Hi Julle,
Sjoe Juanita masels op ons ouderdom is darem nie 'n lekker ding nie, bly om te hoor jy is darem nou or die ergste.
Jong julle ouetjies praat darem al mooi, Kyle het nou begin Mamma se, so dit is Pappa, Mamma, ta, bad en dan so geluidtjie wat soos a Dkie klink
Hy was ook siek laas week, manlief 'n kiem van die werk afgebring...ek haat dit waneer mense werk toe gaan as hulle siek is...
So sy neusie was sooo toe dat die ouetjie skaars kon asem haal en vir een of ander rede vergeet hy dat hy deur sy mond ook kan asem haal.
Hy het ons laas week dinsdag tot 3:30am op gehad. Nou is hy so van die Vicks gesmeer dat die neus nie 'n keuse het om oop te wees nie.
My man glo nie in Antibiotikas nie, en ek het vir hom gese so lank as wat dit nie in sy bors in trek nie, en hy nie te hoog koors kry nie, sal ek hom self dokter.
vandag is die 7de dag, met Coryx, iliadin, panado en Vicks en die outjie is somer hope beter. Hoogste koors was 37.6 so darem niks te erg nie.
Snaaks Kyle het nooit my vinger gevat om te loop nie, hy het self opgestaan en begin loop maar ek sien baie kleintjies doen die vinger ding.
Ons het "office Chairs" by ons computers en Kyle het nou "weeeee" geleer, so ek sit party keer nog lekker dan draai ek in die rondte en ek kry die weeeeeee van sy kant af te ouelik...