file Oktober mammies 2010

16 years 5 months ago #14787 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Happy girl! Ek moet vir jou se, ek is glad nie 'n voorstaander vir Disprin nie. Ek het een keer 'n lelike artikel gelees oor Disprin so nou gee ek glad nie vir my kind nie. sal seker later want ek weet Disprin werk fantasties maar is nou nog bietjie bang.

Daai smse wat baby boom stuur is vreeslik oulik. ek het dit gebruik en net een sms vir hulle gestuur (nogal half een die oggend) en hulle het dadelik vir amper 100 mense gesms, en so oulike smsie hoor. baie cute.
Baby city het ook mos sulke houers in die winkel waar die mense by kan gaan kies wat hulle wil koop, dis baie oulik. Ek het baie dubbels gekry op my stork maar het alles gehou want ek kon dit als wel gebruik. ek het 4 termometers en het almal gehou, een in elke kamer LOL.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14785 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
hallo julle. hoe gaan dit met mamma en daai baba in jou magie??

my seuntjie is darem gesond en vanoggend weer skool toe. My neus is nog toe. Ek drink nou maar Tissue Salts. (raad uit Sr Lilian se boek) dit wil voorkom asof dit werk. Die toe neus is deel van die swangerskap, dit het iets met water retensie te doen. In die nuutste Baba & Kleuter skryf hulle ook daaroor.

so gepraat van die Baba & Kleuter. Koop julle dit?? Ek sien Jak de Priester skryf nou voorin n stukkie. Ek het gelag dat my trane loop toe ek dit lees. As jy reeds n baba het sal jy dit vreeslik waardeer. Hy beskryf alles so snaaks. Ek is mal oor Jak de Priester, hy skryf die mooiste liedjies. Het julle al GROEN MAMBA gehoor? Ek moet nog 'n show van die man gaan kyk. Daar is elke jaar n liedjie van hom wat my fav is.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14781 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi Petro, ek dink ek sou eerder na die nader dokter toe gaan. Dit gaan ongemaklik raak nader aan die einde en as jy moet kraam, gaan jy so ver moet ry en terug met baba. net my opinie.

Jip, Telament - kon nie die naam onthou nie Christad! Maar dit het nie vir my lekker gewerk nie. Jong daar is nie veel meer nie want die kleingoed gebruik mos nie plysters en goed nie. en as hulle nog so klein is kan hul ook nie medisyne drink nie. so dis maar net die krampies en pyn stroop.

Oe ek koop die groen mamba hier in PTA. Dit werk fantasties (weet daar is mense wat glad nie daarvan hou nie). Dit vat die krampies dadelik weg. En ek het ook nie vir Henko gegee sommer net sodat hy moet slaap nie, ek het vir hom gegee as ek kon sien hy kramp. Maar my man sweer ook by die goed!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14754 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Good morning everyone

Hoe gaan dit met julle.

Ralmarie, jy het te vinnig gepraat, hier is die weer maar klaar weer toegetrek en mistig. Ai :P

VEELS GELUK LIEWE JEANNE MET JOU 4DE VERJAARSDAG. HOOP JY HET 'N GESEENDE DAG EN JAAR EN DAT MAMMA EN PAPPA JOU LEKKER VROT BEDERF :kiss:

Hi Angel10. Baie welkom. Wanneer was jy laas vir 'n sonar? Glo jy gaan lekker met ons gesels en geniet jou swangerskap.

Ek het die naweek my skoonsis se ooievaarstee aan, ek sien so uit. sy verwag ook 'n seuntjie. Lenard Louw. Kan nie wag vir die klein mannetjie nie. :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14713 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Hello al julle mooi mensies, hoe gaan dit vandag met julle? met my gaan dit stukke beter dankie was van saterdag af in so goor bui ek wou nie eens in my eie geselskap gewees het nie en dis bad hoop nie dit gebeur te veel met al die hormone nie want sjoe maar anyway na n bietjie liefde van manlief af voel ek baie beter vandag.

Ek sien julle praat oor medisyne vir babas julle kan vir pyn stroop ook tenstin gebruik baie goeie stroop was altyd baie lekker ook maar ek dink hulle het die smaak verander en ook ek weet baie mammas en dokters glo glad nie in disprin vir babas nie maar vir n koors is daai die beste ding glo my het al gesien met kiddies wat ek opgepas het en ook skoonsus se kids dit werk soos n bom. gripe water en telament druppels is n moet met n klein baba as ook behoedmiddel van lennons.

Ek raak nou weer opgewonde want ons besoek tyd kom nou weer nader en my pens spring nou uit so n waartlemoen saadjie wat te veel water gekry het.

Julle moet gaan kyk op baby boom en edgars se websites dan moet julle registreer vir die lists wat jy kan vir mense stuur wat na jou baby shower toe gaan kom met goed op wat jy nog nodig het dan kry jy nie dubbel gifts nie en as jy doen kan jy dit gaan omruil by jou naaste winkel.O ja en julle kan registreer vir die sms club dan stuur jy n sms aan baby boom dan stuur hulle n sms aan al jou gekiesde nommers wanneer baba gebore is gewig lengte en name dis nogals cute.

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14694 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Die weer lyk darem bietjie beter hier vandag. Maar ek moet seker nie te gou praat nie.
Hoop net dit hou Jeanne verjaar vandag en is 4.
So vanmiddag is dit partytjie tyd.

Petro ja nee hier word so baie geskryf mens oefen jou woorde per minuut omtrent. :P
Ek weet nie of ek sou skuif of nie dis moeilik. Maar hoe gaan jy voel aan die einde om so ver te ry na haar toe? Veral as dit 1 keer per week word? Moeilike besluit. En met die bevalling waar gaan jy kraam nader aan watter dokter? Want dalk is jou ver dokter besig met 'n ander bevalling en kom te laat by jou uit. Sterkte met die besluit. ;)

Angel welkom hier en hoop jy chat lekker.
Jy paste jou ticker by jou profile iewers dan kom hy automaties op. Hoop een van die wat presies weet kan jou help. Ek het ook eers gesukkel. :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #14674 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Goeie more al die Oktober Mammies! :cheer:

Hoop julle het almal heerlik geslaap! Ek het die vreeslikste drome op die oomblik! :( Van nagmerries tot sommmer net WEIRD goed! Ugh!!!

Enige nuus oor die medisyne? Gerne, ek dink jy bedoel die Telament Druppels. Dis so geel boksie met swart opgeskryf? :unsure:

Petro, weet ook nie van 'n wild vreemde dr in die middel van swangerskap nie. Ek bly by my huisdokter, tensy iets dalk fout gaan. Dan sal hy my verwys. Gaan egter na ginekoloog/sonar-analis vir 20wke (eintlik 22wke) sonar sodat sy kan seker maak alles is reg. :P

Angel_10, welkom hier! Dis 'n oulike klomp amper mammas hier! Hoop jy gesels lekker saam! ;)

Lekker dag vir julle almal! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account