Melinda, ek is nou weer 100% dankie. Die verkoue het so 3 dae gevat toe is dit verby. Ek het daai homeopatiese korreltjies gedrink wat mens by apteke koop. So laaaang naam met wit geel en oranje boksie. Dit werk fantasties! Het dit gedrink toe ek geborsvoed het ook
Oor jou vraag oor swangerskap: Ek love dit! Ek het dit vreeslik geniet met my seuntjie en dit was vir my 'n groot aanpassing, amper hartseer dat ek nie meer swanger was nie

Ek wou huil as ek in die spieel kyk en my boepie is weg. Swangerskap is vir my makliker as om die pap babatjie te he

Ek het juis nou die dag op 'n ander thread gese dat ek sal 100 keer swanger wees as dit beteken het ek hoef nie na die tyd na 100 babas te kyk nie
Dit het def sy nadele, my pensvelletjie is pap en vol rekmerke. Die ekstra gewiggies wil nou net nie weg nie en morning sickness en sooibrand was nog nooit lekker nie. Dan praat mens nie eers van al die slapelose nagte en kraam ens nie
Delucey, sprinkel baba poeier al om die kante van die kaste ens, hulle sal nie daaroor loop nie en dis nie giftig nie