file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #124150 by Kimika
Ek het toe die suster gebel. Sy se ek hoef nie te worry oor die kliniek kaart nie, sy sal die goedjies bere in die leer en dit volgende keer aanteken op sy kaar. Oor die 2 inspuitings saam het sy my nie rerig 'n goeie antwoord gegee nie behalwe om te se dat ek in elk geval nie die waterpokkies in die hande gaan kry nie. So ek gaan nie eers vra vir dit nie ;) Shoe maar ek is verlig!! Ek het alklaar 'n maand gewag vir daai afspraak maandag.

Mense maar Goggie slaap nou weer sleg :) Aaiiii... story of my life :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #123265 by Delucey
Ek is maar overparanoid oor alles... glo mos maar in better safe than sorry!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #123260 by Kimika
Ag nee dan gaan ek dit def nie saam doen nie!! Ek vergeet heeltyd om die suster te bel.. gaan sommer nou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #123068 by Delucey
Ai die 13de gaan nie werk nie. My swaer kom land daai dag van Duitsland af en dit sal seker nou glad nie goed wees as ons nie gaan groet nie ;)

Ek het vandag vir Bianca gaan stopayne kry by die clicks (sy nogsteeds siekerig van die insputing maandag) en toe sien ek die suster is nie besig nie en vra haar toe weer oor die MMR en waterpokkies saamgee. Sy se daar is susters wat dit saam gee maar sy wil nie daai kans vat nie omdat die waterpokkies 'n lewendige virus is. En blykbaar die masels ook. (ek kan nou nie presies watter een nie) so dis hoekom sy nie die twee wil saamgee nie. En dit kan blykbaar dan erge hoe koors veroorsaak.

Persoonlik dink ek ook nie dis so 'n goeie ding om so baie virusse op een slag in die klein lyfies te sit nie :S

Jip so ons is nou klaar vir 'n ruk met die inspuitings! woohoo!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122855 by Kimika
Delucey, klomp van ons girls gaan die 13de iewers aan die jhb kant bymekaar kom. Maar dis 'n Saterdag en ons hou dit "kid-free" sodat ons lekker kan kuier. Jy is MEER AS WELKOM! Vra jou man of ma vir bietjie babysitting dan geniet ons 'n lekker girls oggend!

Die suster het gese na die inspuiting wat hy nou op 20mnde kry gaan hy eers weer op 6 iets moet kry so ek was heel opgewonde daaroor! Net jammer dat op 6 soos jy se weet hulle presies hoe eina daai naald is :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122488 by Delucey
Ag dis oulik van die neusie ens wys.

Sjoe Junita... aborsie voorgestel?.. dis darem bietjie rof! Ek sal ook nie kan ma of pa se as dit met my gebeur het nie!!!

O cool Kimika... ek het nie geweet julle het terug getrek nie. Hmmm nou is jy nie meer so erg ver van my af nie ons kan dalk 'n kuier inwerk een of ander tyd ;) Ag die inspuitings is eintlik 'n pyn. Die suster se die twee jaar inspuiting is blykbaar opsioneel. so ek sal maar nog dink oor daai een. Dan is dit eers weer op 6. So dis nog 2 jaar dan moet ek boetie weer vat en ai hy het nou so vrees vir naalde na al die bloed trekkery vir die bloedtoetse die middel van die jaar!

Ok ek moet seker maar gaan slaap... raak nou lekker moeg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #122485 by Kimika
Hey Junita, bly jou rekenaar is weer reg :) Hoe cute dat hulle in 'n rytjie sit en neusies en kennetjie wys!

Delucey, ja ons is omtrent nou weer so maand terug in Pta. Sy het def niks gese dat ek nie die mmr en waterpokkies saam kan doen nie :( Maar ek moet haar nou more bel oor die kaart en sal dan maar hoor. Hy gaan sy 18mnde inspuiting nou al klaar eers op 20mnde kry! Ek kannie die goed nog verder aanskuif nie want dan is dit kersfees !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account