file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 2 months ago #78365 by Kimika
Hi almal!

Kitty ek is bly julle het uitgetrek! Nou kan jy rustig vir jou 'n fantastiese plekkie soek :)

Goggie begin nou elke dag meer en meer self stap. Maar hy kom omtrent 100 keer 'n dag na my toe en vat my een vinger dan die ander ene en se "stap". Dammit, hy moet mos self stap :)

Ek het ook nou vir hom vetkryte gekoop en 'n skryfblok dat hy kan teken. Hy skrabbel lekker, veral as ek hom prentjies teken wat hy ken soos 'n broem of 'n bal. Maar as ek saam wil teken dan vee hy my hand weg en se "wag mamma wag" Hy is sooo snaaks. Hy bring ook nou heeltyd vir my karretjies en as ek hulle by hom vat se hy "dankie". Ek sit nou hier met 'n hoop van omtrent 6 broems langs die laptop!

Lekker Sondag vir almal!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77018 by junita
Aai Kitty ek bly oor die Paarl, so een van die dae bly ons sommer nog nader aan mekaar :) , vir ons gaan dit seker nog 'n tydjie wees, maar dit is waar ek my kinders wil groot maak !!

Die rotavirus is net so erg !!

Weet nie waar ek die masels gekry het nie, maar ek was 2weke terug ingeent vir hepatitis B (almal by werk is getoets en ingeent daarvoor) en na die inspuiting toe word ek siek, so die dr reken my immuuniteit was klaar laag as gevolg van die inenting en toe kom die kiem verby en nou het ek amptelik al die kindersiektes gehad !

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #77011 by Delucey
Lyk my ek kry nou weer die mails vandat ek gister geunsubscribe het en weer subscribe het... ek moet dit so doen want ek het nie so baie tyd om te kom soek waar 'n post is nie :)

Ai Kitty klink of julle erg vinnig uit daai huis is ;) Ons was jare terug met vakansie kaap se kant toe en was toe onder andere ook by die Paarl aan en het daar by vriende gekuier Is regtig 'n mooi area. het die graniet koppie daar geklim. Ek het dit nie tot heel bo gemaak nie - was te onfiks!

Julle Eben was ook so siek as kind en het ook mos die allergie ens so ja dis seker 'n maar 'n link maar ek moet se nou kry hy amper nooit verkoues ens nie. Sy weerstand seker goed opgebou hehe En hy is mos in die kleuterskool en nie by 'n dagmoeder meer nie so dis snaaks dat hy eintlik nie gereeld siek word nie :) Bianca sal seker baie siek word as ek haar volgende jaar by 'n groepie sit want sy het nog nie so baie blootstelling aan verkoues gekry nie.

O ja ek het al omtrent al die kindersiektes gehad behalwe pampoentjies. Het toe Eben babatjie was ook sommer dat hulle my inspuit met een van sy besoeke teen pampoentjies... My ma het duitse masels gehad (dit gekry toe sy nog in haar 1ste trimester was) terwyl sy my verwag het en die dokter wou my net heeltyd abborteer. Sy se tot net voor ek gebore is het hy nog aangehou. Sy wou nie... en kyk net hoe oulik is ek vandag :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76763 by kittycat
weet nie of ek julle gese het nie, maar laas week toe Alex so siek was - dit was toe rotavirus...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76761 by kittycat
Hello Julle
Jammer ek was lanklaas hier, maar dis altyd "days of our lives" hier in ons huis!

Ons het nou amptelik uit daai aaklige huis uitgetrek. Laas naweek toe ek opstaan, toe is dit so vrek koud in daai huis, en die water loop teen die mure af, en dis net swart muf oral. Ek verloor dit toe heeltemal.

Ons bly nou tydelik hier in Franschhoek, totdat ons 'n huis gekry het.

Juanita, dis nou interessant oor die lae imuuniteit en die allergiee. Alexander is ook "geban" (deur sy paed) uit enige creshe/speelgroepe uit totdat hy 2.5 jaar is!
Shame man, waar dink jy het jy die masels gekry? Ek het nog niks van daai siektes gehad nie, so ek is maar bang ek kry dit nou!
Lyk my ons gaan Paarl toe trek!! Het gister 'n baie nice huis daar gesien.

Kimika, daai kind van jou is te cute, en hy praat al so baie!! :P
Dit gaan nie eintlik met die au pair. Omdat ons nou in Franchhoek bly, kan sy nou nie meer kom nie, anders moet ek haar nog 'n ekstra R100 'n dag petrol betaal.. mmmm..
Eendag as ons weer gesettle is, sal ek maar weer kyk.

Delucey, ja kry ook nie emails nie, maar ek het ge "unsubcribe". Ek kom kyk maar hier so elke nou en dan.

Eks bly om te hoor Bianca het darem nie te veel ge protesteer oor die borsvoed nie! :) Soos jy se, dit klink of sy nou reg is om afgehaal te word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76697 by Kimika
Delucey, ek het lankal dit gestel dat ek nie emails kry nie, ek is in elkgeval amper elke dag hier rond :)

My kind hou baie van aandag :) Def sy pa se kind! As ons tussen vreemde mense is probeer hy altyd hulle aandag trek en as hy eers sien hulle lag vir hom of kyk na sy streke dan raak hy sommer laf! Dis baie oulik. Kannie glo dis dieselfde kind wat op 6mnde so geskrou het as iemand net in sy rigting kyk nie :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76688 by Delucey
Kry julle die replies nog in julle mail? ek kry nie meer eposse om te wys iemand het reply nie :(

nou moet ek heeltyd op my profile kyk en gaan click op die goed wat ek in my lysie het om te lees wat daar aangaan...

Ek het nou maar geunsubscribe en weer subscribe so dalk werk dit.

Kimika dis te oulik van die stappery! Cute dat hy eers kyk of hy 'n audience het hehe

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account