file *** Maart/April 2009 Mammas***

15 years 10 months ago #132049 by junita
Het al gesien juffrou sit met 'n diereboekie en wys vir hulle en maak geluide en almal doen dit agterna...Luan staan eenkant, nie deel van die pret/skool nie.
Dan vra sy ook waar is neus, oog, ens en almal wys, Luan het saam gewys, maar vir ons wys hy alles na sy neusie, hou blykbaar baie van sy neusie ;) .

Een dag het almal blommies ingekleur, ander dag wurmpies ens toe juffrou dit uitgeknip en teen die muur geplak, nogals oulik.
Seker daarvan hulle doen nog goed, maar dit is al wat ek nog gesien het.
Oja dan gaan hulle middae saal toe om te speel, en gesien daar is Luan voor in die koor, gaan kop eerste :ohmy: van die glyplank, ek hardloop nogal om te keer toe lag die juffrou vir my.
Hulle seker maar gewoond daaraan, maar my senuwees sal dit nooit hou nie...

Geniet die 2dae gate uit by die huis en Luan ook, ons speel, gaan nounou stap as hy klaar gedoedoe het...voel of ek met vakansie is !

Waar is jy Delucey en Kitty ??? Ons mis julle !

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131866 by Kimika
Darem word hy nou beter :)

Nou is my Goggie besig om siekerig te word.. maar ek het dit eintlik verwag want dis nou presies 2wke na die inspuiting wat die suster gese het sal hom dalk siekerig maak. Maar nou eet hy weer nie!! grrr

Die grooooot nadeel van by die huis met hom is dat ek partykeer regtig besig is en nie kans kry om met hom goedjies te speel en te doen nie. Hy kan self speel maar ek voel mens MOET tog maar educational goed doen. Ek is net heeltemal uit idees uit!!?? Wat doen hulle op hierdie ouderdom met die kids by die skooltjie? Sekerlik speel hulle nie net heeltyd nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131439 by junita
Vandag stukke beter, nie meer koorsig nie, en die blasies al rofies, so was "after all" nie so erg nie :) .

Ek en my dogtertjie was toe gister vinnig mall toe en het toe my draai roomys gekry ;) .

Oor die pratery, die mamma ook gesê sy werk nie en hy is by haar by die huis en sy leer hom so...so ek dink tog daar 'n voordeel met kinders wat by die huis bly ? Alhoewel creches seker ook maar 'n voordeel het.
Ek kry net die daai tyd om boekies te lees en goedjies met hom te doen soos ek met my dogtertjie gedoen het nie, voel so skuldig daaroor.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131183 by Kimika
Ag arme Luan :( dit moet vreeslik wees om so uitgeslaan te wees en dan nog sleg ook te voel! Hoe lank gaan dit aanhou voor dit beter word?

Ek dink nie die woordeskat beteken noodwendig dat kids intelligent is nie.. goggie se ook baie woorde maar dit hang af wat mens hulle leer. En jy moet ook gladnie worry as hy nog min praat nie, die vrouens op die forum het nou al honderde kere daai redenasie gehad en elke keer kom dit op dieselfde neer.. party praat net vinniger as ander! Dis heeltemal doodnormaal vir partykinders om eers op 3jarige ouderdom te BEGIN praat. Teen die tyd dat hulle in graad 1 is kan almal darem al als se :) So moenie worry nie !! xxx

eish.. nou is ek ook lus vir roomys.. maar heeltemal te lui om nou te moet ry :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131173 by junita
Vandag is hy baie meer uitgeslaan, koorsig en huilerig :( .
Dink nie ek sal die huis kan verlaat met hom nie, so lekker dag vandag en ons almal sit in die huis :(.

Het gister gewerk toe is daar 'n paartjie met 'n seuntjie, hy lekker bekkig, sy pa wys na iets dan sê hy wat dit is ens. bv "computer" en toe vra ek hoe oud is hy en toe sê sy 19 maande !!! Hy is baie intelligent ?? of moet hulle dit doen. Myne sê dan nog skaars mamma en pappa....so hier worry ek alweer :unsure: .

Kimika nog glad nie gedink aan pottie nie, het nog T se ou pottie.

Ek nou sooo lus vir 'n draai roomys ....

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131111 by Kimika
Ag nee :( Ten minste se jy dat hy dit net liggies het.. shame man.. maar dan is dit ook nou verby! Geniet maar die daggies af van werk! Doen kersfees shopping :) hehe Ek begin nou lekker lus raak vir kersfees hoor!

Het iemand al begin met die kids op 'n pottie sit of so? Ek wil een gaan koop weet net nie waar om te begin met al die verskillendes nie!!??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #131077 by junita
Ons self 'n hondjie, jack russel en hy en Luan is beste maats, maar geniepsig, hulle knou mekaar af, maar ek maar streng met hulle 2.

Ja Luan het waterpokkies, maar hy ok, nie baie spots nie, gister uitgeslaan 'n paar spots, vandag bietjie meer, maar dink hy gaan dit nie te erg hê nie. Maar nou moet ek hom uit die skool uit hou, en my ma nog nie gesond om na hom te kyk nie, so ek alweer af van die werk :( .

Geniet julle naweek.

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account