Hello Julle
Delucey, Alex is nog nie 100% nie, maar hy is al amper weer reg!!

Ek het mos toe 'n stool-sample van hom laat toets, net om te sien wat het hy gehad -- Rotavirus!!! aai ja jaai....
Geen daycare/creshe/speelgroepie gaan my weer vinnig sien nie..
Ek het nou maar besluit om 'n au pair twee keer 'n week te kry. Sy begin volgende week! Ek het een deur Educare gekry. Ek kon van 4 kies, maar julle, ek kon enige een van die 4 kies, hulle almal was regtig baie nice gewees!
Delucey, blykbaar kan ek niks regtig doen om sy imuunstelsel te verbeter nie... hy is gebore met 'n onderontwikkelde imuunstelsel, en die paed se al wat dit sal verbeter, is as hy ouer word, en sy imuunstelsel kans kry om "op te vang" - en natuurlik so min as moontlik blootstelling aan ander kinders/mense wat siek is.
Ag shame Delucey, nou nie dat ek sal weet nie, maar ek kan dink die borsvoed-ding kan nogal redelik emosioneel wees. Ek was emosioneel daaroor toe ek moes ophou om vir Alex op 8 weke te borsvoed..!!!
Julle, ons househunting is in volle swang.. Ek, my man en my mannetjie het vandag Paarl toe gery. Ek het my DROOMHUIS daar gesien!! Maar die eienaar klink na 'n regte ****.... Hy is GLAD nie tegemoetkomend nie.. dis jammer, want ek like sy huis ontsettend baie! (junita, Paarl is mos jou valley, is dit nie???

)
Ons gaan volgende week Durbanville toe. Daar is ook twee huise wat ek wil sien, maar ek is regtig nogal suur oor vandag se huis, want alles was perfek...!
Ek kan nie wag om uit hierdie bordeel-huis uit te trek waar ons nou bly nie..
Kimi, hoe gaan dit daar by jou? Lyk my jy hou lekker vakansie??!?!

Dis maar stil sonder jou, ek dink jy moet nou terugkom!!!
Junita, hoe gaan dit met Luan? Het hy nie ook een of ander Imuunprobleem gehad nie (toe hy jonger was nie?) Ek onthou so iets..??!?!
Ek gaan nou stort.. my hare is al amper dreadlocks van vuilheid,en ek kry net nie kans om dit te was nie!! My ousie is ook nog op 2 weke verlof, so tussen Alex en bleddie huis skoonmaak, het ek niks tyd vir hairdo's en dinge nie...!!