Stem saam hy daai tipiese 2 jarige tantrums, maar hy was net nog altyd vir my veeleisende kindjie en gedog dit sal dalk beter raak met die ouderdom, menende dat ek hom sal verstaan, of ten minste 'n bond bou....dat ek weet as hy e dan bedoel hy dit, maar dit wil nie so gebeur nie

. Vandag was dit vrek warm hier en hy hanteer hitte ook nie so goed nie

, slaap tenminste nou.
Ons nou weer 'n ander probleempie, so tydjie terug is hy omtrent 1 keer 'n week deur 'n maatjie gebyt en ek op die stadium vir juffrou gese om tog maar 'n ogie te hou want my man is glad nie "impress" nie, so toe gebeur dit weer en toe het my man so effense "scene" opgesit ens. Laas week toe kry ek weer 'n briefie Luan het 'n maatjie gebyt

, vandag weer !!!! Nou wat nou gemaak, geweet my man moes nie so ding daarvan gemaak het nie, want dit is nou ongelukkig iets wat hulle mos nie altyd kan verhelp nie, het hulle maar mooi gevra dat as hy dit doen en hulle sien moet hulle hom maar dadelik bewus maak dat hy verkeerd was ens. Hy doen dit nooit by die huis nie, skaam my dood
Delucey Bobby is soooo sexy....ja wonder wat maak hy so baie in die apteek

, hy mos nou getroud ? Ag hy bly pragtig !!!!
Nou gaan eers bietjie brag...Telitha se skool deelgeneem aan 'n kompetisie wat aangebied was deur superspar, hulle mos 'n storie skryf oor hoekom hulle juffrou super cool is en 'n prentjie teken, als in skooltyd, nie geweet daarvan nie en toe kies hulle haar

, haar hele klas 'n uitstappie gewen na faircape en sy klomp yogurts en sappies ens gekry. Mamma so trots

.