file Oktober mammies 2010

15 years 1 month ago #199988 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
HV, lekker lag ek nou vir jou skryf grappie. Dit herrinder my, toe Claudia 3 maande oud was, het ek na 'n tee partytjie by 'n vriendin se huis toe gegaan. Haar seuntjie was toe 6 maande oud en almal wat my ken het vreeslik tekere gegaan oor Claudia wat al rondrol ens. Maar die heel tyd sit madam toe op my skoot en slaap terwyl almal haar bespreek. Toe vra die vriendin se ma my so erg sarkasties of sy al kan puzzles bou ook. Sy het duidelik nie geglo dat my 3 maande dogtertjie goed kon doen wat haar 6 maande kleinseun nog nie eers probeer nie. Julle moes haar gesig gesien het toe Claudia wakker word en ek haar op die grond sit en sy laat waai! Sy het sommer bo op die seuntjie probeer klim.

Kwaaitjie, dit is absurd! Hy sal mos dihidreer! Ek bid dat jy die regte plek vir hom vind.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199982 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, aai man, hy moet darem meer as 25 ml melk kry.

Riley is bietjie snaaks op die oomblik, en ek dink dis dalk tanne, ek weet nie eintlik nie, maar sy is mos nog nooit die grootse mekldrinker nie.

Dit weet ons, maar madam eet altyd haar pap in die oggend, groente in die middag, vrugte laatmiddag en youghurt in die aand.

Wel madam stel die laaste paar dae NIKS belang in groente nie, selfs nie eers haar vrugte nie, sy like wel haar yoghurt nogsteeds???

Selfs nie eers haar fyn purity groente nie. En sy sukkel nie om te eet nie.

My steke behoort vanmiddag uit te kom, maar die stekie of twee bo my ooh het nou wragtag van gister af begin sweer. Eish.Seker nou maar 'n gogga daar ingekom??

Julle my neus loop die laaste paar dae vir 'n vale en ek kan nie regtig my neus blaas nie en my neus is bot toe.

Ek versmoor amper.

So ek gaan die dr vra wat aangaan, want dit voel ek alweer van voor af sinus het, die goed loop by my keel af. Dalk dreineer dit nou meer wat fine is, maar flippit my neus moet net kan oop, laat ek kan asemhaal!!!!! :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199895 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaadjie, jy mag maar kla, a nee a. Wat verwag die vrou dat hy moet vas? Drink is amper belangriker as eet. Ek sou ook ander plek soek, vraag is seker net waar? Sal bid vir jou dat jy die regte plekkie kry. Dalk is daai werk in Klerksdorp nader as wat jy dink. Kom ons bid dat daar spoedig iets sal oopgaan.

Oe Mare klink my is 'n skelm een. Kyk alles mooi goed uit die boom uit en as jy weer sien skryf hy sommer. :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199888 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Hasie bly jou maag is beter! Kan net sien hoe spring Claudia op en af! Is Stefan se lip al heel na sy tandeborsel episode? En wanneer is sy verjaardag partytjie mamma?

Bollie deel asseblief die lotto dat ek ook kan ophou werk! Klink my dit gaan dol by die werk! Moet jy nou opvang vir laas week wat jy nie daar was nie? Hoe voel jou neus en kan jy al lekker ruik?

Dink ek gaan klink soos julle vriende (ek dink hulle is BIETJIE drasties!), gister het die nuwe vrou my kind net 25ml melk vir die hele dag gegee! Hy het sy kos ge-eet, maar hy kan mos nie so min drink nie! Die ou tannie is al weer in die hospitaal met haar hart. Hulle kan nie meer my kind versorg nie, wat nog te se van enige stimulasie! Ek is desperaad en raadop! Ek gaan hom beslis daar wegvat, moet net ander plek kry.

Lekker lag ek nou vir Riley se dansie! Hulle leer darem 'n ding in 'n oogwink aan! Mare wil nog nie tata waai nie. En ons oefen dit al lankal.

HV Andre raak so oulik! Hy is vreeslik fluks met die kruip en stap! Die ander kids speel nou seker so lekker met hom! Hoe gaan dit met jou besigheid? En die fotografie kursus? Dit klink so interessant! Ek hou ook van sy besondese rooi hare! Dis amper 'n auburn. Ek dink ook hulle doen goed skelm! ;)

Ek was nog nooit 'n siamese kat "fan" nie! Hulle is vir my te vol nonsens! Het net een baas ekskuus klaas en die res word ge-ignoreer. Ons is baie lief vir gemmer katte! Hulle het die mooiste persoonlikheid! Ek het my kat geleer om te vra om by die deur in of uit te gaan. Hy het ook 'n seker soort miaau gehad wanneer hy my geroep het en sou aanhou "roep" tot ek antwoord. Het dan daar by my kom le.

Ai Dragonfly dis aaklig as jou post deur die moomie monster gevreet word! Ek highlight en copy nou al outomaties my post elke keer. Mens vergeet die helfte van die goed wat jy tik! Hoe gaan dit met Kayla?

Grenaat is daar al enige lig in julle kantoor? Dis 'n goeie plan om dit op te vrolik met 'n lekker groot foto van die kinders! En 'n plant hier en daar en dan lyk dit sommer beter!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199886 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek hoor jou oor die ophou werk. Dis net soveel rustiger veral in die oggende. Maar bedags is dit maar net so besig en bedrywig.

Hasie die perdy is die hoogtepunt in die week in ons huis. Ludwig en Jeanne geniet dit albei vreeslik baie. JEanne lyk my het nog meer talent as ouboet gekry. Sy is 'n natural. Sy ry nou op Woensdae en Ludwig nog op Donderdae. Ludwig ry nou net vir die lekker, skou so een dalk 2 keer per jaar, maar hy wil meer dit geniet as die streng oefen elke week. Solank hy dit geniet is dit fine.

Kwaadjie waar is jy vandag? Stof jy die kantore af of het jy werk gekry om jou mee besig te hou? HEhehe.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199883 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai tog, het gepost en toe ek nou kyk sien ek dis weg.

Bollie, Claudia dans ook, te cute!! En sy het beter ritme as Stefan. Is jou steke al uit?
Hoe voel die neus?

HV, hoe gaan dit met die perdry?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #199866 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Aai, werk is net dol en ek is nie lus vir werk vandag nie.

Wens ek kan die lotto wen en ophou werk :(

Andre is te oulik, ek dink nogsteeds hy het die mooiste rooi hare. Rooi hare is darem maar pragtig! Moeder hulle is so oulik as hulle handjies klap.

Riley dink ek weer dans.

Sy staan teen iets en dan begin sy so op en af beweeg saam die ritme , dis heavy cute!

Grenaat, hoop jy voel al bietjie beter oor jou kantoor. Maak hom maar self mooi ;)

Hasie, bly jy voel al beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account