More julle
Hasie ek stem, hou vir jouself op en moenie laat iemand jou udge nie, en as jy bietjie struikel dan probeer jy maar net weer. Dis mos maar presies dieselfde as dieet, mens probeer en dan gee jy maar partykeer in. Nie dat jy ooit dieet nie
Grenaat, nee het ek jou regtig laat sleg voel??? OMW, nee ek myself kan 'n lekker drankie waardeer hoor

Ek het net sooo lanklaas ietsie gedrink, ek weet nie wat het met my gebeur nie, was baie lanklaas uit of iets, want ek dink ek het 3 maande laas enige iets alkoholies gedrink...dis ABSURD! Ek sal moet bietjie inhaal
Ag die ophou rook was darem redelik maklik vir my, en ek weet nie eintlik hoekom dit so maklik was nie, want al my ander slegte gewoontes in my lewe, nl. verkeerd eet en vet wees en my naels kou, kan ek nie afskud nie??? En ek het lank gerook, ek het in St 7 begin rook.
Riley gaan nou regtig deur 'n fase. Julle ek kan nie vir 'n minuut my gat draai nie, dan hang sy aan my broekspype en wil opgetel word. Ek moet haar partykeer net los laat sy skree net sidat ek letterlik kan my tanne borsel ens. anders sal ek nooit klaarkry nie.
Vanoggend moes ek selfs staan en my make-up doen terwyl ek madam vashou. Daar word krokkediltrane gehuil, en snikke gaan groot, maar sodra jy optel dan smile sy en beloer sy alles van bo, dan is sy baie chaffed??? Aaai, dis bietjie moeilik om alleen te wees, ek haal my hoed af vir enkel ma's!
Ek het net weer besef, ek dink nie ek is gebou vir 2 kinders nie