file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #202258 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010





hallo julle

ek het sowaar nie van julle vergeet nie - dis net absoluut te besig gewees by ons. maar ons haal asem en alles gaan goed.

hoop dit gaan goed met julle almal - ek kan regtig nie al die post lees nie.

xander het nou 5 tande - en kruip en staan die hele wereld vol

hier is so paar fototjies

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202250 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Gelukkig voel ek baie beter vandag, net gereed om my laptop te stuur vir vlieglesse want die ding frustreer my geweldig!!

My party was great!!! En ek het nou groen naels vir 'n rukkie!! Het dit groen gemaak om by my outfit te pas, maar Johan het my gestick vir 'n manicure, toe sit ek sommer groen gel op. Die kids by die skool dink eks baie funky.

Grenaat, bly die kids is bietjie oor die verkoues.

Kwaaitjie, kon jy toe daai vrou in die hande kry? En kan sy jou help?

Bollie, geluk met R se tandjie, hoop hy is nou al heeltemal uit. Klink of julle ook julle party's geniet het.

Claudia het gisteraand regtig mooi gestaan, vir 'n hele paar sekondes. Lyk my sy raak al beter en beter. Stefan wil net he sy moet loop. Hy vat haar hand en dan sleep hy haar, ek vat gewoonlik die ander hand en dan moet ek net mooi keer dat hy nie te vinnig loop nie. Dan se hy: kom sussie, mooi mooi sussie. Te cute!!

Lekker daggie, ek loer nou nou weer in.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202240 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Sjoe Hasie dit klink erg! Urgh en anti-histamiene kan mens nou lekker deurmekaar maak! Hoop jy voel beter vandag! Het jy darem jou verjaarnaweek geniet?

Hoop almal het 'n lekker dag!

Gesels later weer. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202215 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek het nie verdwyn nie, net my 30ste jaar afgeskop met 'n woeste allergie aanval en toe met al die anti histamiene in my sisteem was ek so deurmekaar dat ek my laptop by die huis vergeet het. En toe reload ek opera op my foon en sukkel heeldag om enige iets reg te kry.

Sal môre weer kom chat.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202203 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek like jou hoed! Glo dit was groot pret met al die hoede daar! Riley is darem so cute! Sy lag te pragtig daar langs haar vriendjie Riley! Regte cutie pie!

Ag Grenaat ons mis jou net so! Dis sleg dat julle nog steeds sukkel! Bly die ou seuntjies voel darem beter! Gelukkig begin die winter se tyd nou min raak, dan voel almal sommer weer beter! Hoop jy kry die ou verkoue afgeskud! Toemaar ek was verlede week so depro! Ook maar hormone! Rosy het kom kuier en al haar susters saamgebring! Uuuuggghhhh!!! Lekker ou pms.

Jislaaik hier waai 'n stormwind! Die plase waai hier reg voor ons kantoor verby! En dis sommer bibber koud!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202201 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallos daar

Ag jammer ek is stil,mis jul so.

Gaan goed hier,kids baie beter en Rubies is oor sy verkoue, Henko nog so bietjie snotterig,ek nog vrot van die verkoue :( hoop maar dit gaan gou weg.

Ek gaan nie veel chat nie want ek is in so depro vandag,wetie of dit hormone is of wat nie,jammer ek wil jul nie ook saam my aftrek nie.

Hoop al die kids is gesond en kan nie wag om ordentlik op te vang nie

Liefde

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #202183 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley en my vriendin se seuntjie wat ook Riley is:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account