog goed met Kayla! Wanneer sien jul weer die chiropractor?

Bollie hoop die verjaardag partytjie was groot pret! Was die res van julle naweek darem lekker rustig? Hoe voel jou sinusse?

Grenaat hoe het dit met jou eerste photoshoot gegaan? Jy moet asseblief kom wys! Ons wil vreeslik graag sien. Hoe voel jou sinus en wanneer gaan jy vir operasie?

Hasie hoe was julle naweek? En hoe gaan dit nog met Abby? Het sy al heeltemal aangepas en geniet die kinders haar?

Stella hoe gaan dit met jou? Wat se die dokter? Gaan dit nog goed met Xander?

Ons naweek was redelik rustig. Saterdag was 'n heerlike amper somer dag! Ons het met kortmoue geloop en M was 'n slag kaalvoete. Die arme ou seuntjie sny drie tande gelyk! Mensig hy is skoon mislik vir homself! En hy gryp alles en byt dit en die hele wereld is vol spoeg! Hy het mos twee onder en dan die een voor links bo. Die een regs en dan die twee weerskante van die boonste twee voortande kom al drie gelyk uit. Hy was gister so moeilik dat ek nie eens kerk toe is met hom nie. So ek het nagmaal gemis. :P Die vreugdes van ouerskap!

Hoop almal het 'n lekker dag! :lol:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203051 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai ek mis ook altyd die aksie, moet se, ek mis sulke dinge selfs as dit in lewende lywe voor my gebeur-meskien is dit n onbewistelike keuse! En ek voel ook jammer vir mense wat nie God ken nie.

Julle, eks eintlik bietjie teleurgesteld, 1 van my naaste vriendinne se pastoor man het n sogenoemde afair aangeknoop met n vrou in kaapstad om FB. Hulle gaan nou vir berading! Dis net vir my regtig hartseer en ek weet ek moenie judge maar WTF? Dan vat ek maar eerder my onromantiese, tv addicted man...lol! (Kyk pirates of the caribean op die oomblik)

Sterkte met fotoshoot Granaat, ek weet sommer dit sal goed gaan.
Hoop sinus word beter.

Bollie hoe is jou neus?

Aai julle ek nie als gelees, so jammer as ek iets belangrik gemis het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203024 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

O my genade!!! Mense kan tog so vreeslik baklei vir nisk nie! Sal bietjie gaan lees :P

Ekke gaan nou oppak, julle moet 'n lekker naweek he!! Ons het more my vriendin se seuntjie se 2de bday party aan by Spur :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202970 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hahaha Bollie! Die hele thread het gegaan oor statuses wat mense op fb sit. Soos wens jou man of kinders geluk met hul verjaardag en dat jy lief is vir jou man, of dat jy hartseer is en ek weet nie wat nog alles nie. Toe begin daar op van die moomie mammas geskimp wat snaakse vrae op moomie se fb blad gevra het, soos een oor haar kind se "winky". En ander wat vra dat daar met kompetisies vir hulle gestem word en hoe annoying dit is en dat hulle sulke mense sommer wil defriend en so. Later het dit ontaard in 'n lelike moddergooiery en is daar name ook genoem. En nie een is regtig bereid om terug te staan en skuld te erken en verskoning te vra nie, want almal se ou egotjies is mos nou gekrenk.

Van die moomies voel hulle is persoonilk aangeval en beledig. Moet se ek sou ook so gevoel het oor sommige van die goed wat kwyt geraak is! Maar ek dink mense steur hulle te veel aan wat ander dink en se oor hulle.
Dis hoekom moomie nou so stil is. Almal is dikbek en op moomie strike.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202969 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, jy slaan die spyker op die kop!!!!! Ek sou nooit in myself gelukkig kon wees as ek nie my geloof in God gehad het nie. Ek voel ook hartseer vir mense wat altyd so obviously soekend is en net nooit vind nie, al hang die antwoord op 'n bordjie voor hulle oe. Partykeer wil ek net vir hulle se, maak oop jou oe en neem HOM aan, jou lewe sal nie weer dieselfde wees nie!!

Bollie, daar was 'n thread gewees oor stuff op facebook en dit het bietjie lelik geraak, toe begin die chicks modder gooi en mekaar sleg aanvat. Nou kruip hulle almal weg...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202962 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja, mens kan nie glo dat die hele "karma" storie alles so kan laat hand uitruk nie! Dit alles kom net weereens vir my op 'n gebrek aan selfbeeld uit. Wat ander van my dink, maak my 'n sukses of nie. Dis so stupid! As mense net wil besef dat ander se gedagtes oor hulle of wat ander van hulle se nie gaan bepaal of jy enigsins sukses behaal of erens kom of bloot gelukkig is nie, sal die wereld darem 'n wonderlike plek wees! Om gelukkig te wees le binne ons self en om suksesvol te wees of wat ook al, le ook binne ons self. Dis so ironies dat die "miss popularity's" nie een in God glo nie. Hulle is nie ateiste nie, maar hulle glo ook nie. Ek voel soms hierdie ongelooflike diep seer vir mense wat nie God se rol in hul lewens besef nie. Sonder Hom sou ek 'n niks gewees het nie. En heel waarskynlik vermoor deur my eks.

Ag tog, nou het ek hier 'n hele preek gelewer! Sorry! Ek voel net so sterk daaroor. Sorry as ek op tone trap! (Maar ek glo darem nie) Dis nie so bedoel nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account