file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #122461 by junita
Hier is ek ook weer , het julle omtrent gemis ;) , na die rekenaar drama is die internet weer op.

Luan slaap al van 6;30 af so ek weet nie vir hoe lank nie, hy omtrent huilerig gewees vanmiddag so neem aan hy was baie moegies.

Die skooltjie waarin hy is is so oulik, hulle leer nou vir hulle om kennetjie, neusie, ens te wys, dan sit hulle almal in 'n ry en wys en natuurlik wys meneer niks by die huis nie.

Kitty ag jammer van jou in laws ! Ek het ook nie so goeie verhouding met my skoonouers nie, kan nou nog nie ma en pa sê nie en voel nogal bad daaroor, maar dit voel inelkgeval dat hulle my nie aanvaar nie....ok langstories, ek mos swanger geraak voor ek getroud was met hulle seuntjie en toe wil skoonpa hê ek moet vir aborsie gaan...en dit was vir my net nie reg nie !!! Inelkgeval is hulle nou so lief vir hulle kleindogter, maar ek het nog nie vrede gemaak nie :unsure: . Maar gelukkig sien ons hulle maar min.

Luan moet ook nog gaan vir sy inentings, maar ek kry net nie tyd daarvoor nie...sug.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122442 by Delucey
Snaaks dat hy nou seperation anxiety het Kitty, hy was mos voorheen ook in dagsorg? Dalk maar oor hy nou ouer is... besef dalk meer mamma is nie net om die hoek nie ;)

Kiimika ek was ook so met Bianca se swangerskap... baie meer rustig oor alles :) En ek het ook nie so erg gesukkel met my bloeddruk soos met Eben nie. Ek was met Eben se swangerskap van 4 maande af op bloeddruk medikasie. Al wat erger was was my rug en steitjie pyn :(

Die suster waarheen ek vir Bianca vat het gese ons kan nie die MMR en waterpokkies saam vir haar gee nie? Dalk moet jy net seker maak? Sy het haar waterpokkies gehad September so ja dis weer in voorraad. En vandag die MMR en haar 18 maande inspuiting. En ek moet se hierdie is nou die eerste inspuiting wat lyk of dit haar siek maak. Sy was vanoggend mos daar en so van vanmiddag af is sy sommer bleek en huilerig :( Gelukkig het ek altyd Nurofen of Stopayne in die kas :)

Is julle nie meer in Rustenburg nie? Het ek nou iets gemis?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122373 by Kimika
Kitty, ag jammer om te hoor van die familie drama :( Dit klink woes! Jy kan maar met ons deel as dit jou sal help. Ek het ook al redelik my deel gehad van familie drama :)

So gaan jy hom weer speelgroepie toe vat?? Shame dis nou erg dat hy moes siek word.. maar dis dalk wat die seperation anxiety maak - die feit dat hy siekerig voel? Ek is net so bang daarvoor.. as ek sien hoe freak Goggie uit as hy my nie in die huis kry nie!

O en met die swangerskap gaan dit fantasties goed! Dis baie dieselfde as met Pietertjie behalwe dat ek eintlik baie meer *gechill* is. Ek voel baie goed, geen issues soos sooibrand en dinge nie. En die outjie is BAIE woelig! Def sover meer as Goggie :)

Delucey, ja ek gaan ook een of ander tyd die dummy ding moet van onslae raak.. maar vir nou pla hy my gladnie ;)

Ons het maandag 'n afspraak maar dis nou eers vir die MMR en waterpokkies. Weet julle dalk of die waterpokkies weer beskikbaar is? Die enigste probleem is dat ek sy kliniek kaart by my suster in Rustenburg vergeet het! Ons gaan def soontoe kan ry net vir dit nie en ek het 'n hele maand gewag vir 'n afspraak :( Weet nou nie heeltemal wat om te doen nie, hy is klaar laat met sy inspuitings en moet 'n maand na die lot gaan vir sy laaste 2 so kannie rerig dit uitskuif nie :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122318 by Delucey
Kimika ek se mos Bianca kan so op my senuwees werk party dae maar ek kan al sien hoe verlang ek na daai rumoer om my en die gewig op die heup as sy die dag in die kleuterskool is! :(

Ai Kittycat dat jy nou so moet sukkel met jou inlaws... ek ook nie die beste van vriende met myne nie maar darem nou nie so dat ek dit sal oorweeg om hul uit my lewe te sny nie. Mense wat se jy trou met jou man en nie sy familie nie is obviously nie getroud nie ;) Ek is nou weer so vies vir my swaer wat mos comment op een van my troufotos wat ek gelaai het met ons herdenking dat ek soos 'n skooldogtertjie lyk! :evil: ek maar niks terug gese nie want ek sal niks kan antwoord sonder om snotty te klink nie! :blink:

Eben was ook gereeld siek maar ek moet se vandat hy hierdie jaar in die kleuterskool was is hy actually gesonder as toe hy by die dagmoeder was! Ek wil net kyk dat ek Bianca van haar dummy kan afkry voor sy dagsorg toe gaan want ek gril my dood vir as die goed op die grond val en weer in die mond gedruk word of ander maatjies dit in hul monde druk of iets :X

Was vandag uiteindelik vir haar inspuitings (moes mos heeltyd uitstel met my kar nonsens) Sy is nou so 86cm lank en weeg 12.5kg Nogal 'n gewiggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122268 by kittycat
Hello julle
Ek lewe darem nog. Jammer ek was so stil.
Dit gaan nie vreeslik goed met my op die oomblik nie. Ek is op die oomblik in een moewiese geveg betrokke met my skoonfamilie. Ek weier om weer jammer te se as ek niks gedoen het nie.... dis afbrekend om heeltyd jammer te se net om die vrede te bewaar...
Dis 'n lang storie.. baie lank. En my man is nie eens hier nie...(alhoewel hulle om mooi ingelig het via 'n foonoproep Afghanistan toe oor wat ek alles gedoen he)
Kimi,, miskien het ek nou die dag 'n voorbode gehad toe ek nie eens uit die bed wou opstaan nie?!?! :)
Ek het dringend raad nodig, want hierdie mense is besig om my mal te maak.. geniune.. Ek oorweeg dit om 'n sielkundige te gaan sien, om te hoor hoe ek met hierdie mense moet cope....en of ek hulle eenvoudig net uit my lewe moet sny....

A is ook snotneus.. was een dag by die speelgroepie, nou het hy 'n moewiese verkoue, en 10 x so erg seperation anxiety. Hy klou aan my soos 'n bosluis op ons hond...

Delucey, ek stem saam met Kimi. Ek sou haar eerder na die kleuterskool toe stuur, maar dis nou bygese as sy nie so maklik siek soos alex soek word nie. 'n kind het nog net 'n nies , dan kry hy sommer dubbelle bronchitus...
Dit maak vir my ook meer sin dat Eben ook daar is.

Kimi, hoe gaan dit met die swangerskap? Hoe voel jy? Is dit dieselfde as met Pietertjie? Jammer as jy al gese het, ek het bietjie posts gemis die laaste tyd... ;)

Lekker bly julle..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #121931 by Kimika
Jitte ek het gemis dat jy gepost het Delucey, sorry man :)

Dankie tog jou kar is nou weer reg!

Ek sou def haar dan eerder in die kleuterskool sit. Dan is sy naby die huis en boetie is ook darem daar. Jy kan mos haar net vroeer gaan haal op die dae wat jy haar rerig mis ;)

LOL oor die seun ding !! My man het juis paar dae terug gese hy noem hom sommer Vrystaat :) hehe.. Ons het die gewoonte om ons hond ook Seun te noem en het al gehoor mense mompel oor die simpel naam Seun .. dis nie rerig sy naam nie!! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #120030 by Delucey
Kimika as julle nou regtig nie op 'n naam kan ooreenkom nie moet julle "Pieter se boetie" maar "Seun" noem hahaha 'n Ou wat saam met my man op skool was se naam was Seun en sy pa was Boet. Hmm dalk moet jy dit probeer as jy regtig Rueven of Ewald (kan nou nie die naam heeltemal onthou wat jy gese het nie) wil he dan se jy vir jou man dan noem ons hom maar Seun ;) dalk sal hy dan maar compromise :P

Nou doen my kar nie meer die overheat ding nie. My man het met my kar gery nou die laaste paar dae en se hy kan nou maar die aircon aansit. Hy vermoed dalk toe hulle die kar gewas het het iets natgeword of iets.

Junita hoe lank ry julle nou al die 4x4? Ek ry my Citroen nou 5 jaar. So is seker nou die tyd wat alles gaan begin ingee.

Julle ek is in twee... soek bietjie julle menings. Ek wil Bianca mos volgende jaar in dagsorg sit en kan nou nie besluit of ek haar by die dagmoeder moet sit wat 5 kinders het (ek sal moet 'n entjie ry tot daar) of die kleuterskool waar boetie is (skuins oorkant ons nuwe huis) nie.

My man het gese ons moet haar maar in die kleuterskool sit en klaarkry. Hulle het nie 'n halfdag opsie nie so dit sit my effens af maar is dan tog ook ideaal vir die dae wat ek haar wel voldag daar wil/sal moet los. Die prysverskil tussen die dagmoeder se halfdag en kleuterskool se voldag is so +R600 en die kleuterskool se fooi sluit kindermusik in. en die klassie het ek dink so tussen 10 en 15 kinders. As sy die tipe kind was wat op haar eie gesit en speel het het ek haar nog by die huis gehou maar nou wil sy heeltyd op my skoot sit voor die rekenaar of ek moet fisies met haar sit en speel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account