Hallo julle!
Sjoe ek gaan probeer om alles te onthou, as ek iemand of iets vergeet is dit nie opsetlik nie.
Bollie geluk met die ses tree! Sjoe Riley word nou te vinnig groot! Duidelik is pappa en dogter baie lief vir mekaar! Geluk met jou vriendinne se swangerskappe! Hoop hulle geniet dit!
Hasie geluk met die alleen staan! Bly om te hoor Stefan se ekseem het so mooi verbeter en hy is die pad na herstel! Die rysmelk as oorsaak maak vir my ook nie juis sin nie, maar duidelik was dit sy probleem! Hoop julle laaaaang naweek was pret! Lekker vir die stil Vrydag by die skool! Kon jy toe al jou oplees werk doen, of is daar nog?
Grenaat dis belaglik wat die huis se verf julle sou kos! Mense wil vandag net vinnig ryk word en so min as moontlik doen! Die R15000 klink vir my redelik, weet sommer julle plek gaan pragtig lyk! Is julle kantore al reg, of stoei julle nog? En hoe gaan dit met die seunskinders? Hoe voel jou nek en sinusse?
HV hoop Rachelle het 'n heerlike verjaardag en dan partytjie gister gehad! Hoe gaan dit met Andre en die boetie en sussies? Hy geniet dit seker vreelik om so saam met hulle te speel!
Dragonfly voel Kayla al beter? Lyk dit of die oefeninge help vir haar? Ek hoop jy het bietjie geslaap!
Ek was Donderdag en Vrydag af met sinus ontsteking en moes Vrydag gaan vir glukose en insulien toetse en nog 'n volbloed-telling. Dokter is raadop met my chroniese moegheid en ek is raadop met myself en hom al die hordes pille en goed wat ek moet sluk en niks help nie! Dit kos my letterlik duisende rande, want die medies betaal mos nie vir vitamien aanvullings nie. So ek is moeg EN brankkrot!
Genoeg gekla!
Ons naweek was baie lekker! Ons het Saterdag so met Mare gespeel dat hy al 18:00 omgedop het vir die nag! Bygese ons was al van 05:00 aan die gang! Hy begin hom nou teen my optrek as ek by hom op die vloer sit. Staan ook nou in kruip-posisie, maar die hande en voete kommunikeer nog nie so lekker nie!

Ag julle hulle is darem so bierbaar!
Lekker dag!