file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #15498 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Lekker aand vir julle almal! Soet drome! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15472 by Lies
Replied by Lies on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Helene

Ja, ek is ook 'n Kapenaar en die weer is behoorlik goor die week.

Ek het ook al gehoor 'n mens kan niks omtrent rekmerke doen nie. Dit hang van jou tipe vel af en blykbaar hormone ook. Ek is maar sleg met die smeer en vergeet meestal, maar ek het darem nie rekmerke nie! Ek gebruik Bio Oil!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15463 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, dis Biochemic Tissue Salts. Jy kry dit in koningsblou of sulke pers-pienk botteltjies, afhangende van die maak. Dis by Checkers by die vitamien-pille te kry. Dis homo-patiese pille en absoluut natuurlik, dus 100% veilig vir ma en baba! :P Kyk bietjie daarvoor, elke nommer is vir iets spesifiek. Daar is tot vir pyn, anti-inflamatories, verkoue en griep, naarheid (ek het hordes hiervan gesuig vir die MS) en so aan. Dit werk nie onmiddelik nie, jy voel na so drie dae 'n verskil. Probeer dit gerus. :)

Ons het ook reeds temperature onder 20 gehad. Pretoria is mos heelwat warmer as hier by ons. :huh:

Carmen, jy kan gerus Evening Primrose olie pille ook gebruik. Dit help beslis van binne vir die vel se elastisiteit! Ek drink dit elke dag. Het nog geen tekens van rekmerke nie, al het my maag en rug (love handles) al goed begin uitsit. ;) Verder smeer ek na elke stort my maag, rug en boude met TLC se baba-olie wat vitamien e-olie en olyf-olie bevat. Dit help sommer vir die droogheid ook. Sukkel altyd daarmee, maar dis nou erger as ooit! :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15455 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Dankie Gerne vir die datums! Ek sal verseker poeding eet! :)

Christa, ek drink ook 3 soorte tissue salts! die no 1 is Calc Flour, die een vir die elastisitiet van die vel!

Of dit nou regtig werk weet ek nie maar dis goedkoop, so its worth a try!

Het enige een van julle al rekmerke? Ek het nie op my maag nie, maar wel hier op die love handles area!

Blykbaar is daar eintlik nie veel wat mens kan doen aan rekmerke nie en al die rome wat jy aansmeer kan niks doen vir die elastisitiet aan die binneknat van jou vel nie? Maar ek smeer maar. Gebruik op die oomblik Happy Event in die oggend en Johnsons Tissue Oil innie aand! Wat gebruik julle?

Baai!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15452 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Ha ha Helene, jammer om dit te se maar "kry vir jou Kapenaar" :laugh: Dis koud hier maar nie so erg nie. dink dit is nog in die 20's by ons.

Christa, ek is van plan om 'n blikkie coke, 'n slab en sommer 2 fizzers te eet voor ek dr toe gaan :P Daai baba sal oop ketels le! Hoor nou weer vir my, met my luck is daai bene weer so toe geknyp soos nog iets!

Ek het nog nooit van tissue sout gehoor nie.

Ek het ook majors 4 minors, eks mal daaroor! my ou kar het nie 'n cd player ingehad nie toe laai ek al die liedjies op my sel en speel dit heeltyd kliphard in die kar. En moet se, ek en my man het partykeer lekker salig aan die slaap geraak terwyl ons vir baba dit gespeel het :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15437 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo julle! :)

Ek gaan Maandag 10de 09:30 dr sien! :cheer: Dalk wil die klein klits dan wys wat dit is. Pappa glo vas dis 'n dogtertjie, so ook al die familie. Sal maar moet sien. :silly:

Dankie vir al die medisyne raad. Ek het net soos Carmen alles neergeskryf om vooraf voorraad aan te koop.

Vandag het ek self een of ander booster nodig! Is moeg moeg moeg!!! :dry:

Carmen, geniet die ete en die kar koop! (onthou die poeding!) :silly: Ek hoop ook julle kry 'n kar waarvan julle hou en wat julle sak pas! :P

Helene, bly om te hoor jy en boeta voel altwee beter! Watter tissue sout gebruik jy? Kali Mur (no.5)? Ek gebruik die Kali Phos (no.6), dit help vir spanning wat by die werk nogal erg kan raak! En no.1 help vir weefsel elastisiteit. :)

Ek het by my sus die Majors for Minors cds gehoor. Dis klasieke musiek vir babas, maar ek en manlief is altwee mal daaroor! Dis klasiek, maar baie lig met allerhande voeltjie-klanke en so aan by. Julle kan dit by Toy's R Us kry. Dis regtig baie mooi! ;)

Ralmarie, ek stem ook vir Romanz! Hulle sing pragtig! Dan ook Chris Chameleon, hoewel baie mense nie van sy goed hou nie. :side: Het vandag op RSG Ryan Walt en Steven Sterling se nuwe cd gehoor. Dit klink net so goed. Ryan Walt speel panfluit en Steven Sterling sing daarmee saam. Pragtig! :cheer:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #15432 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
dis te veel inligting vir my om te onthou. Ek bel gewoonlik die ogg van afspraak en vra hoe laat ek daar moet wees. lmga. pateties, ne! Dit sal defnitief nie vroeg wees nie, eers in die middag.

Lies, is dit jy wat ook in Kaap is? Ek is so bly ek het n maat, want ek kan nie saam met die Valies oor die weer praat nie.:) Ek het gou die 7dae weer gekyk en lyk my ons winter is ook hier. die max vir volgende 7 dae is 16/17/18 grade.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account