More julle!
Grenaat bly jul naweek was so lekker! Jammer die ou seuntjies is siek! Ag en dis so goor as hulle neuse so toe is! Hoop regtig altwee voel sommer gou beter! Ek het ook eenmaal so van perseel verskuif by een plek wat ek gewerk het. Ons moes self die trek hanteer ook (5 vrouens), so ons rue was af daarna! In elk geval die plek waarheen ons toe geskuif is was so donker hool! Dit was voorheen 'n "nagklub" vir onder 18's. Die plek was nie baie oud nie, maar dit het my skoon die ritteltit gegee en dit was boon-op vensterloos, behalwe heel voor by ontvangs. En toe ek mooi gatvol is vir die omstandighede en die bestuurder wat in die kantore rook (die rookwet het toe net in werking getree), gaan werk ek as bestuurder by 'n restaurant. Lekker roekelose besluit, want toe het ek geen medies of pensioen, maar ek was minstens gelukkig! So sterkte vir die aaklige kantore en verkeer en ons gaan bid dat jy spoedig iets kry waarvan jy hou! Ons mis jou gesels, kom loer asseblief weer in!
Bollie, ja ek is in "selfpayment gap"! Sien ek het so net meer as 'n derde oor en dan gaan ek die medies bietjie roer! Ons betaal 'n hoe premie en dan is daar nou nog die gap ook! Sal seker oorleef! Dit vreet net my ou spaargeldjie so vinnig op!

Die gautreinrit klink heerlik! Kaartjies klink ook nie so duur nie. En toe steel hulle die kabels Dinsdagnag! En daar staan die gautrein! Eg Suid-Afrikaans!

Mensig maar jy ry vreeslik baie! Sjoe 'n tank 'n week! Ons is regtig bevoorreg om 'n firma voertuig te he!
Hasie ek hoop jy kry al jou boeke opgespoor! 2de hands is darem nie sleg nie, behalwe as dit mense is wat bo-oor die boeke eet en so. Party het mos geen respek nie!
Ai HV, steek die kleingoed mekaar nou so op 'n ry aan? Ek hoop hulle word almal sommer gou beter! Veral met die wildtuin as vooruitsig! Hulle sal dit so geniet!
Ons verander van dagsorg. Het nou net mooi genoeg gehad van mense wat vir my wil vertel hoe om my kind groot te maak en dat hy brand boude kry as mens nie die doek elke uur ruil nie!

Ek was briesend! Maar sal my nie verwerdig om daarop te reageer nie. Hier is 'n vrou wat net so 3 kinders vat en dan kyk sy alleen na hulle. Ek glo sy sal 'n huishulp he, maar dis okay met my. Gaan haar more sien. Julle moet asseblief saam met my bid dat sy ons kan help! My ander opsie is 'n dagsorg met 29 kinders en dan gaan die vrou nou nog 'n nasorg vir graad R tot graad 3 ook begin.

Omdat ons ou seuntjie nie sy aandag opeis nie, sal hy wegraak in so opset. En hoe gaan sy kyk dat die kinders nie mekaar seermaak nie? Ai al die kommers van ma-wees!
Genoeg gekla! Lekker dag!