file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #200565 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Eks alweer vrek besig. GRRRR Gelukkig is dit amper lang naweek! Yipeeeeeee :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo: :woohoo:

Ek het julle nooit eers vertel nie, ons is besig om vir Stefan te potty train die week. En dit gaan baie goed sover. Ek dink hy is nog bietjie klein, so ek sit nie druk op hom nie, maar gee sterre vir piepie en gesiggies vir poefie wat hy dan self op die potjie plak na die deed gedoen is. Hy het nou van Maandag af net in die nag doeke gedra, deur die dag dra hy "pappa onderbroeke" wat nou die lap weergawe van training pants is maar dit lyk nes soos Johan se onderbroeke. Hy is baie trots op homself!!

Grenaat, daai is 'n aardige bedraggie!!! Gelukkig kan jou swaar julle help vir goedkoper.

Dragonfly, ek hoop nie dis iets ernstig nie. Meeste kolletjies siektes gaan gepaard met 'n redelike koors, so jy behoort gou te sien as dit iets soos waterpokkies is. Jy het mos gese sy was in kontak met waterpokkies, so jou kanse is groot. Maar gelukkig as sy dit nou kry, dan is dit redelik verby, die kanse dat mens dit weer kry is baie min.

Hoop dit gaan goed met die res

Lekker daggie!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200562 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
en die een dag wat ek kom inloer is niemand hier nie....sug!!!

Kayla se spots lyk maar dieselfde vandag en sys nie siek so sal maar vanmiddag allergex kry en kyk of dit weg gaan en dit van daar af vat - meskien more Dr toe vat as dit nie beter is nie....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200527 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Grenaat....R50 000, ek dink ek gaan eerder dood!! :huh: :blink:

Julle moet lekker kort vakansie hou, dit klink sommer heerlik!!

Dragonfly, aai man, is die kolletjies orals of net meestal op die magie en ruggie?

Hasie, aggenee dat die ekseem weer terug is nie. Ag wat jy, ek is net so moedeloos met mediese kostes! Ons spaar is einde Junie al uitgeput so ek het al duisende rande uitgehaal uit my eie sak met my neus en alles :( EK HUIL REGTIGWAAR!!!! Dis belaglik!

My vriendin se baba dogtertjie Milan word vanmiddag gebeore, so so sien uit om haar te sien vanaand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200492 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi girlies

Nee ek sal nooit jul verlaat nie,sal voort sukkel met my bb maar sal tik :)

Ons is steeds offline, ons kan darem op ons werk sisteme werk. So ons stoot voort! Dis nogal weird , ek wil heeltyd my email check en op die net gaan dan onthou ek its not gonna work!

Dit gaan goed mnet die kids. Wil net vir ruben opVREET :) ja hy is nogsteeds my baba,kruip nog nie! Maar ek sien hy begin so vooroor gaan as hy sit so dit wil lyk of hy naby is om agter te kom daar is meer exciting goed in die lewe as sit. Hy loop nog net agteruit met sy loopring. Maar waai darem tata en klap handjies en na-aap ons vreeslike as ons hoes of keel skoonmaak :)

Geluk met al die vordering,die kids groei so gou.

My man verjaar more,so ons het verlof ingesit. Gaan na sy werk se vakansie huis toe in sondela en kom eers maandag terug. Dink die kids gaan dit vreeslik geniet want dis in die bos. My swaar gaan ook met sy 2 dogtertjies en my ma en my skoonpa! Sien baie uit.

Jammer ek gaan nou nie personals doen nie maar ek dink aan julle almal,mis al die kids en hoop hukle is gesond en gelukkig!

Oja,wat dink jul hiervan, ons het n quote gekry vir die verf van ons huis (net buite) R50 000 wtf. Die ou dink seker ons is miljoeners. So my swaar wat in nelspruit bly en sy eie bou besigheid het het ons gequote vir R15 000 dan kom doen hy dit vir ons! Baie beter.

Hoop almal het lekr nbaweek. Liefde en groete

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200406 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Aai, kayla het klein spots oral, sal maar kyk hoe dit more lyk en as dit erger is haar dr toe moet vat!

Bollie, hoop jy voel baie beter,baie gou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200335 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar,

Dol dag gewees vandag. Ek werk deesdae double time by die skool om al die kids se sillabusse te probeer klaar maak voor ek weg gaan. Ek weet dit is nie eintlik my plig nie, daar is mos nog 'n hele kwartaal voor hulle eksamen skryf, maar ek kan hulle nie aan hulle eie genade oorlos vir die 4de kwartaal nie. Ek sien nie hoe hulle by 'n ander onderwyser se rooster sal kan inpas nie, so hulle sal tien teen een baie periodes met ander klasse moet deel en dan nie die werk gedoen kry nie. So ek werk my gat af en stel hersiening stukke op vir vlg kwartaal wat hulle kan help met voorbereiding vir die eksamen. En as hulle dalk besluit om my deeltyds aan te stel, sal ek ten minste 'n baie maklike kwartaal he...

Maar ek sien darem dit gaan nog goed met julle.

Bollie bly die neus is darem normaal en nie weer 'n infeksie nie! Hoop alles is spoedig permanent opgeklaar!

Kwaaitjie, my ekseem kom maar weer terug. Ek doen alweer nie veel daaraan nie want ek het nie tyd of 'n kar om mee dokter toe te gaan nie!! Die homopaat waarby ek was het my R250 konsultasie gevra en met die meds saam het dit so R600 per besoek uitgewerk.

Het jy al bietjie rondgekyk vir 'n ander skooltjie vir Mare?

Dragonfly, geluk met Kayla se handjies klap!!! Toe verras sy jou so lekker.

Grenaat, is julle nou heeltemal offline??? Ek hoop nie jy word gewoond aan die lewe sonder ons en verlaat ons soos die ander nie! Ons mis jou!

Lekker middag!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #200326 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee dis omtrent stil vandag!!

Hehehe, ek is ook nie baie gepla met sulke goed nie, ek lag net lekker, want ek sien mense kyk my so en wonder seker wat op dees aarde gaan op my oog aan??? :laugh:

Ok, ekke gaan nou oppak, julle moet almal 'n lekker aandjie he!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account