Het sommer 'n aaklike dag gehad ! Opstaan toe voel ek ook siekerig, lyfseer, snotneus, ens. Luan gooi toe weer op.
Gaan toe vrooer huistoe om bietjie te kom lê, toe bel die skool se nasorg my om te sê my dogtertjie lê in die siekeboeg met maagkrampe ! Toe gaan haal ek maar vir die haar en toe by Luan kom toe lê hy ook eenkant op 'n matrassie

, wil nie speel nie en koorsig !
Daar is nou 50 kinders met waterpokkies en ek nou vas oortuig hy het die nou !
Verder is my ma ook nie lekker nie, sy gaan nou eers môre dr toe, kla van haar blaas/niere wat pyn, urine getoets by suster, nie infeksie nie, maar daar is bloed in urine....? nierstene.
Ek nou bietjie bekommerd....
Tenminste voel ek nou beter, baie pille in, ek kan nie nou siek wees nie

.
Aai Kitty jou situasie klink soos myne laas jaar, ek ten minste die jaar 'n goeie een gehad, maar dit is maar 'n feit, babas in creches is maar sieker as ander babas.
Daai vriendin van my wie se seuntjie ook die immuuniteit en allergie probleem het, was nou die hele winter uit die skool en sowaar die 1ste week wat hy terug gaan word hy weer siek, hy het ook nou die waterpokkies gehad !
Delucey stem saam met Kimika, simpel Wii !!! Die dat jy moeg voel, kan jou tiroied wees, my ma dieselfde probleem, en vanaf sy op die regte medikasie is, verloor sy makliker gewig en sy voel nie meer so moeg nie. So as dit erger raak laat toets dit maar liewerste, het hulle nie ook getoets toe jy swanger was nie, was een van my toetse as gevolg van my ma se geskiedenis.
Kimika kan nie glo jy al so ver swanger nie, die tyd vlieg nou

.