file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #133997 by Delucey
Oe 'n troue by die see... seker lekker maar sou nie vir my gewerk het nie... my hare is erg frizzy by die see hahahaha

Ek is mos nou besig met partytjie reel vir my man se verjaarsdag. Dis nou saterdag. Onthou gister ek moet seker nog iemand kry wat vir hom 'n koek kan bak - skoon vergeet! :blink: Sal bietjie browse op die internet later. My man se broer kuier nou hier van Duitsland af (vandag geland) en toe het my man hom gaan haal en ek en die kids toe deurgery na skoonma toe om te gaan hallo se. My man en Eben het nou daar gebly. Slaap vanaand oor. Ek gedink ek kom huis toe dan kan die twee broers maar lekker kuier sonder die mislike vroutjie tussen in en ek kan dalk 'n rustige aandjie by die huis geniet! Almal wen :P

Kimika ek dink ek het dieselfde ding by die Checkers Hyper hier by ons gesien gister. Het dit skilpadjies en goed by? Ek het ook gedink ek wil dit vir Bianca kry dit lyk te oulik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #133976 by Kimika
ooo 'n troue by die see klink fantasties!! ons wou ook vrek graag nog bietjie seetoe gegaan het voor ons weer met 'n kleinding sit.. maar lyk my nie dit gaan uitwerk nie :( boohoo!!!

ons het vandag vir goggie die oulikste swembadjie gekoop by makro. hy blaas dubbel op met 'n opblaas glyplankie en goedjies wat water uitspuit :) Sal hom so paar dae voor kersfees opslaan.. hy gaan dit vreeslik baie geniet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #133975 by junita
Halllooooo echo echo :( .

Delucey 'n langggg vakansie by die see of so sal help ;) , dus eintlik wat ek ok nodig het. Raak ook mos maklik siek deesdae veral na die maselsstorie....moet ook iets kry, want ek voel die heeltyd pap en moeg ook. Kry gelukkig nie koorsblare nie, maar my tong kry seertjies, dit gekry toe ek masels gehad het en van daaraf elke keer voor ek siekerig raak gebeur dit !!!! Dan sukkel ek nog met my sinusse ook die tyd van die jaar :( .
Ek nie eers vakansie Desember nie, moet werk en ek is regtig moeg !
Een van ons vriende trou 27 Desember by die see, so sal graag net die een dag (28ste) wil af wees, want dit so 2/3 ure se ry en wil nie lekker kuier en dan nog dieselfde aand terug ry en gaan werk nie, maar sal maar moet sien.

Lekker naweek hou.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #133050 by Kimika
Hi Delucey!! hehe.. wel groente en vrugte eet :) lol

Ons het Immune formula 'n produk wat ons verkoop... ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #132449 by Delucey
ek is nog hier rond ;) hol my net oor 'n mik heen en weer. Reel nou ook verjaarsdag partytjie vir my man se 40ste. Ons het bietjie laat besluit ons wil behoorlik party! So ja dis toe venues soek ens. en ek het saterdag daai troue shoot gehad wat ek van 12:30 tot 9 uur die aand daar was. My bene was tot gister toe nog erg seer! Dink net hoe mooi maer gaan ek wees as ek elke dag 'n troue doen :P

Nee ek het nog nie die potjie ding gedoen nie. Ek dink nie Bianca is naastenby reg nie. My seuntije het ek eers op 2.5 begin potty train. Wat sy wel doen is sy sal skielik uit die bloute uit se "piepie" so ek dink dalk kom sy agter sy piepie en dan se sy dit.

Ek dink nie dis tot Bianca se voordeel wat spraak aanbetref om by my by die huis te wees nie want ek is heeldag besig met goeters tussen in en ek is nou nie juis iemand wat vreeslik baie praat nie so ek babbel ook nie heeldag en aldag nie. :blush:

Ja die diertjie geluide is oulik. Bianca se weer booo vir 'n koei hehe en dan maak sy darem so paar ander geluide na.

Ai julle ek het alweer vanoggend opgestaan met 'n heerlike koorsblaar op my lip :unsure: dink my gestel is erg af want ek het minder as 'n maand mos ook een gehad. Dink vanaand moet ek maar probeer om bietjie vroeer te gaan slaap. So enige idees wat ek kan doen om my gestel bietjie te boost?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #132442 by Kimika
Janee Kitty en Delucey het ons nou verlaat ;)

Die outjie is sommer vandag weer reg! Lyk my dit was net so 24uur simptome storie :) Dankie tog! Sy eetlus nog nie 100% nie, maar nou ja, dis nooit 100% nie!

Dis oulik wat hulle doen! Ek doen darem ook diertjies en geluide met hom, dis amper al hoe ek hom kry om stil te le en sy doek te ruil! Die skapie se meeeee is soo oulik.. maar as ek eers vir dit gelag het dan maak al die diere meeee :) En hy doen nou weer heeltyd mondjie! Veral so 6uur op Saterdae oggende. Die inkleur is ook oulik.. ek dink ek gaan vir hom 'n boekie koop waarin hy kan inkleur/krap. Hy krap op die oomblik op sy pa se leerwerk en op my pryslyste!

Jy moet bietjie noem as jy nog goedjies sien wat hulle doen!

Hoe lank is julle tweetjies nog by die huis? Dis seker lekker om net bietjie te breek van die normale roetine en saam te speel ens :) Geniet dit!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #132052 by junita
Sorry Kimika wou nog sê hoop Pietertjie voel gou beter !!!

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account