file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #130429 by Kimika
Junita, wel as hy nie klaar waterpokkies het nie sou hy seker Saterdag by sy maatjie aangesteek het :)

Shame dis vreeslik van die ou dogtertjie!! Ek is nou weer mos erg oor my honde, ook staffies! Die honde en Goggie is so saam saam in die huis heeltyd. Ek kan nie dink dat een van hulle ooit so iets sal doen nie, maar dan weer mens verwag dit nooit nie, dan gebeur dit net eendag! Ek moet ook se dat ek sal weet as my reun dit ooit doen dan was dit 'n frats oomblik want hy kan nie eers 'n muis doodbyt nie.. die teef is nou weer meer onvoorspelbaar alhoewel sy 'n vreeslike moedertjie kan wees.. so ja.. Die groot ding met kleintjies ook is dat hulle doen goed wat nie alle honde kan/wil verdra nie, so ek is kwaai met Goggie dat hy nie die honde mag seermaak of slaan of sterte trek ens nie. Hy moet weet hulle is kwaai as hulle seerkry! Maar aai tog.. dis soos Delucey se, aan die einde van die dag is hulle ook maar net diere en mens kannie altyd voorspel wat gebeur nie! Shame, my honde gaan seker nou die volgende paar dae buite bly ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #130425 by Delucey
Ek ook maar bedrywig die laaste ruk...

Ai junita ek hoop nie dis waterpokkies nie. Hoe verduidelik mens dit nou dat hulle nie moet krap nie.

Ek is mos maar baie anti kinders en honde. Shame ek dink dit moet nogal 'n seer storie wees! Hulle sal moet ontslae raak van die hond nou. Hy gaan haar weer byt. 'n Hond is 'n dier en 'n dier is onvoorspelbaar. Laasjaar 'n hond vir Eben onderstebo gehardloop en lelike merk oor die gesig gekrap.

Na 'n lang gewroeg en wonder het ek toe nou vir Bianca by die kleuterskool ingeskryf. So sal maar moet wag en sien hoe dit gaan afloop!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #130423 by junita
Hi julle darm stil :( .

Julle ek is saans so moeg....kan nie my oë oop hou nie en soggens wil ek nie opstaan nie !! Kinders vanaand 'n slag weer vroeg bed toe, so ek sommer net rustig.
Skool ook vir my gesê Luan vandag baie lêerig en slaperig, hoop nou nie weer daar is iets wat broei nie (? nogsteeds die waterpokkies wat my pla).
My vriendin se man en baba ook nou waterpokkies (die seuntjie dit mos laas week gehad) en ons hulle hoekal Saterdag gesien en Luan en haar baba het nog chips gedeel, haal sommer uit die ander een se mond uit en eet verder :ohmy: .

Julle gister het ons 'n dogtertjie gehad wat so oud is soos ons kinders wat deur hulle staffie hond gebuit is. Sy en die hond slaap glo saam, die middag het sy en die hond langs mekaar gelê terwyl sy haar bottel drink en toe wraggies toe byt hy haar in die gesig. Sy steke gekry, amper die ogie verloor, tong geskeer en 2 tandjies uit, shamepies :( , die ouers het dit so goed hanteer, was so kalm ! Sy nog in die hospitaal, maar gaan darm goed met haar.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #128525 by Kimika
Junita, dis presies wat my outjie ook doen.. hy sal so lekker speel of nie omgee by wie hy is totdat hy my sien :) maar ek is doodseker dis 'n fase en hulle sal binnekort oor dit kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #128503 by junita
Delucey dit is darm duur...My kinders se creche en skoolgeld / nasorg is nie eers so baie nie :ohmy: .

Luan weer gesond...moes maar die inspuitings gewees het ?? Of die kolletjies kom nog....net bekommerd want 'n goeie vriendin het vandag uitgevind sy swanger en sy was die naweek in aanraking met Luan en my vriendin se seuntjie wat waterpokkies nou gehad het.

Kitty bly jy iemand gekry en hoop dit werk uit :cheer: .

Luan ook nou weer erg klouerig, was maar nog altyd...die ding is hy sal lekker speel as ek nie by is nie, maar sodra hy my sien/hoor dan los hy als en huil vir my aandag, en hy wil niks verder weet van enige iets nie, dit put my uit, veral die heeldag werk en dan saans soek hy my aandag.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #128077 by Kimika
Delucey, ja darem help dit halfdag! Shoe ja wiskunde so vroeg in mens se lewe sal my sommer depro maak! Ek haat wiskunde en het lankal vir my man gese die wiskunde is sy deel van kinders grootmaak. Gelukkig hou hy daarvan!

Kitty, toemaar, Goggie is ook eintlik nogal klouerig deesdae! Veral as ons in die winkels is.. wil nie in die trollie sit (sonder om eers te huil nie) en wil sommer partykeer nie na sy ouma of tannie toe gaan nie en klou dan soos 'n neut op my heup vas :) Dis eintlik oulik maar kan nogal irriterend wees!! Shame.. LOL

Ek is hierdie Woensdag wat nou kom al 24wke!! eeekk... nog niks gedoen vir babie nie.. het nog nie eers 'n naam nie.. maar ek het naamboeke by my skoonsus gekry en sit al heeldag met die goed. Het alweer 'n lys gemaak.. sal later bietjie met julle deel wat ek als dink. Sal maar wag vir die regte geleentheid om met manlief deur te gaan.. aaiii!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #128015 by Delucey
Ek wag nou net vir die een kleuterskool om terug te kom na my toe dan gaan ek besluit. Maar ek en my man het nou vanoggend so semi besluit om die kinders halfdag by die huidige skool te los. Die ding is net dis gerieflik. Dis in dieselfde straat as ons nuwe huis so ek sal wanneer ons nou EENDAG daar bly nie hoef te ry tot daar nie. En hul halfdag is tot 14:00 so ek sal dan darem 'n paar uur se werk gedoen kry en hulle sal lunch kry wat ek dan nie oor sal hoef te worry nie. Het uitgewerk met die afslag vir die twee sal dit so R3720.00 wees. Maar hulle sal dan nie ekstra aktiwiteite kan doen nie. O wat nice is is dat in Bianca se fooi is daai BeSharpBeetles musiek lessies ingesluit 30 minute een keer 'n week. En Eben het Pythagoras wiskunde ingesluit. Hoekom hy so klein al verplig moet wees om wiskunde te doen sal ek nou nie weet nie maar nou ja so geen playball volgende jaar nie. Besluit nog oor die drama.

Ons het vanoggend by 'n lekker plekkie gaan eet en die kinders het dit baie geniet. Buite speel plek en als. Sy is net nie lekker nie. Baie moanerig deur die aand gewees ook. Wonder of die inspuiting haar nou nog kan omkrap. Het dit al die 26ste gehad.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account