file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #202899 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Die regte lasagne pasta Bollie, daai plat velle. Ag vra jou man om sy geheime resep te deel asseblief? Net wat hy alles insit, ek sal die mates kan bemeester. Dink ek. ;-O

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202897 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallos

Hoe gaan dit nog in die land van moomie? Ek sien n fight by die ladies corner,wat gaan aan? Sien hul praat van klieks en ek dink dit is so waar. Daar is n groepie leerlingraad lede hier en n paar wat ffight vir hoofmeisie ;)

We'll ek voel vandag baie beter, was amper die hele week by die huis met sinisitus infeksie.die dr se ons sal moet opereer maar dis okay as ons dit later doen want dis n moeilike tyd vir my bydi werk.

Oe ek neem more n 2weke babatjie af,sherbet ek is nervous,dis my 1ste shoot en ek weet nie of ek reg is nie. Gelukkig is dit n vriendin so dis okay!

Rubies raak nou lekker aktief. Hy beweeg oor sy bene as hy sit,gaan le dan op sy maag,rol om en sit weer regop :) en dis nou hoe hy hom kry waar hy wil wees LoL dink kruip is naby maar lyk die arms is nog bietjie vlou :)

Lekker daggie vir almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202892 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Lekker om te sien julle is hier om te chat vandag!!

Ek het die gr 9 klas (aakligste klas in die skool) vir 4 periodes gewen na mekaar vandag, en dis die eerste 4 periodes!!! Een juffrou is afwesig en die twee periodes wat hulle by haar moet wees is my enigste 2 af periodes in die week, nou sit hulle by my en dan sou ek hulle inelkgeval vir Wisk gehad het vir 2 periodes.

Hulle is besig met "propability" so ek laat hulle coins flip (1000 keer!!) en dobbelstene rol om te toets of die propability wat ons gister uitgewerk het korrek is. Daarna gaan ons die kans om die lotto te wen uitwerk en dan gaan hulle elkeen 'n lotto kaartjie invul en dan sal ek die kaartjies gaan ingee en betaal. En as ons wen split ons die geld.

Kwaaitjie, hoop jou sinus infeksie word beter vir die naweek. Jy moet maar viral choice of iets saam met daai antibiotika gebruik en probiflora om te sorg dat dit nie jou immunsisteem afbreek nie. Ek haat antibiotika!!!

Bollie, geluk met die teken! Mens het op die ou end genoeg geldjies vir alles en dan wonder jy hoe die hel jy dit regkry. Maar dis waar wat Kwaaitjie se, vind uit wat die versekering vereis sodat julle kan tralie deure insit en die regte diefwering, anders gaan julle dit moet oordoen as julle intrek. Sterkte met die bouery!!

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202889 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

Kwaaitjie, my man mak die flippen lekkerste lasagne in die wereld. Hy maak sommer uit sy kop.

Bedoel jy die actual lasagne gereg of die actual lasagne (om die pasta te maak?)

Ek het nog nie die Clicks brand gebruik nie, inteendeel ek het nog niks anders as Pampers gebruik nie, miskien moet ek ook maar probeer veral vir in die dag.

Hoop jopu sinus klaar sommer baie vinnig op!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202882 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Hasie ek glo julle sal die finansies he vir Stefan vir kleuterskool! Bly jy kon 'n plek in jul omgewing kry waarvan jy hou en wat jou sak pas! Dit help darem baie! Geniet Stefan nog die swem? Onthou nou om jou laptop by voetjies te gaan aflaai!

Bollie moet lag vir julle wat jul hele lewe wegteken! :lol: Gelukkig beskerm die meeste van die voorwaardes en bepalings jou as aankoper ook. Bly julle het geteken en dat die hele bouery nou kan begin! :woohoo: Jul eie huis! Lekker! Toemaar as die hele aankoop en registrasie en dan die oordrag betaal is, bly net die paaiement oor. En ek glo julle sal daarmee kan cope! Onthou om by jul versekering seker te maak wat hulle vereistes is om inbraak en diefstal skade te dek. Doen dit dan as deel van die bouery en moet dit nie agterlaat vir addisionele dinge na julle klaar laat bou het nie. (sorry, ek probeer nie "miss-know-it-all" te wees nie, maar dis iets waaraan baie mense nie dink nie.)

Bly dit gaan beter met jou sinus! Ek dink jy gaan eers regtig die verskil agterkom wanneer julle die allergie uitgeskakel of onder beheer het. Krokkie laat mamma seker lekker hardloop met haar stappery! Nou word daar seker honderdmaal per dag "nee" vir haar gese! :laugh: Ek kan net sien hoe loer sy jou so onderlangs om te sien of jy nou ernstig is of nie! :P

Wens M wil begin loop dat hy bietjie my boude in shape kan kry! :cheer: Hy is nog lekker lui vir kruip of loop. Skuif op die boude en as ons naby is, wil hy net staan. En dan ruk hy sommer skielik sy hande los om self te staan. Wille kind!

Ek het 'n ouvrot sinusitus wat keel-ontsteking en 'n vieslike hoes veroorsaak. Is nou op 2de kursus anti-biotika (skoon penisilien die keer). So my gestel is vodde! Maar dit gaan nog goed! Pappa en M is gelukkig gesond.

Het enige van julle al Clicks brand doeke gebruik? Dis op special tot die naweek. Grootte no. 3 is 58 en grootte no. 4 is 50 in 'n pak. Die pakke kos R 83.99. Ek oorweeg om so pak te koop om deur die dag te gebruik. Met die dat hulle so baie doeke by die dagsorg gebruik, koop ek die goedkoopste wat ek kan kry wat darem nie te hard en plasties is nie. Dit moet darem kan asemhaal.

O en het enige van julle 'n lekker maklike lasagne resep? Ek wil dit maak, maar al die resepte is super lank met hordes bestanddele en ek het te min tyd daarvoor. Maar ek wil regte lasagne gebruik en dit moet tog net nie 'n loperige waterige spul wees nie! Ja ek weet! Lekker vol fiemies! :blush: :)

Lekker dag! :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202764 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

Sjoe maar dit was stil hier!

Ek het eers so half 1 vandag by die werk gekom, ons moes gaan papiere teken by die prokureurs en is toe na die Developers toe.

MENSIG en daar teken mens mens se hele lewe weg! Dis so scary :unsure:

Ag anyway, dis nou gedoen, so nou gaat ons net betaal laat ons hop! :cry:

Verder het ek nie veel nuus nie, net dat Krokkie aan die gang is en sy die wereld vol loop. Nog nie vinnig nie, maar sy kruip omtrent nie meer nie, loop nou en draai om en verander van rigting ens. Maak my mal :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202729 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal!

Ek se net gou hallo voor ek ry, vandag is my vroeg huis toe dag omdat Stefan swem.

Hoop dit gaan goed met almal, dis baie stil hier!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account