Hi julle
Skies bietjie dol by die werk!
Stella, eina vir Xander se ogie
Hasie, ag lekker, bly die skooluitstappie was lekker.
Nou steek Riley weer die tree weg. Nou val sy heeltyd om na een tree.

Aaai, die een dag doen hulle iets en dan doen hulle dit nie
Haai julle, moet julle gou vertel.
Ek is baie baie happy by ons kleuterskool, dis regtig 'n great plek.
Beste vriende van ons se broer en sy vrou se seuntjie is nou 4, 5 maande oud en moes ook kleuterskool toe gaan want albei bel. Ons ken hulle baie goed, baie oulike mense. Maar die nuwe mamma is bitejie vol tjol, sy skryf bv. nog vir haar skoonma wat al 2 kinders grootgemaak het wat al oor die 30 is, nog lysies van hoeveel melk en wanneer moet Eben se doek geruil word
Anyway, sy is bietjie overboard, maar mens dink jy sal oor dit kom. Ek stel toe Doxa Deo kleuterskool voor en hulle sit toe vir klein Eben in die babaklas.
Eben was skaars 2 weke daar, toe kry hy 'n ogie wat geel maak, nou kyk Riley se oe maak 90% van die tyd geel crusties, en daar haal hulle hom summier uit die kleuterskool, want hy raak siek daar???
Ok, mense, kinders raak siek en ja, by 'n kleuterskool raak hulle seker meer gereeld siek, maar die snaakste van alles is: Hulle gaan hom nou in'n ander kleuterskool sit

ASOF die klueterskool nou iets verkeers gedoen het?? Dis belaglik.
Wat ek eintlik wil se is ek is baie dankbaar ek is nie so tov. my kind nie, regtig, dit gaan gebeur, maak nie saak waar nie??
Shame, die jusffrou is nogal ontsteld, hulle maak asof dit hulle skuld is
Anyway....my neus loop vir 'n vale en ek moet more my steke laat uithaal.
Lekker middag xxx