file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #202182 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202181 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Aaai, lyk my dis omtrent net weer ek vandag :unsure:
Ek en my hoed vir my vriendin se bday aprty Sat:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202120 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!!

mensig maar die baie baie koud in Pta vandag!! En dis bewolk en reenerig! :S

Die naweek was baie lekker, my vriendin se uiteet was ook baie lekker! Ons moes 'n funky hat aantrek :)

Sal fototjie opsit.

Kwaaitjie, ag ek is bly as daar vir jou dalk uitkomskans is met sorg vir Mare.

Kom ons hou duim vas die vrou kan jou help tot en met Januarie! :pinch:

Riley se eerste tand begin verskyn, toe ek Sat oggend my vinger in haar mond kry, toe voel ek die riffeltjies!

So nou het Riley ook darem miskien binnekort haar eerste tand! Agteros kom ook in die kraal :laugh: :rock:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #202104 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Hasie hoop jy het 'n heerlike 30ste verjaardag en naweek gehad! Ek is seker Johan het jou lekker bederf! Kom vertel!

Bollie daardie Garfield is baie mooi! Dit gaan 'n great koek maak! Julle sal vir Riley 'n groot sagte Garfield moet gaan soek! Regtig 'n oulike verjaardag idee!

Ek het toe Vrydag die een vrou met die dagsorg gaan sien. Sy vat net 5 kids op 'n slag en is tans vol, maar Januarie gaan twee kleuterskool toe, dan sal sy my kan help. Intussen sit ek nou nog tot Desember met 'n probleem! Ek gaan nou 'n tannie in Klp vra wat na my sus se kids gekyk het. Sy is ook al oor 70, maar nog gesond en aan die gang. En haar dogter bly by haar, so sy is nie alleen nie. As sy my tydelik kan help, is my probleem opgelos! Ek gaan haar gou vanaand sien. M begin al meer praat! Dis heeldag net "pappa", "baba" en dan "oupa" en "ouma". En toe begin hy met "ba", wat ek agterkom is "bal". En mamma is "maba" of so iets. En hy staan nou mooi op sy kniee in kruip posisie. Moet nou net leer vorentoe. :laugh:

Ek hoop dit gaan goed met al die stil mammas! Waar is julle? Gaan dit so dol? :huh:

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #201934 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Garfield
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #201933 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink hulle kry 'n hartaanval as ek daar aankom met lap doeke! Hulle dink dis uit die oude doos! Het hulle van julle lapdoek mammas vertel, toe ly almal aan skok! Want hoe kan moderne vroue lapdoeke gebruik! Ek het my simpel gelag! Dis mense wat ook dink internet is van die duiwel! Toe ek nou die dag vir die oom verduidelik dat probi.flora die kieme in jou maag herstel en daarom vir diaree en hardlywigheid kan help, het hy die onderwerp verander. Hulle het in die hospitaal vir die tannie probi.flora pe.ad gegee vir 'n loopmaag en nou glo hy vas dis om jou maag te stop. Die "ignorance" (kan nou glad nie die Afrikaans onthou nie!) van mense is skrikwekkend!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #201932 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier's ek!! Meeting gehad!

Kwaaitjie, ons het dieselfde met die doeke.

Ek moet elke dag 6 doeke inpak, en dit word gebruik. So dis 6 doeke in die dag, dan een in die nag, en dan die oggend voor skool. So ek koop elke maand 2 van daai groot Pampers no 3, ek dink dis meer as 90 in 'n pak? Ons gaan deur 2! :(

Dit grief my! Maar ek verstaan ook. Daar is ma's (ek het hulle al gesien) wat so pedantic is en so vol dinges is, dat die skool hulleself beskerm en eerder dit so baie ruil en dit maar 'n standaard practice maak :dry:

Genoeg gekla van my ook!

Hasie, jy moet 'n FLIPPEN lekker 30ste he!!! Myne is in Oktober! :rock:

Ons het wel 2 30ste parties more aan! Gaan eers na die een en dan na die ander. Riley slaap bietjie oor by Ouma en Oupa!

Vanaand kom my vriendin van die Kaap ad bietjie vir my kuier!

Riley se bday is op 22 Oktober. Xander s'n is mos op die 20ste Oktober!

Mare is eerste, dan is dit Andre en Kayla, dan is dit Xander en Riley en dan is dit Ruben en Claudia as ek reg is :P

Ek het besluit op Garfield! Sy is vasgevang as Garfield op is, ek dink dis die feit dat een groot bright geel figuur op die TV is :laugh:

Ek sal gou die prentjie aanstuur wat ek gaan gebruik vir die uitnodiging ens.

Ek weet dis nie 'n "girlie" theme nie, maar al die ander themes is gevat en ek dink Riley se personality en Garfield gaan goed saam! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account