file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #201011 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Chiroprator se Kayla voel beslis beter,maar nog nie 100%, jet my weer oefeningge gegee en sal haar dan 27 * Aug Sien....sug!!!

Ek voel bietjie naar met n kop seer op die oomblik- as dit maar net moontlik was vir n oomblikkie slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200980 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello,

Ooitjie potjie vette vark!

Kayla se spots lyk of dit weg gaan-sy het glad nie koors gehad, is net baie "nigly" die laaste 2 of 3 dae. Nie seker wat dit is...

Kayla het vandag by my ma op haar karretjie stoeltjie gesit en omgeval en haar kop gestamp!
My ma het gehuil-snot en trane -toe sy my vertel toe ek Kayla gaan optel het!

Bollie hoe is jou neus? Het Riley al weer n paar treetjies gegee?

Hasie hoe is jou ekseem? Staan Claudia darm nou weer?

HV daai koek klink lekker- ekt vandag begin kyk na b-day party ideas vir Kayla!
Die bed klink vol- kayla eindig ook op in ons bed die laaste paar aande!

So, more is weer terug na chiropractor-ek is al baie moedeloos, hoop nou regtig iets kan help!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200870 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja ek bank lekker! Sit en lees al my voorgeskrewe artikels vir my doula kursus op die internet.

Bollie, mens mis die ekstra geldjies. Ons huur maar vir nou, sal later weer probeer koop, maar vlg keer sal ek eers 'n moerse deposito opspaar.

Lyk my dit is bietjie stil hier vandag.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200847 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Geluk met Rachelle se bday!! Hoop dis 'n baie lekker dag!

Hasie, nee wat, bank jy ook maar, klink vir my na 'n goeie goeie idee.

Jong, almal is omtrent af vandag en Maandag, so dis ook maar stiller.

Maar ek is besig met maandeinde goed, so niks rus vir my nie.

Darem goeie nuus!! Ons gaan uiteindelik ons eie plekkie bou!!

Niks fancy nie, koop direk van die Developer af en ons het darem 100% lening gekry!

Kyk, en daar gaan enige ekstra geld, so ek dink ons gaan brood en water leef om die paaiement te kan betaal. :( Dis darem maar baie meer as huur, en ons huur mos nou al vir die laaste 10 jaar, maar ek glo dis seker maar die regte ding en as ons nie erens begin nie, gaan ons nerens kom nie!

Dis darem ook 'n investment, nie soos 'n kar wat eintlik niks beteken nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200839 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

:woohoo: :woohoo: DIS VRYDAG!!! :woohoo: :woohoo:

HV, geluk met Rachelle se verjaarsdag! Hoop sy en boeta voel gou beter. Ons het ook die co-sleeping ding unintentionally begin. Stefan kom klim so 2 uur by ons in die bed en slaap dan verder by ons. Ek wil hom terug jaag bed toe, maar as hy daar aankom en se: Ekke hi doedoe, pappa mamma bed doedoe, tyf vashou. Dan kan ek nie vir daai gesiggie nee se nie.

Dragonfly, hoe lyk Kayla se uitslag? Hoop sy is ok!

Daar is amper niks kids by die skool vandag nie. Ek sit al heeldag en niks doen, of eerder ek vang op op my admin, maar hou nie skool nie. Die kids is so bang dat as hulle na my klas toe kom gaan ek hulle laat werk dat hulle sommer eerder bank. Maar daar is regtig net omtrent 2 kids in elke klas by die skool vandag, so daar is geen manier wat ek werk nie, dan moet ek anyway vlg week net alles oor verduidelik vir die siele wat nie hier is nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200787 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal.

Sjoe die wind waai ons weer weg vandag.
Ek tik maar net gou gou want my dag is dol. Rachelle verjaar vandag en die arme kind is so siek. Gelukkig het ek gesien sy is nie lekker nie en het haar partytjie gereel vir Dinsdag. So ons gaan nou net 'n koek bak vir hier by die huis en ons eie partytjie hou vandag. Andre is ook lekker siek. Dink die twee steek mekaar aan, slaap mos altwee by ons. (Het darem 'n enkel bed teen ons bed gestoot) Dis nou die afgelope maand se ding, dink sy kry koud in die aande.

Sjoe R50 000. Dis baie, selfs R15 000, maar dis seker wat die ouens vra. Ons het sommer ons werker wat so 2 keer 'n week kom help op die plot 'n roller gegee en gese verf. Hy het so 3 dae geverf, so ons huisverf het ons onder R500 gekos.
Maar ek moet byse die ou het nogals iets tussen sy ore. Hy is baie knap en kan 'n plan maak as hy moet.

Oe ek kan nie een onthou wat almal gese het nie.

so die wat Dinsdag niks het om te doen nie kan altyd kom koek eet in Potch. :P

Lekker langnaweek vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200680 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Riley het mos rooi kolletjies gekry, maar het nie koors gehad nie, en was nie vreeslik siek nie, net nie 100% haarself nie, bietjie moeilik, en toe was dit German Measles, was binne 3 dae verby was, maar kom ons hoop dis net ietsie allergies :-)

Ek moet nou oppak, praat more weer xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account