file *** Maart/April 2009 Mammas***

16 years 2 months ago #69223 by kittycat
Hello Julle
So, ek het toe vandag vir Alex Pead toe gevat. Hy het wragtag weer die Adeno virus!!!! Lyk my daai virus like hom baie... :angry:
Delucey, ja jy is reg... ongelukkig lyk dit vir my Alex gaan nie weer daycare toe nie. Hy het dit so geniet, maar nie ten koste van sy gesondheid nie.
Die Pead reken Alex het ongelukkig 'n onderontwikkelde imuunstelsel.. Sy se dit behoort baie beter te gaan as hy hier by 2 is, maar hy is ongelukkig nou maar net een van daai babas wat altyd eerste sal siek word, maaak nie saak HOE gesond hy eet nie!!

Ek gee vir hom Creshe guard, maar lyk nie my dit werk met hom nie..

Kimi.. hehe.. die probleem wat ek het is dat Alex net 45min in die dag slaap... Sodra hy aan die slaap raak begin ek verward rondpik en dit vat my nog 10minute net om te kalmeer en te begin met al die 100 goed wat ek elke dag moet doen.(dan is daar nog die damn wasgoed, skottelgoed, bla bla bla) Ek raak heeltemal uitgestres, want gewoonlik kom ek nie ver nie. Hy is ook VERSKRIKLIK aktief. Hy hardloop die heel dag in die huis rond - of agter die hond aan,of skop sy bal omtrent deur die venster, of hy klim op alles/pak alles uit/grou in alles/maak alles oop en toe/draai al die proppe van alles af ens ens.. ek kry NIKS gedoen nie!
En nou dat hy siek is, huil hy die heel dag... :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68168 by Kimika
My loopneus het opgedroog en nou is hy heeltemal toe verstop.. ek weet nie wat is erger nie!!??

Delucey, ja ek het dit nogal geweet, as kind dit baie gekry maar my ma glo nie in mangels verwyder nie.. so was altyd versigtig as ek hoor iemand het dit :)

Kitty, ag shamepies arme Alex!! Klink of hy baie siekies is.. arme ding! Dis vir my terrible as hulle so siekies is :( Dis 'n baie moeilike ding wat jy vra, ek sal altyd se ek verkies my kind by die huis, maar ek weet hoe vrek moeilik is dit om gewerk te kry met hulle! Wat ek doen is sit hom neer vir sy een slapie vir die dag, so omtrent 11uur, dan moooove ek en begin dadelik als doen wat ek moet en nie kan as hy wakker is nie. Hy slaap so omenby 2ure. Dan as hy wakker word en ek is nie klaar nie prop ek hom met sy dummy, doedoe en kombersie voor die tv. Miskien nog met 'n bordjie snackies. Dit behoort so 2 1/2 ure vir jou te gee.

Andersins kan jy nie dalk iewers 'n vroutjie kry wat net soos 2 of 3 kinders oppas nie? Dis baie makliker om kontrole te hou oor kieme as daar nie so hele spul kinders is nie!

Sterkte met jou besluit! xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68161 by Delucey
Kitty Bianca is maar nog klouerig en begin hoes maar is darem nie koorsig of iets nie.

Kitty dis nou maar ongelukkig die ding van dagsorg hulle tel baie vinnig al die kieme op en mens weet ook nie aldag hoe higienies die mense met die kinders werk nie en met die kleintjies wat nog alles so in hul monde sit. Ek het 'n vriendin wat vir haar kleintije creche guard gee en se dit werk nogal nie te sleg nie so ek weet nie dalk kan jy dit probeer? Sjoe maar as hy opgooi en diaree het het hy dalk gastro?

ek het iets nuuts geleer... het julle geweet mangelontsteking is aansteeklik? 'n Vriendin my vertel dat 'n dokter dit vir die vrou daar by hul kleuterskool gese het en die navorser in my het toe eers gaan oplees en wragtig! Ek sou dit nooit gedink het nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68111 by kittycat
Hello Julle
Kimi, hoe gaan dit met die loopneus? :) En die vakansie?

Delucey, is Bianca al beter?

Julle, baie dankie vir die gelukwense. Dit was nogal 'n lekker dag, behalwe dat ek so baie GEVREET het... :angry:

Ek is vandag baie raadop en voel sommer om 'n gat buite te gaan grou (die hond sal my help) en my kop daarin te druk... :(
Alex is ALWEER siek. Hy was nou presies vir 2 dae by die halfdag speelgroepie/daycare bedryf, en hy is so siek soos tien... Vreeslike erge koors en diarree en hy word heeltyd naar!!!! Ek en my man het gister amper hom hospitaal toe gevat, want sy koors was 39.29. Hy ruk ook die heeltyd so omdat hy wil naar word, maar daar is niks meer oor sy maag nie...
JULLE EK VOEL SO SLEG!! Wat moet ek doen??????
Ek moet weer begin werk. Hy is baie soet, maar ek kan niks gedoen kry deur die dag nie, want hy is BAIE woelig! Al my kliente is al moerig vir my. Ek het net 3 ure 'n dag nodig om my werk te doen. Ek soek nie 'n voltydse nanny nie. Ek wil ook tyd saam met hom spandeer!!!
Ek weet ook nie hoe gaan dit werk met iemand hier in my huis wat na hom kyk as ek ook hier is nie... ek sien alweer hoe gaan ek die heeltyd wil oorneem..
Enige voorstelle?
Ek is SO kwaad, eks nie eers lus om hom weer terug te vat na daai speelgroepie toe nie, en hy gaan maar net 3 ure 'n dag.... en ek het klaar vir die hele julie betaal, maar wragtag, ek kry my kind te jammer....!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68079 by Kimika
Delucey ek love dit om gemors uit te gooi! Dit laat mens sommer so lekker voel om ontslae te raak van al die onnodige gemorsies wat deur die jare ophoop :) Ek se altyd dat as jy in die laaste jaar nog nie iets nodig gehad het of daaraan gedink het nie kan jy dit verseker uitgooi :)

Die weer is oraaiterig.. gister was koelerig en die wind het bietjie gewaai, vandag was beter. Maar ek sien op die weer hulle voorspel weer reen so teen Maandag, en dis nou juis wanneer ons gebook het vir st Lucia! As dit nie lekker weer is nie gaan ons def nie kamp nie!

Lekker naweek vir almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68043 by Delucey
Ja kimika dis nou die ding van swanger wees kan niks drink nie. En ek met my seer heupe kan ook nie veel drink nie want ek borsvoed nog. Ek is besig om haar te "speen" sy drink nou nog net in die aand een keer Dalk is juffie binne die volgende week af van die bors af... ai ek gaan dit mis :(

Ek en my man het begin om te kyk wat is in die kaste wat ons kan weggooi... die huis lyk of 'n orkaan hier deur is!!! Wat het ons besiel?! :unsure: Maar nou ja dis lekker as die kaste so skoon en netjies binne is :)

Kimika het julle darem lekker weer?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #68032 by junita
Kitty jammer vir die laat gelukwensing....BAIE GELUK !!!!
Ons internet was op, so toe ek nou op gaan toe sien ek wat ek gemis het :( .

Kimika geniet die vakansie, hoop jy word gou gesond, dit darm nie lekker om siek te wees op vakansie nie.

Lekker naweek vir julle

XX

Mother of Telitha 7 years and Luan 1 year.

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account