file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #199592 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallos

Ek staan in n moesa tou in die bank,al die atm's naby is af :(. Nie lekr nie maar nou kan ek bietjie opvang!

Bly dit gaan goed.
Hasie hoop jy voel gou beter.
Shame vir X se ogie :(

Al die bokke is ingegee,so ons wag nog vir die lekker biltong! En shame,my man het n blouwildebees gekwes en hul kon hom glad nie weer kry nie,so hul moes vir hom betaal.
Die nwk was baie lekker,ons klom vrouens het te lekr gekuier.

Ek het n kantoor,van mooi,skoon nuut of nice sal ek nou nie uitbrei nie :(. Dis regtig die lelikste plek.ons het mos nou in die advokater kamers gesit en dit was smart en modern,nou sit ons in die ou vieslike kantoreb :( dis baie hartsser

Ou rubelious is net te ougat vir woorde julle! Maar ek glo julle almal weet waarvan ek praat want almal is mos maar nou op dieselfde cutegat stadium

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199567 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Ek het nou nou van my foon af gepost en mooi fototjies opgesit en toe verloor ek sein en toe vee alles uit. Crappy...

Ekke het alweer 'n maag virus. So eks by die huis vandag. Hoop eks more beter. Maar dis ook maar goed dat ek nie by die skool is nie, want die rally club wil al die regulasies van ons rally NOU he en dis 'n moerse job, so ek sit dit maar nou en opstel. Hulle is so demanding. Ek stuur vir hulle goed en hoor niks vir 3 weke nie, dan wil hulle NOU iets he as hulle dit wil he en hou nie op bel en sms en email tot ek dit onmiddelik stuur nie. Maak my sommer vies as hulle so mislik met my is, ek doen hulle 'n moerse guns om die rally sekretaresse te wees. Ek het vir hulle gese ek het nie tyd daarvoor nie, maar hulle het aangehou tot ek ja gese het. Nou weet ek hoekom, want niemand anders is sucker genoeg om die job te doen nie... Ek sal dit nie maklik weer doen nie.

Genoeg gemoan!!

Dragonfly, hoe gaan dit nou met Kayla? Lyk dit darem of die chiro se hulp help?

Grenaat, het jy 'n blink nuwe kantoor?

Kwaaitjie, ek hoop julle kry 'n kat / hond wat by julle inpas. Ek moet se, die haarlose goedjies is baie oulik. En dis baie primitiewe breeds, so hulle word nie so maklik siek nie, behalwe die tandjies wat vinnig oud word en ogies wat kan infeksie kry. Maar so het elke breed maar sy dingetjies. Ek smeer haar so elke 2de dag so bietjie room, sommer van die kids se room. Dis glad nie moeite nie, dis maar soos om haar bietjie te vryf en te cuddle.

Lekker daggie vir julle!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199547 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle! Hoop almal het die naweek geniet!

Stella arme ou seuntjie! Dat hy nou sommer sy oog moes stukkend val! Ai en sulke kopwonde kan mos so lekker bloei! Bly dit gaan nog goed, al is julle so besig! Xander kom nou fluks aan met die kruip en opstaan!

Hasie bly julle het Alice so geniet! Ek sal ook daarvan hou om na so iets te gaan kyk, maar Mare sal eers bietjie groter moet word. Ek dink Bella het die maatjies se ondersteuning terdee geniet! Ek gaan FORA die week bel om te hoor van die home check. Lyk of ek manlief oorreed het om te gaan kyk of ons nie 'n hond of selfs 'n kat daar kan kry nie. Eintlik neig hy nou al meer na 'n kat! Ek is baie bly daaroor, want in ons opset is 'n kat net beter! En ons is mal oor katte!

Dragonfly hoop die chiropractor kry Kayla se probleem uitgesorteer! Gaan dit nog goed met julle?

Grenaat hoop jul kantoor is spoedig leefbaar en uitgesorteer! Dis mos nou julle dolste tyd van die jaar! Sterkte! Het julle lekker gekuier die naweek? Het Tim darem iets terug gebring vir biltong?

Bollie hoe voel jy? Het jou sinusse al opgehou dreineer? Het jy al begin werk?

Handjievol gaan dit nog goed met julle?

Lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199431 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
So, die Chiropractor se Kayla is stuif aan die regterkant. Syt vir my oef gegee om te doen met kayla vir die week en dan gaan ons terug vlgende Sat om te sien of dit beter is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199270 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal! Dis Vrydag!!

Ek het vandag die hele laerskool van gr0 tot 7 Civic theatre toe gevat om Alice in Wonderland te gaan kyk. Dit was SO 'n treat! Ek het al vergeet hoeveel pret 'n pantonime kan wees. Een van die dogtertjies in my gr 7 klas speel die rol van Alice en het die kids dit nou geniet om haar in die vertoning te sien. Shame ek dink sy was bietjie nervous aan die begin omdat sy voor haar juffrou en klasmaats optree, want die 1ste solo wat sy gesing het was maar bietjie onduidelik. Maar sy het gou ontspan en hulle het lekker saam gesing en dans. Ek was net bly dat nie een van die kids haar perongeluk op haar regte naam genoem het in die interaksies nie. Sy was so goed in karakter dat selfs ek met tye vergeet het dis Bella op die stage en nie 'n regte Alice nie.

Bollie, geluk met die treetjies! Dis fantasties! En die tande sal kom, sy kan nie met ALLES wen nie...

Dragonfly, eks bly jy kan 3uur huis toe gaan. Dit is so spesiaal om daai ekstra bietjie tyd aan jou kind te kan spandeer.

Grenaat, hoop jy loop Maandag in 'n lekker nuwe skoon kantoor in!
Stella, jammer oor die ogie, ons het ook mos al so 'n insident gehad met Claudia. Hulle word darem gou beter.

Kwaaitjie, ek like jou fotos! Mare raak elke keer ouliker. Vra maar vir FORA, miskien het hulle mense in die area wat gou na jou huis kan kyk. Hulle gebruik partykeer mense van ander shelters soos Wolfshaven om home checks te doen.

Lekker naweek!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199260 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle

hoop dit gaan goed met elkeen van jullle - was weer so dol die laaste ruk - geen tyd vir moomie nie

my kind kruip oral rond en staan teen alles ALLES op. Trek hom so ewe gisteraand teen die tv kas op en slat toe neer teen die oog = shampies my hart wou breek

hier is die evidence

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #199256 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Lekker naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account