Goeie More al die Mammas!
Ek het vanmore 'n loopneus en seer keel en dokter dit maar met Tissue salts (of dan weefsel soute). Ek het ook die Nat Mur gekry Helene. Suig elke 10 minute 2 tablette en voel al klaar beter!

Ek het gister Margaret Roberts se boekie "Weefselsoute vir Heilsaamheid" gekoop. Het nooit geweet hoe om die tablette regtig te gebruik nie, want die botteltjies se net 1 tablet elke uur as ek reg het. Haar boekie gee verskillende dosisse vir verskillende kwale aan. Tot kombinasies wat jy saam vir verskillende resultate kan gebruik. Is regtig beindruk daarmee!
Julle moet regtig probeer kyk na Evening Primrose olie kapsules. Dit help definitief vir ny uiters droe vel. En ek glo tot dusver vir die rekmerke ook.
Ralmarie. ek dink jy mag maar se tieties. Ons het dit in elk geval almal!
Helene, ek glo ook in Justine se Tissue oil. Het nog een van die ander gekry wat so goed is nie! Ek het gesien hoe dit 'n man se brandwond letsels deur al drie vel lae so te se onsigbaar gemaak het. En hy het 3 jaar na hy gebrand het dit eers gebruik!
Lekker dag vir almal! Gesels weer later!