Sorry Bollie! Ek's sommer slegte geselskap en moanerig, nou bly ek eerder stil.
Shame Hasie ek sal glo jy raak gespanne oor die ophou werk! Mens wonder pal of jy dit finansieel gaan maak en wat sal ek kan opgee om dit te probeer maak! Sterkte! Maar ek weet God het met 'n doel hierdie pad met jou gestap en Hy sal dit tot aan die einde met jou stap! Vasbyt en glo net!
As 'n reel ruil ek M se doeke elke 5 uur, tensy sy maag gewerk het. Dan word dit dadelik gedoen, anders brand sy boudjies. En ek smeer permanent Fissan paste aan. Nie Bum cream nie, die dik paste. Dis uitstekend vir boudjies! So GEEN brand boude. Ek stuur 'n vol pak (gewoonlik 50)(goedkoop = Cuddlers / Pampers Sleep & Play(geel pak) of Huggies Dry(rooi) saam. Dan word daar in minder as 2 weke weer doeke gevra! Dis 25 doeke minimum per week wat uit 5 dae bestaan! En dis net van 08:00 tot 17:00! Ek sit elke oggend 'n droe doek aan en na bad 'n Pampers Active (blou) doek. Dus 7 doeke per dag!

Belaglik! En ons kan niks daaraan doen nie.
Dankie Bollie, ek hoop ook so! Die oulike vrou hier in wollies kan my eers volgende jaar help. Sy vat net 5 kids. 2 gaan vlg jaar kleuterskool toe en ek is eerste op haar lys! Ek skat haar so tussen 35 en 40,

Nou gaan ek maar by 'n tannie in Klerksdorp hoor om tydelik te help. As sy nie kan nie, bedank ek sommer en maak self my kind groot! (HAhahahahahaha Wishful thinking!!!!!!)
Ons het gisteraand sommer melkkos ge-eet. Toe kry M ook en hy was mal daaroor! Ek het net so lekseltjie kaneelsuiker vir hom oorgegooi. Hy het omtrent gesmul en met sulke groot oe die bakkie dopgehou om seker te maak daar is genoeg! Te dierbaar!
Ek is nie meer op fb nie. Manlief het nog altyd issues met die privaatheid daarvan gehad en toe iemand nou die dag by die werk iets oor my en fb vir hom se, was hy woedend. En toe besluit ek net fb is nie so belangrik in my lewe nie. Ek sal dit met 'n smile vir my huwelik opgee. Dus sal julle maar so nou en dan hier 'n foto moet kom opsit dat ek darem ook die kleingoed kan sien asseblief! En vir julle!
En hoe lyk julle verjaardag planne vir die kleingoed al? Ek weet nog nie wat ek wil doen nie, is net seker dat ek 'n "1" koek gaan bak. Sal nog maar sien verder. Van ons klompie wat heir oor is, is M mos eerste in die ry en dan A van HV. En verder? Het iemand dalk nog 'n lysie van die geboorte datums?
Lekker dag en Lekker naweek ook vir almal!
Net reg vir kattekwaad!