file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #22558 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek het sopas op my eerste duvettjie besluit vir boeta. Gaan dit met groen en bruin blokke meng of iets en hier is die prentjies wat geborduur gaan word:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22543 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More al die Mammas! :P

Helene, welkom by die rugby-spannetjie! Baie geluk met daai boeta! :woohoo:

Ralmarie, jou kinders is jou vreugde, gesels gerus oor hulle! :laugh:

Gerne, ek hou van die Heinrich saam met julle van. Dan het jy Henko en Heinrich. Al2 met 'n H. :cheer:

Ek is nou goed op pad 21 weke toe en ek beleef ook nog dae wat ek doodmoeg is. Veral as ek bietjie fisies besig was met goed. :S

Lily, dis wonderlik van jou vriendin! Mens hoor deesdae almeer van mense wat sukkel om swanger te raak. Ek wonder of dit met die hedendaagse stres-vlakke te doen het? :blink:

Lekker dag! :silly: :side: ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22512 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
gerne, ek probeer nou eers uitfigure hoe werk photobucket. wanneer werk jy as jy heeldag besig is met die goed? :lol:

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22448 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene BAIE GELUK.
Ag dis lekker met al die boeties.
Hoop nie hier kom oorlog nie?
My ma se oumens stories is glo as baie seuntjies kom, kom daar oorlog.
Gelukkig weet ons dis nie waar nie. :P

Ons het ook net 3 slaapkamer huis op die stadium. Die 3 meisiekinders is in een kamer. Gelukkig is die vertrekke groot en die oudste slaap bo op die bunkbed. Hulle baklei gelukkig nie en dit werk goed. Dankie tog!

Ons beplan om die studeerkamer wat tans die skool is in nog 'n slaapkamer te verander, maar eers moet die garage langs die eetkamer deurgebreek word vir die "nuwe skool".

Gelukkig weet babas nie van kamers nie so kleinding gaan dood tevrede by ons in die kamer wees vir 'n begin.

Ek moet se ek het darem by Mr Price Home oulike gestreepte duvet covers vir die 3 meisies gekry. Dit het al die kleure in is die oplossing op ousus se pers, Netjie se oranje en kleinsus wat nog nie 'n gunsteling kleur het nie. So almal is tevrede.

Ai nou tik ek so baie oor my kids en dis eintlik jul tydjie van blydskap oor die rugbyspannetjie wat groei.

Lekker aand vir almal,. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22440 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Moes darem gou kom inloer voor die dag om is om al die nuus te sien - BAIE GELUK Gerne & Helene!!! :laugh: Mag die twee seuntjies julle lewens absoluut verryk!

Het goeie nuus vandag gekry - vriendin wat al rukkie sukkel om swanger te raak (en volgens dr. nie sommer sonder behandeling swanger sou kon raak nie a.g.v. klomp mediese komplikasies)is nou so vier wekies! Wys jou nou net weer - God is en bly Almagtig!

PS: Het my afspraak geskuif gekry na volgende week Vrydag, so hopelik kan ons dan ook sien of ek die rugbyspan / cheerleaders join! :silly:

Lekker aand vir julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22416 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
eers die 10de junie 2010 alhoewel dit vir my voel of dit eers 10junie 2020 gaan wees

watse honeymoon gerne ? dok het ons op geheelonthou 2 weke gesit , agv ligte bloeding wat ek gehad het. :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #22410 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Jip die been is links, en dan kruis hulle so onder by die enkels.

Petro, ek is net so moeg hierdie keer. die 2de trimester is mos die honeymoon phase maar jis ek is net so moeg hoor. kom ons hoop dit gaan gou om!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account