file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #134867 by kittycat
Hello Julle
Ja, ek leef darem nog.. maar sjoe , die laaste maand was BAie besig hier. Jammer dat ek nou net oor myself gaan praat, maar ek moet eers 'n kans kry om al julle posts te gaan lees, dan kan ek daarop reply! ;)

Net gou bietjie feedback van my kant af:
Die website (en besigheid) is al amper aaan die gang. Ek het my gaai af gewerk die afgelope maand. Tussendeur Alex en die website het ek tyd vir niks nie. Sal vir julle die link stuur sodra dit klaar is. Ons het besluit op die naam "Mapane air safari's". Het die nuwe besigheid nou die dag geregistreer, nou volg al die ander admin..
Met Alex gaan dit goed. Darem nie weer siek nie.. Julle , ek het 'n vragie. Alex se twee voortandjies (bo) sien ek is so bietjie donker hier naby die gums. Ek borsel elke dag sy tandjies, nou wonder ek of dit die antibiotika kan wees, of dalk te veel sap???? Mmmmm.....

Ek sal vanaand al die posts gaan lees, maar sal graag wil hoor wat julle almal beplan vir die Des vakansie.
My man is terug. Ons gaan Sondag Paternoster toe vir 'n paar dae. Sien baie uit! :)

Alex praat nog nie veel nie.. of se eerder, hy praat heeldag, maar maak sy eie woorde op vir goeters...! Ek wonder wanneer gaan hy die regte woordjies begin se? Hy se bv vir 'n "eina" nanna, of vir enige iets eetbaars "mum mum", of 'n vis 'n "vvvv", en 'n "gggg" vir 'n gogga... "wam" vir warm. Dis darem bietjie nader...
Ek raak bietjie bekommerd dat hy nog nie eintlik die regte woordjies gebruik nie, en lees heeltyd vir hom boekies as ek 'n kans kry.

Ek het hierdie maand 4kg verloor met my diet.. Ek is baie bly. Nog 4kg om te gaan...

Soos ek se, jammer dat ek net oor myself praat, maar ek moet eers tyd kry om al die laaste posts te lees, dan kan ek reply.
xx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134659 by Kimika
Ag shame.. sy kom soek mamma om haar te dokter. Te dierbaar. Hoop sy voel sommer gou beter en slaap ten minste ok. xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134654 by Delucey
Die reelings kom aan. Gelukkig doen die venue meeste van die goed rondom die kos. Ek moet nou nog net die koek reel en dan soek ek 'n springkasteel ook. So ek gaan more heen en weer ry om koeke te kyk en pryse te kry - sal maar sien hoe loop dit af. Ek wil dit nie te lank los nie want die springkastele word vinnig uitverhuur en weet nie of mense nog koeke sal kan inpas nie. Sien al hoe bak ek self 'n koek - ek het regtig nie nou die energie of tyd om dit te doen nie. En ek moet gaan tea candles koop en dan snacks vir die mense vir voor die tyd (chips, peanuts) en dan sweeties en goed vir die kinder tafel.

Shame kom Bianca nou hier in die gang afgestap. Erg warm. Gaan net gou klaar tik dan gaan ek maar weer medisyne gee. Sit nou op my skoot.

Sy is ook deesdae ekstra klouerig. Ek vrees volgende jaar wat ek haar skool toe vat. Ek kan nie eers loo toe gaan sonder 'n gemoan in my ore nie. :(

OK laat ek haar maar gou gaan dokter...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134647 by Kimika
Shame Junita.. toemaar ek dink dis heeltemal ok vir die kleingoed om maar af aande/dae te kry. Maar vir ons mammas is dit vreeslik uitputtend! Ek is seker hy gaan sommer weer more vriendlik en homself wees. Hoop jy geniet jou teetjie en relax darem bietjie xxx

Delucey, hoe gaan dit met die partytjie reelings??

Ek het Sondag vir Goggos by die kinderkerkie gelos :) hehe.. ek was eers parenoid dat hy my gaan soek en huil maar nneeee.. die maatjies is heeltemal te lekker! Ek het my man na 10min gestuur om te gaan kyk of hy ok is en hy kom toe terug en se hy speel. 'n Uur later kon ek dit nie meer uithou nie en gaan toe soontoe.. en kry meneer waar hy dans voor die tv :) Hy het nie eers my gegroet toe hy my sien nie! Praat van verwerp gevoel :) Maar ek was baie bly dat hy so lekker kan speel sonder my.. hy is soooo klouerig deesdae.. wil sommer partykeer huil as my man hom vat.. ek dink hy gaan nou deur daai 2-jarige seperation ding.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134635 by Delucey
Ai junita klink of jy nie 'n goeie maandag agter die rug het nie! *drukkie*

Bianca is nou siekerig na saterdag se swemmery. Hoes en moan ens. Hoop net sy is beter teen saterdag wat ons die partytjie het! So ek moet nou goed reel met siek kind - nogal 'n mission met die rondryery en goed. Maar nou ja....

Verder het ek nie juis nuus nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134622 by junita
Julle ek voel vannaand vir een of ander rede vreeslik af :( , so kom loer gou vinnig in !
By die huis kom vanmiddag toe raak Luan aan die huil en ek kon hom net nie tot ruste bring nie, maklik 'n uur plus so aangegaan, dat ek sommer net gedaan is, wou nie eet nie, darm sy bottel gedrink lateraan en nou slaap hy. Ek en my man sommer vir mekaar kwaad en nou voel ek sommer down.

Weet nie wat fout met hom nie, hy kry mos maar sulke giere :( , so moeilik om te sê of hy siekerig is en of hy net ok in 'n slegte bui is nie ?

Inelkgeval, gaan nou vir my lekker tee maak en voor die tv ontspan en hopelik voel ek sommer nou nou weer beter ;) .

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134098 by Kimika
Uhm .. kan nou nie so lekker onthou nie maar ek dink nie skilpadjies nie.. hy het sulke goete wat mens opblaas ringe hak.. nie seker nie ek gaan op die boks moet gaan kyk. Hy was R360 by makro.

Geniet jou aandjie in vrede :)

Oh ja en my hare doen dit ook by die see.. baie irriterend!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account