Helllo julle
Ek is darem toe nie ge"ban" nie, ek sien net ek moet nou behoorlik insign voordat ek kan post..!
Jammer dat ek so stil is.
Hier gaan dit rof....die skoonfamilie ignoreer my flat, so dit pas my baie goed, en ek het vrede die afgelope 2 weke, my man kom oor 3 weke terug, Alexander was so siek soos tien die afgelope 10 dae. Keel infeksie, borsinfeksie snotneus en oorinfeksie... sjoe...,
en dan het 'n ou partner van my van my vorige besigheid my gevra of ek hom sal help my sy nuwe safari besigheid. So, eks nou besig om pryse by lodges in Botswana, Namibia en Zambia te kry, dan weer die hele proses van company registreer, bank rekeninge, kredietkaart masjiene, websites, stationary bla bla bla...
Gelukkig is my werk net op die pakette bymekaar te sit vir die webwerf, en dan sal ek deal met die internet bookings. So, ek kan van die huis af werk, en darem weer bietjie my eie geld maak.. jippie!

Ek het darem nou weer 'n nanny vir die oggende. Speelgroepies/creshe's/dagmoeders werk net nie vir my mannetjie nie. Die dr reken sy imuunstelsel is nogsteeds redelik agter met die res van sy ontwikkeling, dis hoekom hy so maklik siek word (altyd in die oortreffende trap) tussen ander kinders.
Anders kinders kry 'n snotneus, Alex kry Bronchitis.....
SO, ons gaan hom nou vir 6 mde op 'n imune boost sit. Dit behels maar net spesifieke vitamiene, en singulair om te keer dat 'n verkoue elke keer na sy bors toe gaan.
Dan ook Vit D druppels en Zinplex. Ek hoop dit help. Alex is NOOIT siek by die huis nie, maar sodra hy 'n ander kind sien wat net bietjie lyk asof hy miskien 'n loop neus gaan kry, dan het Alex al klaar een moewiese infeksie.
Delucey, hoeveel gewig wil jy verloor? Ek het die afgelope 3 weke 3kilogram verloor. Ek het julle mos gese ek gaan diet. Ek is baie bly.. nog 7 om te gaan...
Ek het net opgehou om rubbish te eet, en forseer water in my keelgat af..... kry nie regtig tyd vir oefen nie.
Ek gaan vir Alex volgende week vat vir sy inspuiting. Die Dr se hy moet eers oor al hierdie infeksies kom.
Ek gaan hom ook volgende week weer laat toets vir Eiers en Melk - om te sien of dit al weg/beter is. Ek weet nie meer WAT om vir die arme kind te gee om te eet nie, want alles het bleddie eiers of melk in, en ek is moeg daarvoor om R30 se soya yogurt by Woolies te koop...
Ek sal regtig probeer om nie weer so agter te raak met die posts nie!!!!